Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie

Hallo aan almal.
Ry al 30 jaar 4x4. Eerste bakkie was Toyota Hilux 2l 4x4, het hom vir 19 jaar gehad. Was met hom in Suid Wes, Botswana, deel van Zimbabwe, Mosamiek en hele paar by Sodwana, Kosibaai en ander paar onbekende roetes. Tweede bakkie is nou Toyota 2.7i 4x4, het hom nou amper 5 jaar. Het net twee keer 4x4 gery met hom, maar gaan in die toekoms meer 4x4 ry. Is getroud met my vrou Sonja met twee groot seuns wat uit die huis is. Kan nou bekostig om meer 4x4 te ry.
Ons hele familie is ook groot motorfiets ryers, ek, Sonja en jongste seun het elk n motorfiets en oudste seun het 'n V-max en twee scramblers.
Ek het al baie die 4x4 forums gebruik vir inligting maar het nou aangesluit om inligting te kry wat ek nodig het om my komende vakansie te kan beplan. Daar het julle dit nou.
Ek wil tussen 13 en 21 Des die Richtersveld aanpak ('n droom van my van 1990), net 'n mak een omdat dit net ek en Sonja met een voertuig is.
My vraag is die volgende; tussen die roete van Vioolsdrif en Eksteenfontein is Helskloof Pas. Kan ons daaroor kom sonder probleme. Het klomp videos van Youtube afgelaai en boeke met fotos wat nie veel wys. Inligtings wat ek sover gekry het - sommige sê dis kwaai, ander sê okay en ander wat sê maklik. Ek vind toe tussenin uit daar is twee Helskloof in Richtersveld. is altwee Helskloof ewe woes of is dit die Gate wat woes is en nie die pas nie of is dit andersom. 'n Groot help sal hier gewaardeer word.
Die roete wat ons gaan ry is soos gevolg - Springbok, Vioolsdrift, Eksteenfontein,
Lekkersing, Kuboes, Alexander baai, Port Nolloth en terug na Springbok. Kan ek en Sonja die pad alleen aanpak want ek het ook gehoor mens kan nie die Richterveld alleen invaar nie.
Groete tot dan.

- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Praat met Thys de Jager
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Ek is nog nuut in die forum. Wie is Thys de Jager
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Jammer oom, welkom hier. So ombeskof van my.
Hy is een van die moderators. Oom kan hom kontak by team offroad ook.
Hy is een van die moderators. Oom kan hom kontak by team offroad ook.
- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Ons was Julie maand op Namib toe en het gery, springbok, eksteenfontein, lekkersing deur na sendelingsdrift en het dit glad nie moeilik gevind nie. Wel slegte patches sink plaat maar verder n lekker rit.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Geen probleem.
Klink goed en wat van Helkloof Pas.
Klink goed en wat van Helkloof Pas.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Is Team Offroad in die forum of is dit 'n besigheid. Dankie
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dis sy besigheid, ook op facebook kan oom hom opspoor.
Daai pas klink nie bekend nie
Daai pas klink nie bekend nie
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Vreeslik dankie Hilux1.
Sal gaan opkyk.
Sal gaan opkyk.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
sorry ooms, nee ons was nie die pas gery nie. hoop Thys kan om help. sterkte, daai wereld is awesome
- cprinsloo
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 859
- Joined: Sun Jul 15, 2007 6:00 pm
- Town: Nelspruit
- Vehicle: 1998 D/C 4x4
- Real Name: Chris
- Club VHF Licence: X52
- Location: Mpumalanga
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dagsê en welkom.
Helskloof Pas is tussen Eksteenfontein en die rivier (S28 49.768 E17 25.011) en dan na Vioolsdrif. Niks te ernstig 4x4 nie, stunning om te sien. Sal hom weer alleen gaan ry (het die vorige keer).
Die ander een is "Hell's Pass" of "The Road to Hell", S28 53.488 E17 55.338, aan die ander kant van Vioolsdrift. Hierdie een is blykbaar skrikwekkend, jy moet baie goed voorberei wees met die regte voertuie en geselskap. Ry rivier toe en dieselfde pad weer terug. Hou verby as jy nie baie ervare en goed voorberei is nie, beslis nie vir alleen doen nie.
