Baboons pass

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
VETTIE
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 18
Joined: Mon Aug 23, 2010 9:06 pm
Town: secunda
Vehicle: Hilux DC D4D 4x4
Real Name: RIAAN
Location: secunda, za

Baboons pass

Post by VETTIE »

Hi,

Het enige iemand onlangs die outjie aangevat?

Enige moets en moenies?

Groete
Whiteley
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 86
Joined: Tue Apr 30, 2013 11:21 am
Town: Kathu
Vehicle: 2011 Toyota Hilux D/C D4D 4x4
Real Name: Rudolph

Re: Baboons pass

Post by Whiteley »

Ekt al gehoor en gelees mens moenie hom ry as jy lief is vir jou voertuig nie. Met al die reen nou, sal ek se dis 'n risiko, maar eks geen expert.
User avatar
Skroppie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 94
Joined: Thu Apr 18, 2013 10:15 am
Town: Dalpark
Vehicle: Willys CJ5
Real Name: Dewald
Club VHF Licence: X220
Contact:

Re: Baboons pass

Post by Skroppie »

Hi Vettie

Ons was in December daar gewees, maar toe was die hele roete droog gewees so sal nie weet hoe hy nou sal lyk na so baie reen nie (kan net in dink dat dit baie exciting sal wees)

Ons was slegs twee voertuie en ek persoonlik dink jy moet ten minste drie voertuie wees...
Ons het in Ramabanta gekamp wat ons in staat gestel het om lekker vroeg in die pad te val (nie seker waar julle gaan bly nie, maar hoe vroeer jul kan begin hoe beter)
vat natuurlik meer as genoeg water saam (vir drink en die voertuie - met die BAIE KLIPERIGE pad ry die pad baie stadig)
Ons het gelukig nie bande verloor nie maar daar is 'n hele paar plekke gewees wat dit baie naby was - vat so veel as moontlik recovery gear om voorbereid te wees vir enige iets...
En 'n laaste ding wat ek geleer het van Lesotho - maak altyd seker jy het genoeg petrol, Petrol is glad nie volop daar nie

Verder... Geniet dit... dit was rerig een van die hoogte punte gewees vir ons
Bijl
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 66
Joined: Tue Jul 20, 2010 7:54 pm
Town: Bloemfontein
Vehicle: `87 dc 4x4 Hilux (import)
Real Name: Simon

Re: Baboons pass

Post by Bijl »

Ons het die pas laas jaar Desember gery, en om eerlik te wees ek het baie meer verwag. Ek het baie horribale stories gehoor van ewenaars wat mense verloor, oordra ratkaste wat daar agter bly ens.

Ek het dit in my 87` 4x4 Hilux gery, standaard suspensie wat al baie moeg is,glad geen lift of upgrades op die suspensie nie. Geen diffloc, vol gelaai met bagasie en water vir `n week vir 4 passasiers. Daar was geen probleme of erg uitdagings nie, om eerlik te wees was ek maar teleurgesteld in die pas.

Die ander voertuig was `n Nissan Patrol met 33 duim bande, Ironman suspension en daardie stasiewa het oor alles gedraf! `n Ongelooflike voertuig!

Langs die pad het ons paar motorfiets ryers gekry op hul pad terug, hul beveel ons toe aan om eerder om te draai want die pad vorentoe is onbegaanbaar. Moenie na sulke mense luister nie want dit was glad nie so erg nie!

Ons het die oggend 9:30h die pas binne gegaan en daardie middag 3h toe is ons uit.

My raad aan wie ook al hom wil ry:

Moet nooit alleen gaan nie, dis baie dom(en eensaam) om enige pas/roete/ uitdaging alleen aan te pak. Die ekstra voertuig gee mens net daardie nodige gemoedsrus.

Banddruk is baie belangrik - ek het op 1.2bar gery met 30 duim Khumo Mud terrains.

As die pad bietjie rof lyk, klim uit en beplan jou lyn. Vat jou tyd om die regte lyn te beplan want dis baie vinniger (en beter vir jou voertuig en bande) as om net te ry en vas te sit, dan weer vas te sit, dan weer vas te sit, dan pad te bou, dan daar uit jaag en lyk soos `n kompleet amateur. SFA Hilux manne jaar nerens uit nie! Nie net het ons nie die krag daarvoor nie, maar ons is beter as dit. :twisted:

Kry `n lekker fikse person wat die hele pad met `n SLR langs, voor en agter die voertuig hardloop want daar kom baie mooi fotos uit.

Die drywers kry nie lekker die uitsigte geniet nie want die pas vereis baie konsentrasie. Begin die pas lekker vroeg ry en stop gereeld.

Dis `n baie lekker pas om te ry en as jy rerig erg vasval is hulp nie baie ver weg nie!

Die balangrikste is geniet hom net!
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”