Wat is in die "Black box"
-
- High Range 2WD
- Posts: 28
- Joined: Tue Sep 02, 2014 11:13 pm
- Town: Rawsonville
- Vehicle: 96 SFA Hilux
- Real Name: Pieter
- Location: Rawsonville
Wat is in die "Black box"
Dagsê almal!
Ek het onlangs my eerste SFA 4x4 aangeskaf en was sederdien gepeper met elektriese Gremlins wat orals uitdop!
Ek het nou begin om al die vorige eienaar se modifikasies aan die bedrading uit te strip en alles wat nie meer gebruik word nie skoon te maak. Onder die "fuse box" kom ek op die boksie af. Ek vermoed dit was vir 'n hands free van weleer af anders 'n "anti hijack" of imobiliseerder.
Kan iemand dalk lig werp op die doel / nodigheid van die boksie?
Van die ander Gremlins wat die afgelope 2 weke uitgedop het is die volgende:
Klink soos petrolpomp by tenk wat periodiek vir +- 5 sekondes op 'n slag staan en brom al is die voertuig geparkeer en gesluit. (het vanoggend gebeur sonder battery in voertuig) Kan dit 'n breather op die tenk wees?
Dimms het ophou werk.
Radio begin brom by tye en verloor opvangs.
Horlosie dim en rev counter naald val.
Regulator het opgepak en lyk my die alternator nou ook.
Ek vermoed dat al die probleme agv 'n gemeenskaplike fout is en daarom dat ek al die oortollige/ DIY bedrading wil uitstroop.
Enige raad word hoog op prys gestel.
Pieter

- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1484
- Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
- Real Name: Marnus
- Location: Pretoria Oos
- Contact:
Re: Wat is in die "Black box"
Ek het al lankal geleer dat as mens sulke snaakse probleme met kar bedrading kry is dit baie belangrik om seker te maak van die grond drade. Maak seker dat orals waar die drade grond is dit skoon en vas. bv die negatiewe kabel van die battery na die grond, grond drade op enjin blok en/of ratkas en ook waar die drade by die instrument cluster ens grond.
Die brom geluid by die tenk kan wees dat die "breather" verstop is en nou blaas/suig hy by die petrol prop of filler nek.
My radio brom ook en verloor opvangs by tye, hang net af waar ek ry. Nee ek is nie seker waarom hy dit sou doen nie.
Sien jy enige name op die swart boksie?
Die ligte kan wees agv 'n relay wat al oud is en nie meer lekker werk nie of die skakelaar in die domp/helder hefboom. In so 'n geval is dit dikwels beter om twee relays in te sit. Een vir die dip en een vir die bright.
Die toere teller en horlosie laat my ook dink aan 'n swak grond draad êrens. 'n Swak grond kan jou maklik jou gemeenskaplike fout gee wat jy op soek is na. Iets anders wat ek ook al geleer het is dat dit dikwels 'n "meganiese" probleem op die bedrading en elektronika is as elektronika self m.a.w. swak konneksie, los drade, skakelaar kontakte wat aangepak het, drade wat deurgeskaaf het en kort sluit, los komponente op pc borde, droë soldeer laste ens.
Sterkte. Gremlins soek in drade is nooit lekker of maklik nie.

