100% Boer

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

100% Boer

Post by Hoppy »

100% Boer.jpg
Jy’s 100% Boer as…
- jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
- jou voorarms dikker is as jou bo-arms
- jy jou bakkie beter bestuur op grondpad as op teerpad
- jou dorpskar is die bakkie sonder die tralies, dieseldrom en Boerboel
- vier karre in 'n ry vir jou swaar verkeer is
- jy vet gee as daar 'n jakkals oor die pad hardloop
- jy 'n plaashek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek
- jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe ry as die vleis gedaan is
- hoender en vis vir jou tel as groente
- jou honde net van pap en beesmelk lewe
- jou hond voor in ry en jou plaas-hulp agterop
- jy meer as een keer per week bloei sonder om te weet hoe dit gebeur het
- jy drie stelle finansiële state aanhou: een waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarin jy amper miljoenêr is vir die bankbestuurder en een met die ware syfers
- jy Zoeloe of Sotho beter kan praat as Engels
- jou Engelse woordeskat bestaan uit "Yes, No, Fank you" en "Vat vrou! Hulle praat alweer Ingels!"
- jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal
- jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet
- jy dink die dominee weet meer as Google
- jy dink 'n Meneer is n ding wat das dra of skool gee en alle ander mense kan aangespreek word as Oom en Tannie
- jy ‘n intekenaar is op Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan
- jy meer omgee vir jou trekker as vir jou skoonseun
- jy kan sê watter rigting die wind waai sonder om jou vinger nat te lek
- Afrikaners wat saamstaan vir jou beteken die beeste is in die kraal
- jy teen 5 Julie nog 'n kortbroek dra
- jy dink metro-man is die nuwe naam vir m-*-f-f-i-e-s
- jy die weer beter kan voorspel as die SABC
- jou radio pal iewers tussen 100 en 103 ingeskakel is
- jy elke keer moet gaan was en skoon aantrek as jy 'n kar hoor aankom
- jy die woord "jel" net gebruik in sinne soos: "Jel, maar dis vrek koud!" of "Jel, nou’s ek blêrrie honger!"
- jy omtrent enigiets kan regmaak met insulation tape, 'n knyptang en ‘n stuk bloudraad!
Last edited by Hoppy on Wed Oct 23, 2013 1:21 pm, edited 1 time in total.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
JEEPIE
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2052
Joined: Sun Sep 30, 2012 7:36 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: Official hilux 4x4 club recovery vehicle
Real Name: Shaun
Club VHF Licence: X 43

Re: 100% Boer

Post by JEEPIE »

ooh ja , klimk omtrent reg daai
OFFICIAL HILUX 4x4 RECOVERY VEHICLE

if you want to change this to recovered , first recover me - and have a relevant picture / foto to prove it !
ADVANCED 4x4 DRIVER COURSES DONE : US 254135 / US 254154
(STILL AWAITING SO-CALLED TETA CERTIFICATION VIA THE SERVICE PROVIDER AFRICAN OFF-ROAD ACADEMY - WHAT A JOKE)
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 100% Boer

Post by ChrisF »

ek bly in die drop, maar seg ja op meeste van daai .....
User avatar
stumps
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 353
Joined: Mon May 27, 2013 10:13 pm
Town: Alberton
Vehicle: Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil
Real Name: Marius
Club VHF Licence: X225
Location: Gauteng
Contact:

Re: 100% Boer

Post by stumps »

:lmao: :lmao:
Kan nog nie ja antwoord op alles nie "but I are getting were"
2008 Hilux 4.0L 4x4 (Mufasa)
Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil suspesion, Long Range tank, Kilber snorkel

1Co 15:10
But by the grace of God I am what I am: and his grace which was bestowed upon me was not in vain;

http://www.sandriver.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; http://www.travelconsortium.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
User avatar
Froll
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3305
Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
Town: Vioolsdrift
Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
Real Name: Roger
Club VHF Licence: N/A

Re: 100% Boer

Post by Froll »

:laugh2: :laugh2: :laugh2:
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: 100% Boer

Post by Hangover »

Paar van die bogenoemde goete is dam na an my hart
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: 100% Boer

Post by Hoppy »

Ek kan self meeste van hulle afmerk
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Borntofish
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 996
Joined: Fri Mar 07, 2008 7:41 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux 86
Real Name: Werner

Re: 100% Boer

Post by Borntofish »