Geniet,
Cheers,
C

1998 Hilux D/C Lexus VVTi
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Baie groot dankie cprinsloo vir hiedie raad en kaart. Ek was maar onseker of Sonja wat nie regtig ervaring in 4x4 ry en dat ons net een voertuig het of ons hierdie tog moet aanpak. Maar met jou inligting voel ek nou goed. Die een wat jy sê wat erg is, is dit in Namibie of is dit aan ons kat langs die Oranje.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- cprinsloo
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 859
- Joined: Sun Jul 15, 2007 6:00 pm
- Town: Nelspruit
- Vehicle: 1998 D/C 4x4
- Real Name: Chris
- Club VHF Licence: X52
- Location: Mpumalanga
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Altwee is in SA. Helskloofpas is wes van Vioolsdrift, Hells Pass (die rowwe een) is oos van Vioolsdrif
1998 Hilux D/C Lexus VVTi
- Froll
- Monster Truck
- Posts: 3305
- Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
- Town: Vioolsdrift
- Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
- Real Name: Roger
- Club VHF Licence: N/A
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Welkom Hennie, hoop jy geniet dit hier op die forum.
Ek bly in Vioolsdrift. Helskloof pas is glad nie erg nie. Ek was lank las daar so weet nie nou hoe erg dit nou is. Soms word hy met die reen a biekie slegte, maar is heel reg om aleen te ry.
Road to Hell is n ander storie en ek sal nie aanbeveel dat jy hom aleen te ry nie. Ek sal Maandag by my baas hoor en vir jou laat weet. Hy het hom vandag gaan ry saam n paar vriende. Hy is op die SA kant Pella se kant toe.
Laat weet jou datems wat jy die kant toe kom, dalk kan ons ontmoet as ek nog hier rond is. Ek gaan ook weg in December, maar weet nog nie die datums nie.
Ek bly in Vioolsdrift. Helskloof pas is glad nie erg nie. Ek was lank las daar so weet nie nou hoe erg dit nou is. Soms word hy met die reen a biekie slegte, maar is heel reg om aleen te ry.
Road to Hell is n ander storie en ek sal nie aanbeveel dat jy hom aleen te ry nie. Ek sal Maandag by my baas hoor en vir jou laat weet. Hy het hom vandag gaan ry saam n paar vriende. Hy is op die SA kant Pella se kant toe.
Laat weet jou datems wat jy die kant toe kom, dalk kan ons ontmoet as ek nog hier rond is. Ek gaan ook weg in December, maar weet nog nie die datums nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Vreeslik dankie Froll. Waardeer jou moeite.
Plan is om die oggend van die 15de Des vroeg weg te wees van Springbok sodat ek voor donker by eksteenfontein kan wees. As ek jou email adres kan kry kan ek in die week voor ek ry jou kontak en plan maak om jou te ontmoet.
Het nou meer moed om daardie roete te ry, weereens dankie
Plan is om die oggend van die 15de Des vroeg weg te wees van Springbok sodat ek voor donker by eksteenfontein kan wees. As ek jou email adres kan kry kan ek in die week voor ek ry jou kontak en plan maak om jou te ontmoet.
Het nou meer moed om daardie roete te ry, weereens dankie
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
DANKIE OOK VIR CPRINSLOO
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Mud Dog
- Moderator
- Posts: 29859
- Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
- Town: East London
- Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
- Real Name: Andy
- Club VHF Licence: HC103
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Welkom hier, Hennie!
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.
Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!

- Baasvark
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1376
- Joined: Mon Aug 01, 2011 7:45 pm
- Town: Virginia
- Vehicle: '97 D/C with all the trimmings & 2011 Troopy
- Real Name: Shane
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Welkom Oom Hennie!
Aint it ironic that "Common Sense" aint so common after all...
