Hoeveel geraas moet n mens maak?
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Hoeveel geraas moet n mens maak?
Hoeveel geraas moet n mens maak?
Wil graag my storie met julle deel. Ek, n groot Toyota aanhager, het vir my n nuwe Hilux d/cab 4x4 in 2010 gekoop. Was baie gelukig toe ek die voertuig kan gaan optel. Behalwe vir die feit dat ek R150 moes betaal vir diesel wat hulle ingegooi het en toe gesê is om by die eerste pomp te stop want na die 11km wat op die klok was gan ek nie baie ver kom nie. Ek was maar te bly om my bakkie te kry en het nie veel gesê nie. Die eerste diens het ek geen probleme ervaar nie,maar van 20000km het dit begin. Ek het na werk 16:00 gereel dat iemand my daar aflaai dan wag ek sommer vir die voertuig. Daar gekom en gesien my bakkie staan onder die dak waar hulle die voertuie parkeer wat klaar is. het navra gedoen en daar is gesê ek moet wag die bakkie is nie klaar nie, hulle sal my roep. 18:00 kon ek nie meer wag nie en het begin hard praat. Hulle kom toe agter die bakkie was al 14:00 klaar, maar hulle weet nie waar die sleutel is nie. Later het hulle wel die sleutel opgespoor in n kluis. OP 40000km het ek agtergekom my clutch shudder, het dit so aangemeld. Hulle het gesê daar is niks fout nie. Weer op 50000,60000 en 70000km aangemeld, weer het hulle gesê daar is nie fout nie. OP 70000km het ek bietjie meer probeer uitvind hoe hulle vasstel dat als reg is. Die diensbestuurder het gese hulle toets hom teen n bult so 1km van hulle werkswinkel af. Dit was nie vir my aanvaarbaar nie en het hom gaan sien. In sy kantoor het hy my verseker dat daar niks fout is nie en ook gesê dat die clutch sal nog 200000km sien. snaaks genoeg, nou op 87000km moet die clutch vervang word. Waar is die 200000km nou? In n brief van Toyota sê hulle nou wel dat die "clutch shudder and engages high". Ek gaan die saak verder vat met Toyota SA maar weet wat ek gaan hoor, die bekende "user abuse". Ek stel op die oomblik nie belang om ooit weer n toyota (met opset met n klein letter geskryf) op my naam te hê nie. Behalwe vir die swak diens, wend hulle geen poging aan om my te help nie. En ek voel dat as hulle die saak die nodige aandag gegee het toe dit begin het, was die nou n hele ander storie.

- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Lourens ek deel jou frustrasie - maar wil tog die verskil tussen die "handelaar" en die "handelsmerk" uitwys.
My persoonlike ervaring is ssortgelyk aan joune ... 10 000km diens - PUIK. 20 000 km diens was so swak dat ek so rumoer opgesit het dat hulle die voertuig heeltemaal oor gediens het - terwyl ek bygestaan het ! 30 000 km diens het ek die dealer principal loop haal ... 45 minute by my gestaan terwyl die manne hul halwe werk klaar maak .... 40 000km diens was aansienlik beter. Irriteer die dinges uit my uit dat mens so moet aangaan om n kwaliteit diens te kry ....
MAAR, dit is nie n "toyota ding" nie ! Ons CEO het SWAK diens gehad by Citroen - die laaste 6 mande was sy voertuig 2 of 3 weke by die huis - ALS weens n swak werkswinkel !! My senior se Peugoet se 10 000km diens het DRIE WEKE gevat ! en so kan ek aangaan en aangaan .....
jou probleem is SWAK DIENS, en dit kry mens nou by al die handelsmerke
Ek hoop jy het deur die jare geskrewe rekord gehou van die koppelaar .... anders gaan jy maar sukkel .... ek praat EEN keer, daarna sit ek als op skrif.

- Pora
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 422
- Joined: Thu Nov 11, 2010 9:35 am
- Town: Brakpan
- Vehicle: Hilux 2.5 d4d
- Real Name: Pora
- Location: JHB
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
ChrisF wrote:Lourens ek deel jou frustrasie - maar wil tog die verskil tussen die "handelaar" en die "handelsmerk" uitwys.