- CasKru
- Moderator
- Posts: 23956
- Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
- Town: Benoni
- Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
- Real Name: Cassie
- Club VHF Licence: B15
- Location: Rynfield
Re: Wat is in die "Black box"
Klink vir my ook verseker soos 'n grond probleem.. veral wat die ligte so bietjie dim. Dit kan ook natuurlik 'n kortsluiting iewers wees wat dit veroorsaak maar 'n fuse sal gewoonlik groet (as daar een in lyn is).
To God be the glory
-
- High Range 2WD
- Posts: 28
- Joined: Tue Sep 02, 2014 11:13 pm
- Town: Rawsonville
- Vehicle: 96 SFA Hilux
- Real Name: Pieter
- Location: Rawsonville
Re: Wat is in die "Black box"
Geen name op die black box of PCB binne nie, maar hoe meer ek na hom en sy nes drade kyk, hoe groter die behoefte om hom uit te haal. Ek gaan van die drade probeer trace om te sien of ek sy funksie kan bepaal.
- niclemaitre
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 938
- Joined: Mon Jun 13, 2011 2:44 pm
- Town: Stellenbosch
- Vehicle: 99 IFS DC 4x4
- Real Name: Nic
- Location: Stellenbosch
Re: Wat is in die "Black box"
Ek kan nie vir jou se wat daai boksie is nie jammer maar wat ek kan se is dat is nie "original equipment nie". Werk die kar nog as jy hom verwyder? Indien ja, haal hom en al sy bedraading ook uit
Happy trails
Nic
SFA '97 DC - affirmatively shopped
SFA '87 DC "Rooies" - sold
IFS '99 DC "Benny"
Nic
SFA '97 DC - affirmatively shopped
SFA '87 DC "Rooies" - sold
IFS '99 DC "Benny"
-
- High Range 2WD
- Posts: 28
- Joined: Tue Sep 02, 2014 11:13 pm
- Town: Rawsonville
- Vehicle: 96 SFA Hilux
- Real Name: Pieter
- Location: Rawsonville
Re: Wat is in die "Black box"
Dit wil voorkom of dit die Central locking is. Ek sal maar die drade op standaard moet kry en vrede maak met die swart boksie....
Nou vir die ander remlins...
Nou vir die ander remlins...
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 424
- Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
- Town: Klerksdorp
- Vehicle: 1995 SFA
- Real Name: Jaco
Re: Wat is in die "Black box"
Het daar nog nie ñ lang verlore "tracker" uitgekom nie? Ek het al 3 uit een voertuig uitgehaal.....
- zepplin
- Monster Truck
- Posts: 2099
- Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
- Town: Cape Town
- Vehicle: Crooza VX 80 EFI
- Real Name: Steve
- Club VHF Licence: HC 127
Re: Wat is in die "Black box"
Re: Wat is in die "Black box"
Black Magic!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hope you find the problem.
Black Magic!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hope you find the problem.
Crooza VX 80 efi - fully locked.
-
- High Range 2WD
- Posts: 28
- Joined: Tue Sep 02, 2014 11:13 pm
- Town: Rawsonville
- Vehicle: 96 SFA Hilux
- Real Name: Pieter
- Location: Rawsonville
Re: Wat is in die "Black box"
Nog nie 'n tracker nie, maar 'n helse hoop los drade handsfree kit en ........ nog black boxes!
Daar het 'n Shurlock remote alarm system uitgekom wat nie meer opgekoppel is nie, en dan 'n "nuwe" alarm/ imobiliser wat lyk of hy net op die ou sisteem se drade ingesplice is. Groot klomp drade wat net geknip is en MOERSE baie insulation tape. (net om die drade bymekaar te bondel en nie om dit te isoleer nie :? )
Ek het nou al die dash verwyder en meeste van die trim afgehaal om te probeer bepaal wat moet gaan en wat moet bly. Ek moet sê ek is baie bang vir die imobiliser - klink soos die ideale "gadget" om jou te laat staan op 'n afgeleë plek.
Die bakkie is nou van net kort van 2kg se drade verlos en ek glo daar is nog 'n paar om te gaan voor ek klaar is.
Weet iemand wat hierdie "black box doen/ gedoen het?
So lyk die slagveld nou....
en die slagoffers....amper 2 kg daarvan!
Wat doen ek hiermee? is die geknipte drade deel van die Toyota loom of die alarm/ immobiliser s'n?
Die oorsaak van die swak radio opvangs???

- The Legend
- Monster Truck
- Posts: 3558
- Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
- Town: Kempton Park
- Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
- Real Name: Dawie
- Club VHF Licence: X93-
Re: Wat is in die "Black box"
Sterkte,Lyk vir my na n groot kopseer waarmee jy besig is.Hoop jy kry hom na dese 100% reg.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”
“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Wat is in die "Black box"
kry ek nou sommer n lae rug pyn van net dink aan al daai kruipery onder die dash ....
VOORSPOED !!
VOORSPOED !!
-
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1484
- Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
- Real Name: Marnus
- Location: Pretoria Oos
- Contact:
Re: Wat is in die "Black box"
Jy het al amper genoeg koper daar uitgehaal om jou te betaal vir jou tyd! :)
- niclemaitre
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 938
- Joined: Mon Jun 13, 2011 2:44 pm
- Town: Stellenbosch
- Vehicle: 99 IFS DC 4x4
- Real Name: Nic
- Location: Stellenbosch
Re: Wat is in die "Black box"
Ek al 'n paar keur die dash uit gehaal en dit is makliker sonder die sitplekke, net so veel meer plek om te werk. Ek dink daai tweede "black box" is seker deel van die OEM alarm
Happy trails
Nic
SFA '97 DC - affirmatively shopped
SFA '87 DC "Rooies" - sold
IFS '99 DC "Benny"
Nic
SFA '97 DC - affirmatively shopped
SFA '87 DC "Rooies" - sold
IFS '99 DC "Benny"
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 414
- Joined: Wed Oct 19, 2011 8:00 am
- Town: Benoni
- Vehicle: Hilux SFA
- Real Name: Rodney
Re: Wat is in die "Black box"
Good luck I had a lot of problems with mine but got everything working by looking at the wire coloring and cutting the alarm box out except central locking.