- batavia
- High Range 4WD
- Posts: 61
- Joined: Fri May 09, 2008 9:53 am
- Town: Mossel Bay
- Vehicle: Toyota
- Real Name: Christo
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hennie
As ek lees oor jou 4x4 geskiedenis behoort jy nie probleme te hê nie. Daar is wel twee Helskloofpasse. Die een vanaf Vioolsdrift aan die ooste en dan ook een aan die weste oppad na die Helskloof Hek. Die hek is so paar km suid van Sendelingsdrift. Die Road to Hell is nog verder oos. Klein Pella se wereld. Doen nou eers die eerste twee dan join ek jou met die road to hell. LOL.
Vat dit stadig en geniet dit.
Christo

- Enrico
- High Range 4WD
- Posts: 37
- Joined: Wed Feb 23, 2011 10:04 pm
- Town: Springbok
- Vehicle: Hilux 2.5 d4d 4x4 D/C, TJM Front Bumper, Frontrunner Rear Bumper & Wheel Carriers, LASport Canopy, Leveling Kit, BF Muds
- Real Name: Enrico
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Daar's eintlik 3 Helsklowe. Kan bietjie verwarrend wees. Kom ons begin oos van Vioolsdrift.
1. Road to Hell; Dal van tien duisend dansende donners duiwels - stroom op van Vioosdrift, slegs vir baie ervare 4x4 bestuurders, met genoeg backup en regte voertuie.
2. Helskloof se hek, in Nababeep Natuurreservaat, tussen Vioosdrift en Eksteensfontein. Die plaaslike gemeenskap ry die pad met hul Datsun bakkies, dus geen probleem vir 4x4.
3. Helskloof naby Sendelingsdrift in Richtersveld Nasionale Park. Dis ook waar jy die baie bekende Aloe pearsonii kry. Hulle behoort blomme te he as julle Desember daar is. Die hele kloof lyk dan asof dit aan die brand is met die rooi en geel blomme. Meeste mense ry die pas af met geen probleme. Mag anders wees as jy hom op moet ry in die reen.
1. Road to Hell; Dal van tien duisend dansende donners duiwels - stroom op van Vioosdrift, slegs vir baie ervare 4x4 bestuurders, met genoeg backup en regte voertuie.
2. Helskloof se hek, in Nababeep Natuurreservaat, tussen Vioosdrift en Eksteensfontein. Die plaaslike gemeenskap ry die pad met hul Datsun bakkies, dus geen probleem vir 4x4.
3. Helskloof naby Sendelingsdrift in Richtersveld Nasionale Park. Dis ook waar jy die baie bekende Aloe pearsonii kry. Hulle behoort blomme te he as julle Desember daar is. Die hele kloof lyk dan asof dit aan die brand is met die rooi en geel blomme. Meeste mense ry die pas af met geen probleme. Mag anders wees as jy hom op moet ry in die reen.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie Christo en Enrico vir julle inligting.
Ek beplan al klaar vir volgende jaar die Junie / Julie skool vakansie (ek is 'n onderwyser) om die boonste deel van Richtersveld langs die Oranjerivier aan te durf. Hopelik kan ek mense kry wat belangstel waar ons dan regtig 4x4 gaan ry.
Christo, ek sien kans vir die Road to Hell as daar 'n klomp voertuie is wat mekaar kan help. Sal weer met jou gesels na Desember se trippie waar ek myself kan sien wie of wat is Richterveld. Met al my vorige toere was ons altyd twee of meer voertuie en dan is mens dapper om die onbekende in te gaan. My beplanning vir die komende vakansie was glad nie die Richtersveld nie, maar wel van Springbok na Clanwilliam via Calvinia terug Pretoria.
Gesels dan weer
Ek beplan al klaar vir volgende jaar die Junie / Julie skool vakansie (ek is 'n onderwyser) om die boonste deel van Richtersveld langs die Oranjerivier aan te durf. Hopelik kan ek mense kry wat belangstel waar ons dan regtig 4x4 gaan ry.
