Niel wrote:Vertel bietjie meer oor die tag en release sessies asb
Niel
Met "Tag & Release" word daar nie net die studie van spesies gedoen nie maar die bewaring word ook promote.
Al die hengel klubs in Suid Afrika het oor geslaan na meet in plaas van weeg vir punte toekenning, dit beteken dat vis onder minder stress geplaas word in plaas van wanneer dit moet haak of in n net moet hang, die vis word altyd vol sand wat nie goed is vir die beskermende slym lagie oor die skubbe nie, die selfde met n net.
Met meet kan die vis, afhangende van die grote, nog in die water gemeet word.
Die "Natal Sharks Board" het al n jare lange studie van vis se groei patrone en "migration patterns", om so n studie te doen moet jy oor n lang tydperk vis meet en al die info log en lewendig vrylaat. Met verloop van tyd word vis per geluk weer gevang en so word die tag nommer met die nuwe mates vergelyk met wat op die data basis is en volgens die tyd wat verloop het word bepaal hoeveel sekere spesies groei, hoeveel dit weeg op n sekere lengte en ook wat die verskil is in groei patrone tussen mannetjies en wyvies.
Om die bewarings en studie stelsel te promote word daar ook ekstra punte op alle nasionale en profinsiale hengel kompetisies toe geken vir vis wat "ge-tag" is en vrygelaat is.
Met die "tag" van n vis word alle nodige mates geneem en saam met die spesifieke "tag code" gelog op n tag card dan word die vis vrygelaat en seker gemaak dit dit wel lewindig swem. Die tag card met alle info word dan na "Natal Sharks Board" gepos om op hul databasis gelog te word.
Volgende keer as die selfde vis gevang word, word al die mates weer geneem en gelog saam met die oorspronklike tag nommer wat op die vis is, en weer gepos, en dit is hoe die informasie gedokumenteer word.
Dit hou nou al so lank aan dat daar al n hele "catelog" beskukbaar is met meeste van die geteikende vis spesies in Suid Afrikaanse waters, met verskillende gewigte volgens maat, so nou kan jy net die vis se lenge neem en dit weer vinnig vrylaat en in die catelog gaan kyk wat jou vis geweeg het, en dit is baie akuraat.
hier is n foto van n koei haai wat ons tag.....