Ek sit en wonder hoe werk die dominee se search engin.... :wth:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 100% Boer

Post by ChrisF »

Borntofish wrote:Ek sit en wonder hoe werk die dominee se search engin.... :wth:
n REGTE dominee doen nog huis besoek .... DIS waar hy jou vrae hanteer. :siffler:




nou hoeveel dominees is hier op wie se tone ek nou getrap het .... :shock2: :surrender: :surrender:
User avatar
BLOUBULLTROKKIE
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Mon Jan 07, 2013 8:06 pm
Town: gauteng
Vehicle: HILUX D/C SRX 4X4 2.5 DIESEL & 2.7 VVTI S/C HILUX
Real Name: leonard

Re: 100% Boer

Post by BLOUBULLTROKKIE »

Waars die boer se HILUX ??????? Hahaha
User avatar
BLOUBULLTROKKIE
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Mon Jan 07, 2013 8:06 pm
Town: gauteng
Vehicle: HILUX D/C SRX 4X4 2.5 DIESEL & 2.7 VVTI S/C HILUX
Real Name: leonard

Re: 100% Boer

Post by BLOUBULLTROKKIE »

Hiers hy
Attachments
hilux.jpg
hilux.jpg (35.78 KiB) Viewed 2858 times
User avatar
Tarquin
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 660
Joined: Wed Jul 18, 2012 9:11 pm
Town: Plettenberg Bay
Vehicle: Toyota 2.8D D/C 4x4 & Toyota 2.4D single 4x2
Real Name: Tarquin
Location: Plettenberg Bay
Contact:

Re: 100% Boer

Post by Tarquin »

Ek is amper daar :lmao: :lmao:
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: 100% Boer

Post by Thabogrobler »

