Skool antwoorde

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Skool antwoorde

Post by Hoppy »

Hierdie is 'n opstel deur 'n laerskool leerling. Ingesluit is al die spelfoute en dinge:

Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is orrals. 'n koei het 'n baie fein reik - jy reik hom oor die jele plaas. Agteraan die koei sit die stert. An die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an die anner kant sit die koei.
Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou anners val hulle innie melk. Vooran die koei sit die kop. Daar groei die hoorings.
Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei.
Die koei is oorgetrek met 'n beesvel. Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is, is die melk suur. Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die koei is die os.
Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te sêis nie 'n vloekwoord nie. Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul.



Graad 5 Afrikaans Eksamen

1. Waarvoor word beesvelle gebruik?
- om die bees binne te hou

2. Wat is outobiografie?
- dis die ontstaan en geskiedenis van die motorkar

3. Noem 5 dinge wat melk bevat?
- kaas, botter en 3 koeie

4. Wat is die verlede tyd van eet?
- Honger

5. Wat is die verkleinwoord van Oupa?
- Kleinseun

6. Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
- kleinteef( Hierdie een is my ultimate favourite!)



7. Wat is die doel van die kies-en oogtande?
- die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk
goed doen.

8. Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas...
- hoe groter haaspastei

9. Wat is die meervoud van kabeljou?
- kabeljulle

10. 'n Sin met "ter aarde bestel..."
- "Wie op ter aarde bestel so 'n groot koek?"

11. Formule vir 'n sirkel se omtrek:
- "paai straal kordaat"

12. Wat is teenoorstaande hoeke?
- Hoeke wat vir mekaar kyk

13. Waarom is die seun in die verhaal gestraf?
- Omdat hy sy eie virgin van die volkslied gesing het.

14 . Wat is 'n terminale siekte?
- As jy op die lughawe siek word!

15. Vertaal in Afrikaans: "I beg your pardon?"
- HuH?

16 . Wat noem ons iemand wat velle looi?
- Onderwyser

17. Wat kry jy as jy jou melktande wissel?
- Peperment tande

Na al die loop onderwyswers nog steeds met lang gesigte rond, humorsin is seker nie een van hulle vakkeuses nie.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
0000DS
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1527
Joined: Sat Aug 22, 2009 6:35 pm
Town: Roodekrans
Vehicle: Tuna, 4X4, Longrange Fuel tank, BF's AT, Intergrated bumber, Roofrack, Awning, Air suspension,winch
Real Name: Danelle

Re: Skool antwoorde

Post by 0000DS »

:lol: :lol: :thumbup:
Image
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Skool antwoorde

Post by BenHur »

Wys jou net .. die kinners kan nog dink ... ?



* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal
van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het 'n plan
uitgewerk.



* Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat
jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.


* Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het sigarette
uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die niekoetien-kolle in

sy onderbroek duidelik sigbaar was.



* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle
hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die
Sarah-woestyn
gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën. Die klimaat was só erg
dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom
het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.



* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle
ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak
is
en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim
om die tien gebooie te kry.


* Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie 'n
geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte
gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk
het.


* Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense
raad gegee het. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Ná sy

dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.



* In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol geswaai
en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat daar niks
anders was om te jump nie.



* Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het haar
met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afrou geraak het van
skrik.



* Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was sy 'n
sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se probleme aangetrek.
En was altyd mooi geklee.



* Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg het
die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in die
wynpers vas te draai dat die wyn spat.



* Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare. Hy is
in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit was op sy
verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net beroemd oor die
toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies, komedies en
historektomieë
geskryf. Romeo and Juliet is een voorbeeld.



* Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword. Lincoln
se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n houthut wat
hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.



* Johann Babbelastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook
baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was die

beroemdste komponis in die wêreld, amper soos Händel. Händel was
half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs gepraat het.



* Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was só doof dat hy harde
musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al het almal
na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en dis hoekom hy later
dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe noem sy ma hom
Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste bad heelwat verander.



* Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het
opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin reproduseer.


* Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat
ontstaan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van die
stoom
wat afgeblaas word.



* Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.



* Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van
hulle buig.



* 'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end. Daarom is
dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.


* Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat
baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die maan.



* Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per ongeluk
'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.


* Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.
User avatar
Scorpion
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2158
Joined: Wed Jan 16, 2008 6:31 pm
Town: Emmarentia
Vehicle: 1988 Hilux 4x4 D/C with more attitude than Mike Tyson
Real Name: Johann
Location: Constant Kloof

Re: Skool antwoorde

Post by Scorpion »

:lol: :clap: :lol: :clap: :lol:
1988 Hilex D/C 4x4 (Import spec), Lexus V8; Marlin Crawler; Custom Suspension: front and new 4 link in the rear; Disc Brake conversion rear; 35" Cooper STT tyres; Xenon lights; Custom bullbar;Next? Aircon; new front seats, redo the whole interior in nice soft leather, Respray, Double Lockers
1978 Land Cruiser HJ45
1971 Mercedes Benz 280S Automatic
2011 Land Cruiser 79 V6 (60th Anniversary Edition)
Post Reply

Return to “Humor”