My persoonlike ervaring is ssortgelyk aan joune ... 10 000km diens - PUIK. 20 000 km diens was so swak dat ek so rumoer opgesit het dat hulle die voertuig heeltemaal oor gediens het - terwyl ek bygestaan het ! 30 000 km diens het ek die dealer principal loop haal ... 45 minute by my gestaan terwyl die manne hul halwe werk klaar maak .... 40 000km diens was aansienlik beter. Irriteer die dinges uit my uit dat mens so moet aangaan om n kwaliteit diens te kry ....
MAAR, dit is nie n "toyota ding" nie ! Ons CEO het SWAK diens gehad by Citroen - die laaste 6 mande was sy voertuig 2 of 3 weke by die huis - ALS weens n swak werkswinkel !! My senior se Peugoet se 10 000km diens het DRIE WEKE gevat ! en so kan ek aangaan en aangaan .....
jou probleem is SWAK DIENS, en dit kry mens nou by al die handelsmerke
Ek hoop jy het deur die jare geskrewe rekord gehou van die koppelaar .... anders gaan jy maar sukkel .... ek praat EEN keer, daarna sit ek als op skrif.
Stem saam met jou
Die ding is dat mense deesdea nie meer "pride" vat in hulle werk nie
All wat hulle an kan dink is "wane is payday" en nie eers op payday gan jy goeie diens kry nie want hulle warry nie meer nie
-
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 707
- Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
- Town: Pretoria
- Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
- Real Name: Rian
- Location: Wonderboom Suid
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Die fout lê wel by 'n handelaar en nie toyota nie, soos al gesê is. My handelaar het een glipsie gemaak, ek het my saak baie hard met die alle personeel gedeel, almal, van die verkoop bestuurder tot tak hoof, HR manager, dame by die betaal punt en sommer ook die skoonmaker ingesleep by die vergadering op my versoek. My probleem is uitsorteer en kry tans die beste diens. Almal ken my nou en word met enige besoek na die diensbestuurder se kantoor gelei of ek nou 'n probleem het of nie, dalk net om hallo te sê. Hulle het ook vir my spesiaal my brand bier aangeskaf, en word daarmee bedien. Ek is nie altyd raserig nie en gee almal 'n regverdige kans, trap oor die lyn met my en jy sal smeek jy het my nooit te na gekom nie, maak nie saak hoie klein of hoe groot nie.
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Ek stem met julle saam ja, maar my probleem was nou met Toyota en niemand anders nie. Die handelaar verteenwoordig tog die handelsmerk. Ek gaan nie stry nie bly nog n goeie bakkie.
- CasKru
- Moderator
- Posts: 23956
- Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
- Town: Benoni
- Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
- Real Name: Cassie
- Club VHF Licence: B15
- Location: Rynfield
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Ek neem aan jy is relatief beperk in die hoeveelheid handelaar in jou omgewing. Dit kan wees hoekom hulle so laks is want hulle weet die mense "moet" terug komWapper wrote:Ek stem met julle saam ja, maar my probleem was nou met Toyota en niemand anders nie. Die handelaar verteenwoordig tog die handelsmerk. Ek gaan nie stry nie bly nog n goeie bakkie.
Wie is die holding company? Pat Hinde of McCarthy?
To God be the glory
-
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 707
- Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
- Town: Pretoria
- Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
- Real Name: Rian
- Location: Wonderboom Suid
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Dis die enigste voordeel, ek bedoel enigste voordeel om in Gauteng te bly, jy kan kies en keur tussen die handelaars, maar as jy die een gekry het wat na jou pype dans, stick to it!
- WayneSchalk
- Monster Truck
- Posts: 2139
- Joined: Mon Feb 09, 2009 10:22 am
- Town: Krugersdorp
- Vehicle: 2019 Toyota Hilux 2.8 GD-6 4X4 DC Auto
- Real Name: Wayne
- Club VHF Licence: X117
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Louwrens, ek hoor jou.
Ek het my bakkie by Pretoria Noord Toyota gekoop, 2de hands maar was verseker van 'n 2 jaar "mechanical warranty". Lang storie kort, die ratkas het probleme gegee voor ek die eerste paiement gemaak het, PNT het dit toe vir my laat leg maak. Maar net na dit het die klutch begin gly om rede die ratkas olie gelek het.