Christo, ek sien kans vir die Road to Hell as daar 'n klomp voertuie is wat mekaar kan help. Sal weer met jou gesels na Desember se trippie waar ek myself kan sien wie of wat is Richterveld. Met al my vorige toere was ons altyd twee of meer voertuie en dan is mens dapper om die onbekende in te gaan. My beplanning vir die komende vakansie was glad nie die Richtersveld nie, maar wel van Springbok na Clanwilliam via Calvinia terug Pretoria.
Gesels dan weer
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- cprinsloo
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 859
- Joined: Sun Jul 15, 2007 6:00 pm
- Town: Nelspruit
- Vehicle: 1998 D/C 4x4
- Real Name: Chris
- Club VHF Licence: X52
- Location: Mpumalanga
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hier's een foudie....
1998 Hilux D/C Lexus VVTi
- ThysdJ
- Moderator
- Posts: 16587
- Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
- Real Name: Thys
- Club VHF Licence: HC102
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hello Oom Hennie. Jammer ek kom nou eers op die thread af. Die plaaslike manne het klaar vir jou die antwoorde op jou vrae gegee, ek kan nie meer inligting byvoeg nie. Net dit, jy kan die Richtersveld alleen aandurf, maar moet voorsiening maak vir ekstra water en kosvoorraad sou iets gebeur. Solank jy op die hoof roetes bly en nie in "No Entry" paadjies inry nie behoort jy elke dag mense te kry wat verbykom wat hulp kan verleen.
In die Richtersveld, probeer om by Kokerboomkloof te gaan kamp opslaan, dis die saligheid self.... Ons was die afgelope Paasnaweek daar en het baie lekker gekuier.

Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...

- Kagiso
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 377
- Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
- Town: Benoni
- Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
- Real Name: Mac
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
O K .. welkom ook hier Hennie
Daar is 3 [DRIE] Helle se paaie ind die Richters gebied .
1) is Road to Hell wat Oos van die N7 snelweg op die Namakwa 4x4 roete is .. dis die berugte een wat Cruisers breek
2) Helsberg pas [of net HelsPas vir sommige] Hom gaan jy oor op die Namakwa 4x4 Roete tussen Vioolsdrift en Eksteen Fontein
3) Helskloof is binne in die Richtersveldt Nasionale Park op die roete vanaf RichtersBerg / Kokerboom Kloof ] OF die agterpad vanaf DeHoop kampterrein .. met Helskloof kom jy op die grootpad uit sonder om weer deur Reuning [aka Sendlingsdrift] aan die onderent van die park uit te gaan
Road to Hell is NET vir groepe met baie ervare manne tussen hulle .. nooit allen nie. Die ander ? Ja wel -- ek het hulle altyd met my SANI alleen gery, maar van ek die Prado het is ons groepie op die Uitreike
Ek kom jaarliks 2 x daar .. met ons Uitreike Richtersveldt toe. Gister teruggekom.
[fotos ? jippp, het baie maar dis te groot vir hierdie site]
O jaaaa - wou byvoeg .. daai dele wat jy lys is BUITE die Nasionale Park.. [Richtersveldt begin al by Goodhouse tot teen die see. Richters Park is n klein stukkie in die N N O deel van die R/veldt . en stuk loop in Nam in [Transfrontier Park]
Om al die pad te gaan en dan nie die Park te besoek nie... dis soos om die Spyskaart te lees maar niks te eet nie.

Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie Thys en Mac vir die raad
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Haboob
- Monster Truck
- Posts: 2484
- Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
- Town: King Williams Town
- Vehicle: Hilux
- Real Name: Edge
- Club VHF Licence: HC129
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Welcome Hennie, Enjoy the trip and the forum...
December is normally hot there so take plenty water to drink and have an extra spare wheel, as the road there can always claim a tyre...

HABOOB means "Dust Storm"
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Thanks Edge, See my new post
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Toppie4x4
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 836
- Joined: Sat Apr 06, 2013 3:38 pm
- Town: Centurion
- Vehicle: Hilux 4.0 V6 DC 4x4
- Real Name: Andre
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Ek volg die draad met groot belanstelling, was nog nooit daar nie, naby maar nie binne in die park nie???
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dis nou defnitief - allen of nie, warm of nie.
