Jakkalsgif - My kombers en jou matras

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Jakkalsgif - My kombers en jou matras

Post by ChrisF »

Jakkalsgif - My kombers en jou matras ('n goeie Afrikaanse stukkiedeur Prof Olivier)



Spesiaal vir al die 'ou' getroudes en vir die wat daaraan dink om te trou!


NÁ die seisoen van konfetti en trou-albums en katelbreektyd ontwaak 'n nuwe seisoen in die grootste gros huwelike. Dis die tyd wanneer kinders inbars en alles omgedolwe word. Geld, tyd en rus is min. Vurige twiste en noord-suid-opinies is volop. Wat eens lekker geruik het, word 'n stank. Wat mooi was, word afskuwelik. Wat slim geklink het, word beterweterigheid.
Soetlemoene verander in bitterappeltjies.

Dan, so 20 of wat jaar ná die konfetti-dag, wanneer die kuikens hoenders word en in hul eie weiland begin skrop, daag 'n ander seisoen op. Jeuktyd, kraptyd, byttyd, skaaftyd. Dis dan wanneer die huweliksbed se voeë begin meegee en die wiekelende konstellasie dreig om vloer toe te tuimel.

Ná jare van geldstryd en
kinders grootsukkel, sit die eens uitspattig- gelukkige huwelikspaar met mekaar opgeskeep. Bykans vreemdelinge. Of vyande.
Buitentoe lyk alles wel. Almal glo dit gaan góéd met ons. ("Ons" is 'n versamelnaam vir wie ook al aan die versameling wil behoort). Ons hét alles en ons lag en kuier, sing kerkkoor, stap met die hond, hou vakansie, koop saam-saam kruideniersware. Oënskynlik die perfekte verbintenis.

Maar agter die voordeur waar niemand sien of hoor nie, staan die pitsweer 'n goudgeel punt. Barstens gelade met sarkasme, sinisme, ondankbaarheid, erbarmloosheid, humorloosheid. Ons is áltyd gereed om te verskil en te beskuldig; te pik en te amputeer. Ysstiltes en 'n vrot atmosfeer is aan die orde van die dag.

En daar hang ons in die slagyster. Skei kan ons nie, want dis 'n geval van my kombers en jou matras en daar lê die ding. 'n Huweliksberader wíl ons nie, want niemand het energie vir 'n ellelange dermuitrygery nie. Dan maar deurdruk, hoe gallerig ook al. Solank niemand ontdek wat agter die gordynvoerings aangaan nie. Om te kompenseer vir die yskaslewe, pak ons allerhande vernietigende handvuurtjies aan vir hitte. Affairs, drank, pille, pornografie, koopsiekte, vreetsiekte, verenigings, oorgodsdienstigheid, werkoholisme. En noem maar op.

Ek en die ou gryse het al deur baie driwwe geswem. Enkeldiepte, borsdiepte, en soms watergetrap. Dat ons mekaar nie jakkalsgif ingegee het nie, bly 'n wonderwerk. En toe, tydens een van ons doodbliksem-gevegte, kom ons op die kwessie sowel as die oplossing af. Ek sê nie dit sal vir almal werk nie, maar vir ons het dit.

Die kwessie: Spasie. In sy wese bly die mens 'n eenling. Hy wil 'n sirkel om hom kan trek; 'n spasie waaroor hy, en hy alleen, baasskap het. En die huwelik het 'n rare manier om die mens sy eenlingskap te ontneem. Dis 'n cliché om te sê die huwelik is 'n eenwording van twee mense. Want twee mense kan nooit één word as elke eenling nie 'n heel mens op sy eie is nie. En as die mens van sy spasie beroof word, raak hy soos 'n hondsdol hond wat alles byt.

Die oplossing: spasie. Só baklei ek en die ou gryskop doerie tyd amper tot by die bottel jakkalsgif. Uit beboosdheid trek hy met klere, boeke, lessenaar en spanners na die spaarkamer op die boonste verdieping. En dáár bly hy vandag nog. Wat destyds 'n ek-bliksem-jou- sommer-dood-aksie was, het geblyk die antwoord te wees.

Sy kamer is syne. My kamer is myne. Hy kan snork en poep en televisie kyk wanneer hy wil. Ek kan snags my bedliggie aansit en slaapkouse brei as iets my ry. Ek kan dwars oor die bed slaap, en hy kan besluit hoeveel komberse hy oor hom wil hê. Niemand besweet niemand, en daar is nooit 'n nagtelike gestry nie. En dis salig om uitgerus wakker te word sonder 'n kierie teen jou rug. Of sonder 'n redeloos beneukte vrou langs jou. Die saligste bly die
op- en afsluipery met die trap. Soos outydse court. Sondagmiddag gaan lê ek in sy arm. Of ek skrik middelnag wakker as hy fluistervra of hy agter my rug kan lê, want hy verlang na my. Om boontoe te SMS dat ek my man in my kooi soek, of om sy brekfis trapop te dra en te gaan sê hy's my koning.

Nou se dae kan nie ek óf hy onthou waar ons die jakkalsgif gebêre het nie.
Want ek het my kombers en hy het sy matras. En nêrens lê 'n ding nie.
[Olivier, Prof Werner]
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Jakkalsgif - My kombers en jou matras

Post by jacques kotze »

Goed gestel, hoop dit help n paar mense wat na Jakkalsgif soek. :thumbup: :thumbup: :thumbup:
User avatar
TheoF
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 372
Joined: Sun Mar 07, 2010 4:02 am
Town: Mosselbaai
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D SC 4x4
Real Name: Theo Fourie

Re: Jakkalsgif - My kombers en jou matras

Post by TheoF »

baie goed dankie dat jy dit gedeel het
Post Reply

Return to “Humor”