Hulle igroneer my oproepe en emails. Ek het maar die ratkas self reg gemaak. Daarop gevind dat daar nie gasket was nie, en dat die senders op die box af geknip was langs die plugs.
sal ek se WTH
Maar nou ja
Ek het my bakkie by Pretoria Noord Toyota gekoop, 2de hands maar was verseker van 'n 2 jaar "mechanical warranty". Lang storie kort, die ratkas het probleme gegee voor ek die eerste paiement gemaak het, PNT het dit toe vir my laat leg maak. Maar net na dit het die klutch begin gly om rede die ratkas olie gelek het.
Hulle igroneer my oproepe en emails. Ek het maar die ratkas self reg gemaak. Daarop gevind dat daar nie gasket was nie, en dat die senders op die box af geknip was langs die plugs.
sal ek se WTH
Maar nou ja
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Caskru ek weet glad nie, wonder of hulle weet.
Dis die enigste handelaar in Kimberley, die naaste ander een is Bloemfontein.
Dis die enigste handelaar in Kimberley, die naaste ander een is Bloemfontein.
- CasKru
- Moderator
- Posts: 23956
- Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
- Town: Benoni
- Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
- Real Name: Cassie
- Club VHF Licence: B15
- Location: Rynfield
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Jy kan daai holding company dalk ook by geraas maak. Ek self het beter diens by McCarthy Toyotas gekry as by Pat Hinde.Wapper wrote:Caskru ek weet glad nie, wonder of hulle weet.
Dis die enigste handelaar in Kimberley, die naaste ander een is Bloemfontein.
To God be the glory
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Hoekom is dit nodig om so verskriklik te moet skree, ek maak myself oud en lelik. Ek het tog duur vir die voertuig betaal, en ek is mos die klient? Gelukkig is hy amper klaar betaal. Sal nou n ander maatskapy n geleentheid gee om my intedoen.
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
hehehe ....Wapper wrote:Hoekom is dit nodig om so verskriklik te moet skree, ek maak myself oud en lelik. Ek het tog duur vir die voertuig betaal, en ek is mos die klient? Gelukkig is hy amper klaar betaal. Sal nou n ander maatskapy n geleentheid gee om my intedoen.
sker die wat ek nou so voet neersit met my Toyota Handelaar.
het al KLAAR dieselfde ervaar by die ander brands ook .....
Die ergste was by Fiat/Nissan - eerste twee dienste was PUIK !! STUNNING mechanic, die ou het gereeld vir my goed uitgewys, en trots gehad in sy werk. Met die derde diens hoor ek hy is weg by hulle ,,, wat n nagmerrie .....
aan die einde is dit nie die vervaardiger nie, nie eens die handelaar nie, dit stop als by die MECHANIC ! AS hy trots het sal jy n goeie job kry, as hy slapgat is ...... aaaaaaiiii toggie .....
Laat my dink aan Toyota in Upington. Ons was op toer toe ons Hilux moeilikheid gee - intermittent elektriese probleem ... daai SPAN het ons op die hande gedra, terwyl hul gereelde kliente aangeraai het om oor TWEE weke terug te kom want hulle is vol geboek. Die JONG mechanic het regtig puik werk gedoen en die fout opgepoor - ten spyte van die computer wat heeltyd sê daar is niks fout nie. Die tragedie is dat ek later moes hoor dat daai selfde tak besig is om plaaslike boere weg te dryf weens swak diens ...... wanneer hulle WIL, dan KAN hulle, maar die res van die tyd .....
-
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 707
- Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
- Town: Pretoria
- Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
- Real Name: Rian
- Location: Wonderboom Suid
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Wel Wapper, net in 'n grap natuurlik, hulle kyk na 'n familie, so hulle gee jou die geleentheid om op hulle te skree en vloer moere te gooi sodat jou huwelik en tuis omstandighede rustig kan wees.
- Modder Tekkies
- Low Range 4WD
- Posts: 142
- Joined: Sun Jun 02, 2013 8:05 am
- Town: Malmesbury
- Vehicle: 2.8 Gd6 Fortuner 4x4
- Real Name: Ferdinand
- Club VHF Licence: HC252
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Hello Wapper
Ek voel jou pyn en dis jammer dat 'n mens so moet sukkel deesdae om goeie diens te kry.
Ek dink jy mos al hond geruik het toe daai mense jou laat betaal het vir die diesel wat hulle in gegooi het.