Ek is besig om my voorrade en toerusting bymekaar te maak.
Sal verslag gee as ek terugkom.
Ek is besig om my voorrade en toerusting bymekaar te maak.
Sal verslag gee as ek terugkom.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Kagiso
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 377
- Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
- Town: Benoni
- Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
- Real Name: Mac
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie vir die bel Hennie .. lekker ge tjat.
Is waar wat die manne sê .. dis hitsigge wereld daai .. GENOEG WATER - 5 liter per persoon minimum en dan vat jy drie dae se 'reserwe' water saam net vir nood gebruik
Al die ander dinge is gewoonweg KOMMIN SENS ,..
Ry en gaan geniet jou gate uit ..
ek en die kiekies klein maak ding werk nie lekker saam nie .. ek sal n paar op my Facebook Groep plak .. jy kan daar gaan kyk :-) [[ https://www.facebook.com/groups/198760076853727/" onclick="window.open(this.href);return false; ]]
Is waar wat die manne sê .. dis hitsigge wereld daai .. GENOEG WATER - 5 liter per persoon minimum en dan vat jy drie dae se 'reserwe' water saam net vir nood gebruik
Al die ander dinge is gewoonweg KOMMIN SENS ,..
Ry en gaan geniet jou gate uit ..
ek en die kiekies klein maak ding werk nie lekker saam nie .. ek sal n paar op my Facebook Groep plak .. jy kan daar gaan kyk :-) [[ https://www.facebook.com/groups/198760076853727/" onclick="window.open(this.href);return false; ]]
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie Mac vir jou ondersteuning
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- GI Jane
- Monster Truck
- Posts: 4019
- Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
- Town: Strand WC
- Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
- Real Name: Val
- Club VHF Licence: X112
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Het 2 weke gelede Helskloof pas gery, was nie te sleg nie. Moet sorg dat jou bande goed is, en net ingeval dit nodig is, dat jy 2 spaar bande saam het. Een van ons voertuie het 2 pap wiele gehad terwyl ons in die Richtersveld was. Gelukkig 2 spare gehad. Ander 2 voertuie geen probleem met bande. Maar liewers veilig, veral as jy alleen voertuig is.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie vir jou inligting, Val
Is reeds besig om ekstra spaarwiel te kry, moontlik verniet.
Is reeds besig om ekstra spaarwiel te kry, moontlik verniet.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Fanusl
- High Range 4WD
- Posts: 62
- Joined: Tue Nov 25, 2014 11:04 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: Hilux Revo DC Auto 4x4
- Real Name: Fanus
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Middag almal. Wil uitvind of dit nodig is om plek te bespreek in die park geduurende Des. en Jan ons is drie voertuie maar wil ons nie bind aan besprekings nie. Gaan so vir 12 dae in en om die park wees. Beplan so 6 dae in die park op 2 of drie plekke.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hallo Fanus
Soos jy al op my post gelees het dat ek en my vrou die enigste mense was behalwe die een dag besoeker wat daar was. Ek sou oorspronglik op Eksteenfontein oorgenag het maar toe besluit ons om deur te druk na die park. Nou vir daardie aand het ons nie bespreking gedoen in die park nie, maar het toe geen probleem gehad om te bespreek vir die aand nie. Ek wil amper sê jy kan maar daardie kans vat. Die mense was vriendelik en behulpsaam gewees. Sterkte met jou toer.
Soos jy al op my post gelees het dat ek en my vrou die enigste mense was behalwe die een dag besoeker wat daar was. Ek sou oorspronglik op Eksteenfontein oorgenag het maar toe besluit ons om deur te druk na die park. Nou vir daardie aand het ons nie bespreking gedoen in die park nie, maar het toe geen probleem gehad om te bespreek vir die aand nie. Ek wil amper sê jy kan maar daardie kans vat. Die mense was vriendelik en behulpsaam gewees. Sterkte met jou toer.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Fanusl
- High Range 4WD
- Posts: 62
- Joined: Tue Nov 25, 2014 11:04 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: Hilux Revo DC Auto 4x4
- Real Name: Fanus
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Dankie Hennie ons was daardieselfde tyd as julle in die weste deel maar ons het nie in die park in gegaan nie. Het dit baie geniet. Ek dink ook vir daardie tyd van die jaar sal ek so kans kan vat.