> 'n Mens kry boere wat nie tipiese boere is nie. Veral jou tjekboekboere.
> Dit is die dokters, prokureurs, eiendomsagente en 'n arsenaal onbeskaafde,
> ryk gomtorre wat hul geld in die stad as "pênelbieters" of aandelemakelaars
> gemaak het. Hulle is nie ware boere nie.
>
> So 'n halfwas boer se grond is klaar betaal, sy krippe Iek nie, sy lyndrade
> hou jou waaragtig beeste binne en sy hekke hang nie. Sy
> vierwieltrekvoertuig het 'n CD-speler, is altyd blink en skoon, het nuwe
> bande en trek 'n nuwe waentjie. Sy seuns neem dramalesse en weet niks van
> 'n kettie of dikmelk af nie.
>
> Onder die ware boere is daar ook diè meneer wat juis probeer anders wees.
> Hy dra denimlangbroeke en gholfkêpse, borsel tande voor ontbyt, gebruik sy
> eie handdoek en spuit goed onder sy arms. Vir so 'n boer moet jy versigtig
> wees. Hy het waarskynlik nog nooit 'n Joseph Rodgers-mes gesien nie. Hy
> drink Pinotage by ete, braai vis pleks van tjops en maak die motor se deur
> vir sy vrou oop. Hy is 'n "sissie".
>
> 'n Regte boer dra 'n hoed. Ou boere dra 'n ou hoed met 'n wye rand wat na
> jare se sweet ruik. Nuwe boere dra 'n nuwe hoed wat heel onvanpas soos 'n
> vars miskoek op sy kop lyk.
>
> 'n Boer rook 'n kortsteelpyp wat hy met 'n hoenderveer skoonmaak. 'n Boer
> drink brandewyn met brakwater of Coke. En hy drink hom stérk, vier vingers
> sterk. Sonder ys.
>
> 'n Boer se vrou kan kassies tamaties pak, 'n koolstoof brandmaak, truie
> brei, pap wiele omruil, 'n rinkhals agter die yskas doodslaan, duwweltjies
> uit voete haal en babatjies vang.
>
> 'n Boer verneuk niemand nie, behalwe die keiser. 'n Boer betaal nie
> belasting nie, net BTW, wat hy terugeis.
>
> 'n Boer het 'n dubbelloop-haelgeweer, 'n ou Lee-Metford, 'n nuwe 30-06 en
> 'n 22-geweer. Hulle lê bo-op die hangkas, want hy het nie 'n geweerkluis
> nie.
>
> 'n Boer het nie 'n tyddeel nie, maar baie tyd. Hy slaap smiddags tussen een
> en twee.
>
> 'n Boer het net een pak klere wat hy kerk en troues toe aantrek. Die pak is
> te klein.
>
> 'n Boer gaan kerk toe, maar stem nie saam met die Sinode se besluite nie.
>
> 'n Boer praat nie lngels nie, buiten 'n klompie in die Kolonie en Natal.
> Maar hy kan 'n swart taal praat. Wanneer 'n werker die hek laat ooplê en
> die beeste in die lande kom, praat hy verskeie tale gelyk. En vinnig.
>
> 'n Boer het deesdae 'n sakrekenaar, veral by die vendusie. Maar hy sukkel
> steeds om uit te werk hoeveel water sy boorgate het, veral as hy sy plaas
> wil verkoop aan iemand wat wil weet hoeveel water daar is, want hy wil
> bankrotbossies met die geleerde naam van tamaties plant.
>
> 'n Boer glo nie in gesinsbeplanning nie. Min kinders los hy vir die
> lngelse, vir mense wat nie 'n groot werf het nie, en diegene wat vir hul
> vleis moet betaal.
>
> 'n Boer se seuns kry 'n beurs vir die skoolkoshuis en speel rugby, nie
> krieket nie. Nà skool gaan hulle universiteit toe. Daarna kan hulle nooit
> weer boorgatpype optrek nie en word vaal ouditeurtjies in grys pakke en
> blinkleerskoene wat hul pa wil leer boer as hulle vakansies met hul sagte
> handjies kom kuier.
>
> Niemand skiet deesdae meer verniet op 'n boer se plaas nie - net die
> bankbestuurder.
>
> 'n Boer weet meer van die politiek, die ekonomie, die jongste
> kriekettelling in Indië, aandelepryse, vroue-operasies, die goudprys,
> stakings en koekresepte as enigiemand anders, want hy luister heeldag
> draadloos in die Isuzu.
>
> 'n Boer glo nie aan nuwe bande vir sy bakkie nie. Hulle moet glad wees
> anders ry hulle nie lekker in die sand nie.
>
> 'n Boer huil nie, behalwe as die eerste bulkalf van die seisoen aankom of
> sy dogter op die skoolsportbyeenkoms eerste kom. Hy kry nie seer nie en
> gebruik nie pleisters nie, maar hy dra sy hele lewe lank verbande: twee
> verbande op elk van sy drie plase.
>
> 'n Boer skei nie, hy gaan net dood. Ryk boere gaan arm dood en arm boere
> gaan ryk dood. 'n Boer se testament lyk anders as ander mense s'n: sy vrou
> en dogters erf niks grond nie. Die oudste seun erf alles, en verloor weer
> alles -- omdat hy dinge op die plaas probeer wat sy pa altyd geweet het nie
> sal werk nie.
>
> 'n Boer gaan dan hemel toe.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Baasvark
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1376
Joined: Mon Aug 01, 2011 7:45 pm
Town: Virginia
Vehicle: '97 D/C with all the trimmings & 2011 Troopy
Real Name: Shane

Re: 100% Boer

Post by Baasvark »

Klink my julle ken die boere goed..... :lol:


Hoeveel van julle IS boere? :twisted:
Aint it ironic that "Common Sense" aint so common after all...
User avatar
4ePikanini
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 38
Joined: Wed Oct 23, 2013 12:14 pm
Town: East London - Thorn Park
Vehicle: Touareg R5 TDi
Real Name: Marius Fourie
Location: East London
Contact:

Re: 100% Boer

Post by 4ePikanini »

Ek bly op n plaas. Werk met beeste, trekkers, rekenaars en bakkies elke dag.
As jy op n plaas bly en winkel toe gaan is 'n beplanning en n pyn. Dan sal jy hierdie goed verstaan.

As jy met ghries gesig en neus en hande in die winkel in stap en nie skaam kry nie. Dan is jy n boer.

:)


Sent from my iPad 2
User avatar
Potifar
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 57
Joined: Fri Jun 07, 2013 8:36 am
Town: Kleinmond
Vehicle: VW Amarok TDi 4motion (WitWolf) Auto 2018 VW Tiguan Allspace
Real Name: Gerhard
Location: Kleinmond

Re: 100% Boer

Post by Potifar »

"...en maak die motor se deur
> vir sy vrou oop. Hy is 'n "sissie".