Ek stem saam met die manne dat dit nie die produk is nie maar let wel swak diens van die agent. Om jou 'n voorbeeld te noem.
Toe ek van die plaas af stad toe getrek het, het ek 'n baie dom ding gedoen en my 2.7 Hilux 4x4 verkoop en vir my 'n Opel platkar gekoop.
Ek het 'n paar probleme deur my 4 jaar met die voertuig ondervind en uit vyf verskillende GM agente het ek net by een van hulle goeie diens gekry. Die ander vier was sommer pateties gewees om die minste te sê.
Baie mense sal sê dat in so 'n geval dit die produk is, maar selfs na my ondervinding met GM kan ek nogsteeds nie die produk blameer nie. Ek was twee jaar in engeland en daar het Vauxhall (Opel) 'n baie goeie repitasie en goeie dienslewering. Ek sal ongelukkig nooit weer 'n GM produk op my werf hê nie, want 1/5 is vir my nie 'n goeie rekord nie.
My persoonlike ondervinding is dat in vandag se tyd daar drie agente is wat bereid is om daai ekstra myl te loop, Volkswagen, Toyota en Mercedes.
Om af te sluit. Dit help nogal om die regte persoon te vertel hoe ongelukkig jy is. My laaste probleem met my Opel ( nadat werkswinkel bestuurder my vertel het dat ek moet verstaan hulle doen meer voertuie 'n dag as ander takke en dit die rede is dat hulle foute maak) het ek aangedring om die Direkteur te sien.
Nadat ek vir die ontvangsdame (wat wou weet wat ek nogal met hom wil maak) verduidelik het dat ek twee mense sal betaal om die motor vasiline te smeer en ek vir hulle direkteur wil vertel waar hy die kar kan op druk, het daar vinnig aksie plaas gevind.
Ek het by my die werkswinkel bestuurder, nuwe verkope bestuurder en tweede handse voertuie bestuurder gehad na daai vloermoer en my probleem is sommer net daar uit sorteer
Dis jammer dat 'n mens so moet sukkel, maar as jy die moeite gaan doen om jou humeur te verloor, maak seker dis in iemand se kantoor wat jou gaan koffie aanbied terwyl hy op iemand anders skree om jou humeur te help soek.
Hoop jou probleme word gou op gelos.

- pietpetoors
- Moderator
- Posts: 10650
- Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
- Town: Langebaan
- Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
- Real Name: Pieter
- Club VHF Licence: X27
- Contact:
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Kimberley Toyota is deel van Oranje Toyota wat deel is van Unitrans, sover ek kon vasstel.
Only Dead Fish Go With The Flow!
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots

- KOBUSL
- Monster Truck
- Posts: 2044
- Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
- Town: WOLSELEY
- Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
- Real Name: KOBUS
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Kom kuier vir Hoppy hier in die Kaap.
Jy sien die beste deel van die land, kry miskien 'n bietjie kultuur by en jou bakkie lag al die pad huistoe.
Jy sien die beste deel van die land, kry miskien 'n bietjie kultuur by en jou bakkie lag al die pad huistoe.
Word te vinnig oud en te stadig wys.
- Jaans
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 504
- Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
- Town: Benoni
- Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
- Real Name: Johannes
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Ek stem saam met wat gese is oor dit is nie die produk nie maar die diens. Ek is baie gelukkig met Toyota se diens maar ek oor weeg om my vrou se Hyundai te verkoop voor ek dit weer laat diens. Met die eerste diens het hulle die kar gestamp. Volgens hulle was die stamp daar en op die papier wat ons geteken het wat hulle ingevul het was daar geen skade opgeteken nie. Maar hulle gaan blykbaar later weer om die kar as hulle dit "gewas" (die kar was gewas die dag voor dit gediens is) het en toe was die merk daar. Lang storie kort. Ek dink nie Hyundai sal my weer sien nie. Die vraag wat ek vir myself vra is as die volgende handerlaag wat se maak ook al ook vir my swak diens gee mag ek dalk oor n paar jaar werk toe loop omdat almal my dalk swak diens gee. Soos gese een van die min voordele om in Gauteng te bly is jy het n groot verskydenheid handelaars om van te kies.
Serkte met jou probleem.