-
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1156
- Joined: Fri Jun 04, 2010 5:57 pm
- Town: Heidelberg
- Vehicle: Hilux 2.5 D4D
- Real Name: Koos
- Location: Heidelberg
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Ek dink ook aan daai koers Desember, wil graag weer die Namaqua Eko-roete doen van Pella - Alexanderbaai, hopelik sonder om die keer 5km draad om die propshaft te draai
- Kagiso
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 377
- Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
- Town: Benoni
- Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
- Real Name: Mac
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
ek is lus en ry oor twee weke sountoe -- gaan blomme kyk en net om aspris te wees -- met die Dwergie se Jimny te gaan en die dors Prado net hier te los .. Is daar iemand wat wil bondelslaan en "konvooi" saam Oompie en Dwergie?
Ek sal Sondag finaal weet en dan kom terugvoer.
Hennie Dowe Koos .. bel bikki en vertel hoe was dit toe jong?
Ek sal Sondag finaal weet en dan kom terugvoer.
Hennie Dowe Koos .. bel bikki en vertel hoe was dit toe jong?
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
- Fanusl
- High Range 4WD
- Posts: 62
- Joined: Tue Nov 25, 2014 11:04 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: Hilux Revo DC Auto 4x4
- Real Name: Fanus
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Roger ek hoop jy kan my help. Ek plan om Des. daar deur te kom hier van die kaap af. Wil die eerste aand daar in die veld(nie 'n kampplek) oornag. Volgens T4A is daar 'n plek so ent anderkant Growcery camp net soos jy klein Helskloof in gaan teen die rivier. Kan ek maar daar gaan staan en/of moet ek êrens toestemming kry. Hoop julle kan help.
Fanus
Fanus
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hallo Fanus. As daar iemand is wat kan help met inligting oor die Richtersveld is dit hierdie vrou - Volenti van der Westhuizen - haar nommer is 0278517108. Sy het my baie gehelp toe ek verlede jaar my vakansie beplan het. Hoop jy kom reg. Hennie
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- DeonV
- High Range 4WD
- Posts: 82
- Joined: Tue Jun 23, 2015 10:04 am
- Town: Hartbeespoort
- Vehicle: Hilux 3.0 d4d
- Real Name: Deon
- Club VHF Licence: HC229
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Goeie more Hennie en Fanus. Ek het Junie/Julie die hele Namakwa eco roete en oorgrenspark gedoen. Ek het maar, net om veilig te wees, al my besprekings deur Namakwa Eco Route se kantore gedoen, kostes is min genoeg. Die laaste ding waarvoor 'n mens lus is wanneer jy jouself afskakel van al die stads gejaag is om iewers in die veld te wees en iemand van parke kom vat jou aan omdat jy nie bespreek het nie. Hou maar jou permitte byderhand. Bakkrans grotte is 'n besonderse plek om een aand te oornag. Geniet die outing.
- Attachments
-
- DSC_0139.jpg (73.38 KiB) Viewed 6054 times
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Hallo Deon, stem saam met jou - ou wil nie sukkel nie. Volenti is juis betrokke met die hele Richtersveld se toerisme, in en buite die park. Dis hoekom ek haar naam gegee het. So Fanus, kontak haar maar gerus.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Fanusl
- High Range 4WD
- Posts: 62
- Joined: Tue Nov 25, 2014 11:04 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: Hilux Revo DC Auto 4x4
- Real Name: Fanus
Re: Bekendstelling en navrae oor Helskloof in Richtersveld
Baie dankie. Ek het al met haar gesêls en al die nodige reëlings getref. Daar is net die een plek waarmee sy my ook nie kan help nie. Dankie vir julle raad. Sien alweer baie uit na die trip. Darem maar 'n besondere wêreld daardie. Gaan nou vir die 4de keer daar rond wees.