SFA se choke

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Parampas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 41
Joined: Sat May 07, 2016 10:01 am
Town: Ermelo
Vehicle: hilux
Real Name: Christo

SFA se choke

Post by Parampas »

Goeie more,ek sit met n probleem met my hilux sfa. Hy het n nuwe 4y enjin. Die probleem wat ek het is dat my choke die heeltyd toe bly,m.a.w my petrol verbruik is baie rof,so 4 km/ l. As ek langs die pad stop en die airfilter afhaal en dan die choke met my hand oop maak,dan klim my petrol verbruik na so 8.5 km/l, maar na n ruk gaan die choke weer vanself toe en moet ek weer alles oor doen en weer met my hand oop maak,hier is fotos van dit,as iemand my net asb kan se hoe werk die choke en wat moet maak dat hy oop maak en oop bly?
Attachments
IMG_20160616_090126_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090103_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090101_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090044_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090034_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090032_1778_1000.jpg
IMG_20160616_090003_hdr_1777_1000.jpg
User avatar
Rigger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 188
Joined: Mon Dec 07, 2015 1:03 pm
Town: George
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 S/C 4x4
Real Name: Martiens

Re: SFA se choke

Post by Rigger »

Die choke werk met 'n bi-metal spring. Soos dit warm word draai daai spring om dan die choke oop te maak. Ek het nog net een keer aan n 4y se carb gewerk, maar daai een kon jy die choke verstel. Dit het leaner en richer op geskryf gehad aan die kant van die butterfly. As joune dieselfde is probeer dit na die leaner kant toe verstel.
Parampas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 41
Joined: Sat May 07, 2016 10:01 am
Town: Ermelo
Vehicle: hilux
Real Name: Christo

Re: SFA se choke

Post by Parampas »

Dankie vir die raad,kan jy my dalk so min of meer se waar stel ek hom,ek sien die spring,maar ek kan nie sien hoe om hom te stel nie
dd6
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 424
Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 1995 SFA
Real Name: Jaco

Re: SFA se choke

Post by dd6 »

Die ring wat die swart gedeelte vashou, het 3 skroewe. Maak hulle effens los en draai die hele swart gedeelte na ñ die kant toe wat die butterfly ooptrek.
User avatar
Rigger
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 188
Joined: Mon Dec 07, 2015 1:03 pm
Town: George
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 S/C 4x4
Real Name: Martiens

Re: SFA se choke

Post by Rigger »

Dis reg ja presies wat hy gese het
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29859
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: SFA se choke

Post by Mud Dog »

Haal af die lug toevoor pyp. Maak daai 3 skroewe effens los, terwyl die enjin koud is draai die hele swart gedeelte sodat dit gestel is op die punt net voor die 'butterflies' toe is. Draai een skroef vas en start die enjin. Check dat daar voltage op daai draad is.

Hou die choke dop, dit behoort binne 'n paar minute heeltemal oop te maak. As dit nie die geval is nadat die enjin op temperatuur is nie, maak daai een skroef weer effens los en stel dit sodat die choke op die punt is waar dit heeltemal oop staan. Maak al drie skroewe vas en sit die lug toevoor pyp weer terug.

As die enjin die volgende oggend geen 'cold start' probleme het nie, dan los jy hom net so. As daar probleme is, haal die pyp af en kyk waar staan die choke butterflies (enjin nog koud met ignition af). As hulle te ver oop staan is daar a probleem met daai swart gedeelte waarinn die 'bi-metal' veer is. Jy sal dit moet vervang of ombou tot 'manual choke'.

Geluk!
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Post Reply

Return to “The Workshop”