Serkte met jou probleem.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Aan almal wat se dis nie die produk nie. My klagte is in by Toyota SA. Hulle het nou vir my n mail gestuur en gese hulle het Toyota in Kimberley gebel en hulle se daar was niks fout met my clutch nie. Moerse baie moeite gedoen om vir my te se wat ek klaar weet. Ek is baie bly vir die van julle wat uitsekende diens ervaar van die handelsmerk maar ek doen nie.
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
ombudsman ??
jy sê jy het als op skrif, so dalk kan die ombudsman help ...
jy sê jy het als op skrif, so dalk kan die ombudsman help ...
- Wapper
- High Range 4WD
- Posts: 49
- Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
- Town: Kimberley
- Vehicle: Legend 50
- Real Name: Louwrens
- Club VHF Licence: HC277
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Dit sal seker op die ou end die enigste manier wees om iets te vermag. Maar ek gee hulle nog kans om my epos te beantwoord.
- Stef
- Monster Truck
- Posts: 3125
- Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '98 LTD
- Real Name: Stefan
- Club VHF Licence: X107
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Modder Tekkies wrote:Hello Wapper
My persoonlike ondervinding is dat in vandag se tyd daar drie agente is wat bereid is om daai ekstra myl te loop, Volkswagen, Toyota en Mercedes.
Volkswagen hoort nie op daai lys nie nie, in my ondervinding. Het swak diens gehad by Lindsay Saker (Kempton Park),Tavcor Embassy(PE), Market Square (Uitenhage) en McCarthy (Wonderboom) en van VWSA self, tot by hulle nasionale "after sales manager" en "technical manager" gegaan. Na 'n groot bakleiery het hulle ingestem om my probleem gratis te ondersoek as "act of good will". Nodeloos om te sê hulle kon nie die fout kry nie en ek het die kar naderhand verkoop.
VW se g@t, en ek hoop hulle lees dié....
- george
- Monster Truck
- Posts: 6565
- Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
- Town: Velddrif
- Vehicle: Triton 3.5l V6
- Real Name: George
- Club VHF Licence: HC107
- Location: Velddrif
- Contact:
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Gaan log sommer jou storie op http://hellopeter.com/
Ek het al gehoor hulle reageer daarop.'n mens kan ook lekker search vir die verskillende handelaars
Ek het al gehoor hulle reageer daarop.'n mens kan ook lekker search vir die verskillende handelaars
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
- Stef
- Monster Truck
- Posts: 3125
- Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '98 LTD
- Real Name: Stefan
- Club VHF Licence: X107
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
het self ook al hellopeter roete gegaan, dis hoe ek bty VWSA uitgekom het. Net jammer hulle tegniese kennis van hulle eie produkte is maar aan die dun kant.
Maar ja, hellopeter werk nogals.
Maar ja, hellopeter werk nogals.
- Johan Kriel
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 623
- Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
- Town: Okahandja
- Vehicle: 2.5 SC 4x4
- Real Name: Johan kriel
- Location: Okahandja
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Hy het n beter kans om op die pad te bly met n Toyota produk as met n ander maak. Ek het die meeste ander make al gehad, die frustrasie was erg, diens uiters swak en dan gee die produk ook probleme, sooos BMW,VW, Nissan, Ford, Isuzu, Colt en Opel. Nee wat spaar jou self die moeite en hou by Toyota. Kry net n handelaar wat goeie bestuurder/diens bestuurder het.
Die Toy handelaars is baie sensitief vir die verslag wat jy aan TSA gee as hulle jou bel na n diens.
Die Toy handelaars is baie sensitief vir die verslag wat jy aan TSA gee as hulle jou bel na n diens.
