Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by grobbepj »

Kyk met hierdie koelerige dae is ons maar lief vir potjiekos maak. Het gister weer n lekker hoender pot gebou; maar met die coolbox naby het die potjie onder so ietwat aangebrand.

Toe wonder ek of iemand nie goeie raad het hoe om so aangebrande pot makliker skoon te kry nie. Of is dit maar ek en die skuurder en baaie elbow ghrease...

Dan so bietjie van punt af help hierdie gecoate potjies om nie aan te brand nie?? Ek beslis nie die beste potmaker so daar is gereeld n bici branderigheid onder aan die pot wat moelik uitkom.

Enige raad sal probeer word...
Willem01
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 586
Joined: Thu Dec 29, 2011 12:13 pm
Town: Pretoria
Vehicle: het nie 1 nie
Real Name: Willem

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by Willem01 »

aanbrandsel tensy dit nou nie so swart soos roet is nie,,,gooi water in en los oornag krap dit dan sommer net met jou potskuurder af daai groen geel sponsie....as dit daai swart roet is en jou pot is al mooi blink binne gebruik sit die draadborsel voor in jou boormasjien en polish hom blink binne, smeer net weer met olyf olie om nie te roes nie.

edited...as jy praat van gecoate potjies dan is dit seker die CADAC tipe ,,,,moet glad nie die draadborsel manier op hom gebruik nie,,,los net oornag met water
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by george »

Pieter ek is nou juis besig om my potte reg te maak.
Kry vir jou Costic Soda en gooi in die pot en dan kook water bo-oor.Werk soos 'n bom.
Was hom dan goed uit en sit in die oond sodat al die water verdamp uit die yster.
Vat dan vet( diere vet) en smeer die potjie. Kry dan jou oond goed warm en sit die pot in tot dat die vet klaar gerook het.
Jou potjie sal dan brand vry wees vir 'n lang ruk :thumbup:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Mossienel
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 257
Joined: Mon Jul 22, 2013 4:43 pm
Town: Paarl
Vehicle: Hilux 2011 2.5d4d DC 4x4
Real Name: Louis
Location: Paarl en Saudi Arabia

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by Mossienel »

Eerste reel: moet hom nie aanbrand nie.

Maar gebeur soms met my sa die bier vinniger loop as die pot. [FACE WITH STUCK-OUT TONGUE AND WINKING EYE]

Ek sit hom dan gewoonlik trug op warm kole, half vol water, 'n halwe suurlemoen en so lepel sout, as die left over uitgeskep of weg gegooi is. Laat die gemors dan kook vir nog so bier of 2. Onthou om die water dop te hou dat dit nie droog kook nie.

As die kole uit gebrand en die af gekoel het behoort die brand los gekook te wees en dan kan jy net die op lekker was.

Onthou om hom kook oil te smeer en koerant papeir in te sit om die roes te keer voor die volgende pot.


Dis maar wat werk vir my.
User avatar
4ePikanini
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 38
Joined: Wed Oct 23, 2013 12:14 pm
Town: East London - Thorn Park
Vehicle: Touareg R5 TDi
Real Name: Marius Fourie
Location: East London
Contact:

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by 4ePikanini »

maak weer vuur. Gooi water in die pot en laat hom kook op die vuur tot die vuur dood is.

Die vuilgoed binne sal sag wees en maklik af kom.
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by grobbepj »

Dankie almal sover!!! Lyk my die eerste stap is om hom weer te kook... Enige rede om weer vuur te maak !
As dit nie werk sal ek die meer ekstreem measures gebruik...
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by grobbepj »

Willem01 wrote:....as dit daai swart roet is en jou pot is al mooi blink binne gebruik sit die draadborsel voor in jou boormasjien en polish hom blink binne, smeer net weer met olyf olie om nie te roes nie.
Ek sal die een onthou if all else fails!! Goeie idee...
User avatar
Borntofish
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 996
Joined: Fri Mar 07, 2008 7:41 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux 86
Real Name: Werner

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by Borntofish »

Gooi Asyn in en los oornag.
Weimaraner1
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 23
Joined: Sat Feb 25, 2012 7:51 pm
Town: Randburg
Vehicle: Hilux
Real Name: Pieter

Re: Aangebrande potjie: hoe nou gemaak??

Post by Weimaraner1 »

Ek het voorheen al asyn gebruik of suurlemoensap, laat bietjie staan en kook hom dan, as die brandsel nie te kwaai is dan sal dit afkook. Sterkte!
Post Reply

Return to “Open Discussion”