Kan nie met die deel saamstem nie... My Pa is 'n Karooboer, is 70 jaar oud, worstel deur die hoeveelste droogte, het nie geld nie, maar baie geduld en veldkennis. Hy het net een plaaswerker, skiet links en regs ewe goed, het harde hande (en net nege vingers oor) en is so bruin gebrand soos ou leer.
Sy hoed is stukkend, dra dieselfde knipmes van dat ek kan onthou en loop sonder 'n kierie na een knie se kraakbeen uitgehaal is en die ander knie vervang is. Sy rug is moertoe,aar hy kla nie en praat nie daaroor nie. Hy gaan nie dokter toe nie. Hy drink net moerkoffie (en natuurlik 'n dop) en vloek in Afrikaans en Xhosa, bid elke dag.

En hy maak steeds die bakkie se deur oop vir my Ma.

My Pa is 100% boer
As ons werk, dan werk ons hard. As ons speel, dan speel ons hard. As ons braai, dan speel ons nie!
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: 100% Boer

Post by Thabogrobler »

100% Boer - en jy kan trots wees op hom! Wat 'n voorbeeld!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Baasvark
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1376
Joined: Mon Aug 01, 2011 7:45 pm
Town: Virginia
Vehicle: '97 D/C with all the trimmings & 2011 Troopy
Real Name: Shane

Re: 100% Boer

Post by Baasvark »

Wel, bly al 39 jaar oppie plaas.

Baie van die bg. is van toepassing maar nie alles nie.....

My gunstelling trick is om deur die vark hokke te stap net voor ek bank toe moet gaan. Jul sal verbaas wees hoeveel beweeg ruimte jy geniet as jy 2 duim vark strond onder jou skoene het :twisted:

Om een of ander rede verkort die lang rye by die tellers baie vinnig :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:
Aint it ironic that "Common Sense" aint so common after all...
User avatar
warthog
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 846
Joined: Fri Aug 14, 2009 8:42 am
Town: Barberton
Vehicle: Fortuner 4.0 V6 Auto, LRFT, Dual Batt, OME's, BFG AT's, ARM comp, 800w inv, Roofrack
Real Name: Hennie
Location: Barberton, Mpumalanga

Re: 100% Boer

Post by warthog »

[quote="Hoppy"]
100% Boer.jpg
Een van die heel beste t-hemde wat ek al ooit gesien het was 'n rerig mooi jong kleurling vrou se t-hemp met net so oranje-blanje-blou vlag op, en bokant die vlag was:

/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
/
50% BOER
Hennie
ImageImage

Live simply, Love generously, Care deeply, Speak kindly. Leave the rest to God.
Jos 24:15: "As for me and my house, we will serve the Lord"
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: 100% Boer

Post by Oupa Stig »

Wha haaaa haaa haaaa!!!!!
Took me a moment, but when the 50% hit, my coffee went up my nose. Hennie, jy skuld my 'n halwe koppie koffie.
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: 100% Boer

Post by Hoppy »

:lmao: skerp
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Bugzy
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 646
Joined: Thu Sep 30, 2010 12:27 pm
Town: Rustenburg
Vehicle: 2015 Hilux S/C 4X4 Dakar1996 2.8D s/c 4x4 Hilux with 3CT Toyota motor
Real Name: Buks
Club VHF Licence: X56
Location: Zuurplaat
Contact:

Re: 100% Boer

Post by Bugzy »

Potifar wrote:"...en maak die motor se deur
> vir sy vrou oop. Hy is 'n "sissie".

Kan nie met die deel saamstem nie... My Pa is 'n Karooboer, is 70 jaar oud, worstel deur die hoeveelste droogte, het nie geld nie, maar baie geduld en veldkennis. Hy het net een plaaswerker, skiet links en regs ewe goed, het harde hande (en net nege vingers oor) en is so bruin gebrand soos ou leer.
Sy hoed is stukkend, dra dieselfde knipmes van dat ek kan onthou en loop sonder 'n kierie na een knie se kraakbeen uitgehaal is en die ander knie vervang is. Sy rug is "stikkent",aar hy kla nie en praat nie daaroor nie. Hy gaan nie dokter toe nie. Hy drink net moerkoffie (en natuurlik 'n dop) en vloek in Afrikaans en Xhosa, bid elke dag.

En hy maak steeds die bakkie se deur oop vir my Ma.

My Pa is 100% boer

:thumbup: :thumbup:
Post Reply

Return to “Open Discussion”