Nadat ek en Bennie gesels het gedurende die week, besef ek toe eers wat ek alles gemis het deur nie hierdie forum te ondersoek nie. Ek was oorspronklik 'n lid by die 4xforum, en toe die 4x4forum (waar ek steeds ook onder Hiluxman deelneem), en nou hier, maar dit voel of ek tuisgekom het.
Hierdie forum bespreek die dinge wat 'n "regte" Hilux (SFA vir die wat nie weet nie) saak maak, en die ouens met die SFA's bly maar die grootste entoesiaste, sekfs al besit ons dalk eendag moderne hiluxe, sal ons seker steeds met heimwee en respek terugdink aan ons "ou Hiluxe"
Ek het ook al redelik met myne gespeel, het die 7MGE enjin ingesit nadat ek die 4Y met Mr Turbo EFI laat loop het, en toe meer krag vir die oop pad begin soek het.
Ek wil ook my remme opgradeer, maar verder is die voertuig in baie mooi meganiese toestand - bakwerk het al harde tye gesien, maar beleef 'n goue aftreetyd in my besit - ek sal mettertyd my ervaringe begin deel met julle, en hoop om ook baie van die ander lede se oulike idees te kan optel.
Alle mooiste wense!
Hallo daar!
-
- High Range 2WD
- Posts: 27
- Joined: Wed Dec 05, 2007 3:17 pm
- Town: Kyalami
- Vehicle: '89 SFA DC Botswana Spec
- Real Name: Arthur Burger
Hallo daar!
'89 Hilux DC 7mge Cressida Conversion
'96 Land Cruiser GX 4.5 OME Suspension, ECB bull bar and Warn Winch
'05 Subaru Forester 2.5 XS Premium
'96 Land Cruiser GX 4.5 OME Suspension, ECB bull bar and Warn Winch
'05 Subaru Forester 2.5 XS Premium
- Family_Dog
- Moderator
- Posts: 12702
- Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
- Town: Klerksdorp
- Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
- Real Name: Eric
- Club VHF Licence: HC101
- Location: Klerksdorp, NW
- Contact:
Re: Hallo daar!
Welcome Arthur!
Please post some pics & details of your Hilux in the Member's Rides thread :)
-F_D
Please post some pics & details of your Hilux in the Member's Rides thread :)
-F_D
White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4
One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage
-
- Monster Truck
- Posts: 5906
- Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '96 D/C Raider
- Real Name: Bennie
- Location: Doornpoort
Re: Hallo daar!
Welkom Athur
Ja Eric is ons wil bietjie prentjies sien, onthou ook om vir my al daai EFI pics te stuur soos ons gesels het.
Vertel die ouens bietjie meer oor jou voertuig se aftrede, ek dink jou voertuig het 'n trotse kerfstok om mee te spog

- Niel
- Moderator
- Posts: 7372
- Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
- Town: Cape Town
- Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
- Real Name: Niel
- Location: Bellville
- Contact:
Re: Hallo daar!
Welkom Arthur, geniet die forum. Sal graag wil hoor wat die lux bereik het.
Re: Hallo daar!
Hallo Arthur...
Hierdie is 'n vrek lekker forum... behalwe vir die ouens wat hier rondhang... (hulle is nie altyd lekker nie, liewer vir ou hiluxe as mooi vroumense).
Maar, hulle is erg entoesiasties... geniet dit hier, en vertel ons sommer baie van jou hilux. Ek het juis vir die klomp FHM modelle hier gese hulle moet padgee sodat ek nou op die forum kan kom gesels oor hiluxe...
Hierdie is 'n vrek lekker forum... behalwe vir die ouens wat hier rondhang... (hulle is nie altyd lekker nie, liewer vir ou hiluxe as mooi vroumense).
Maar, hulle is erg entoesiasties... geniet dit hier, en vertel ons sommer baie van jou hilux. Ek het juis vir die klomp FHM modelle hier gese hulle moet padgee sodat ek nou op die forum kan kom gesels oor hiluxe...
-
- High Range 2WD
- Posts: 27
- Joined: Wed Dec 05, 2007 3:17 pm
- Town: Kyalami
- Vehicle: '89 SFA DC Botswana Spec
- Real Name: Arthur Burger
Re: Hallo daar!
Baie dankie vir die verwelkoming van julle almal!
Ek het probeer om die Hilux se foto te laai, maar iewers het iets skeefgeloop. Ek belowe ek sal weer probeer, dan sal ek alle sappige stukkies info deel, en fotos van die EFI.