Johan Kriel
Legend 50
Legend 50
- Bugzy
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 646
- Joined: Thu Sep 30, 2010 12:27 pm
- Town: Rustenburg
- Vehicle: 2015 Hilux S/C 4X4 Dakar1996 2.8D s/c 4x4 Hilux with 3CT Toyota motor
- Real Name: Buks
- Club VHF Licence: X56
- Location: Zuurplaat
- Contact:
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Ek is self 'n Toyota man. Ek het al baie Toyotas(bakkies en karre gery). Deesdae stel die handelaar nie om die klient te help nie - hulle doen die minste vir die meeste geld wat hulle uit jou kan kry. My Yaris se bande loop af aan die binne en buite kant. Al die handelaars by wie ek hom gehad het se daar is niks fout nie behalwe dat ek die bande te sag oppomp - hulle se 2 bar(die boekie se 2.2 bar). Ek pomp die bande van die begin af 2.2 so dit kan nie die probleem wees nie. Op 60000km se die handelaar my remme is klaar en moet vervang word. Ek het gese ek sal dit self vervang en vergeet daarvan - met die 120000km diens se die handelaar daar is nog 45% van die rem skoene oor?? Laat mens wonder oor die handelaars
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
ongelukkig NIE so in SA nie.Johan Kriel wrote:Hy het n beter kans om op die pad te bly met n Toyota produk as met n ander maak. Ek het die meeste ander make al gehad, die frustrasie was erg, diens uiters swak en dan gee die produk ook probleme, sooos BMW,VW, Nissan, Ford, Isuzu, Colt en Opel. Nee wat spaar jou self die moeite en hou by Toyota. Kry net n handelaar wat goeie bestuurder/diens bestuurder het.
Die Toy handelaars is baie sensitief vir die verslag wat jy aan TSA gee as hulle jou bel na n diens.
Ek het al n brief geskryf na TSA oor my plaaslike Toyota handelaar. Al n hele paar keer terugvoer verskaf oor die patetiese diens ..... niks, nada, bogger-all, hulle (TSA) voel n veer .......
Met die laaste diens het ek sommer VOOR die diens n groot geraas gemaak - die keer het hulle darem so 80% ge-perform.
die realiteit is dat daar nie meer "mechanics" is nie. Net minimum opleiding "fitters" ......
- Modder Tekkies
- Low Range 4WD
- Posts: 142
- Joined: Sun Jun 02, 2013 8:05 am
- Town: Malmesbury
- Vehicle: 2.8 Gd6 Fortuner 4x4
- Real Name: Ferdinand
- Club VHF Licence: HC252
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Volkswagen hoort nie op daai lys nie nie, in my ondervinding. Het swak diens gehad by Lindsay Saker (Kempton Park),Tavcor Embassy(PE), Market Square (Uitenhage) en McCarthy (Wonderboom) en van VWSA self, tot by hulle nasionale "after sales manager" en "technical manager" gegaan. Na 'n groot bakleiery het hulle ingestem om my probleem gratis te ondersoek as "act of good will". Nodeloos om te sê hulle kon nie die fout kry nie en ek het die kar naderhand verkoop.
VW se g@t, en ek hoop hulle lees dié....
Ok ok, die waarheid is eintlik dat julle almal gestraf word omdat julle daar bo bly en die bulle support
VW se g@t, en ek hoop hulle lees dié....
Ok ok, die waarheid is eintlik dat julle almal gestraf word omdat julle daar bo bly en die bulle support
- HennieO
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 756
- Joined: Mon Aug 18, 2008 10:55 am
- Town: Bellville
- Vehicle: '98 Hilux DC 2.7;2012 MB ML350;2016 MB C220 BLUETEC; 1999 VW GOLF 1.6; VW Caddy P/V
- Real Name: Hennie
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
Die enigste raad is:
1. Ry 'n nuwe Merc met 'n vol diensplan - daai ouens "perform" vir jou, hoor!
2. Ry 'n OU Toyota sodat Allan na die ding se problem kan kyk!
1. Ry 'n nuwe Merc met 'n vol diensplan - daai ouens "perform" vir jou, hoor!
2. Ry 'n OU Toyota sodat Allan na die ding se problem kan kyk!
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hoeveel geraas moet n mens maak?
hulle slip ook maar van tyd tot tyd .... my senior (wat nou die Peugoet ry) het n paar SWAK ervaringe gehad met Merc ....HennieO wrote:Die enigste raad is:
1. Ry 'n nuwe Merc met 'n vol diensplan - daai ouens "perform" vir jou, hoor!
2. Ry 'n OU Toyota sodat Allan na die ding se problem kan kyk!
ek sê weer - die handelsmerk is net so goed soos die appy wat hulle aan jou kar laat werk !! maar wie wil dan nou vir die appy goed oplei, en moet nou nie eens praat van goed betaal nie .... so die goeies beweeg maar aan, of maak hulle eie plekke oop ....