Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
- Thys de Jager - Fasiliteerder
Leerders:
Alro Van Der Spuy
Conrad Vorster
Jacques Malan
Jeremy Littlejohn
Richard Carolin
Herman Grobbelaar
David Watling
Dirk Kotze
Johan Fourie
Fad Gabriel
Nannie Lehmkuhl
Gideon Crous
Antoinette Ohlenschlager
Deon Crous
Saterdag 19 Mei 2012. Die dag breek grou en dis koud. Terwyl Anton Ferreira (Assessor) en ek (Fasiliteerder) nog besig is om ons lesinglokaal agtermekaar te kry begin die leerders een vir een opdaag. Met groot oe en vol afwagting oor wat vir hulle voorle oor die volgende 2 dae. Ek en Anton staan net en skietgebedjies opstuur dat dit nie Sondag moet reen nie. Die weerdienste se voorspellings word voordurend dopgehou, sodat ons alternatiewe planne in plek kan stel sou die reen ons vang.
Die groep bestaan hoofsaaklik uit mense wat gereeld lang toere (overlanding) doen of graag wil doen. Die jonger garde val in die "klou-en-grou" kategorie, en dit vind aanklank by die kind in elkeen van die ander lede.
Op die kop 08H00 skop Wegry 4x4 Akademie se heel eerste opleidingsessie vir US254135 in die Weskaap amptelik af. Die leerders luister aandagtig en die deelname in die hele leerproses is 'n riem onder enige fasiliteerder se hart. Teen die eerste "smoke break" is almal op hulle gemak, en begin die groep lekker met mekaar gesels en idees uitruil.
Teen middagete se kant is daar 'n lekker buzz in die groep soos almal saampraat, vrae vra, opinies lug en deelneem aan groepbesprekings. Gerrie van Eeden kom loer gou in, om te hoor of almal darem okay is. Teen 16H00 is ons klaar met al die lesings, en almal kry hulle "huiswerk". Ons beplan ook die volgende dag, en hou duim vas die reen kom beduiwel nie ons prakties die volgende dag nie.
Sondag 20 Mei 2012. Die groep ontmoet by Vaatjie naby Atlantis vir die praktiese deel van die opleiding. Die dag is weereens grou en koel, maar die weer lyk of dit wil ooptrek in die weste. Dis altyd 'n goeie teken. Nadat Anton vir ons die pletterstoppe gedoen het, en almal die effek van 4x4 en banddruk op stopafstande eerstehands waargeneem het, vertrek ons na die lapa. Binne sekondes brand 'n yslike vuur en word lekker boskoffie bedien. Terwyl almal opwarm en nes skrop word administratiewe takies afgehandel en die formele eksamen begin in alle erns. gelukkig het almal hulle huiswerk goed gedoen en die eksamen verloop sonder enige probleme.
Daar is weer 'n beroering in die geledere toe ons die banddruk oefening doen, en toe begin die regte pret. Die "stall start" assessering word op 'n reuse wipplank gedoen, met my wat die lootjie trek om eerste te demonstreer, en daarna oor te ry. Ek het al wipplanke gery, maar hierdie outjie vat die koek! Die spanning en senuwees is duidelik op die gesigte van sommige leerders te bespeur, maar ons verduidelik mooi dat die oorry net vrywillig is. Skielik is almal baie verlig. Daar is egter 'n paar brawe manne wat besluit om dit te probeer, en hulle kry sommer 'n les in "driving guided" ook, want op die wipplank kan die bestuurder glad nie sien waar hy ry nie.
Die eerste deel van die roete loop tot by 'n groot sandhoop waar ons 'n lekker moeilike roete uitle. Hier kom die eerste geleentheid vir 'n herwinning toe Fad se Jeep Cherokee in die sand vasval. Herwinningstoerusting word uitgepak, en ons laat die groep aan hulle eie lot oor om 'n veilige herwinning te doen. Hulle slaag die toets ook, ten spyte van die feit dat 'n graaf en bietjie sweet genoeg sou gewees het om die Jeep los te kry. Antoinette en Nannie in die groen Land Rover doen ook hulle ding en na kort beraadslaging oor ratkeuses en wanneer om die vet weg te trap, seil die groen mamba soos 'n vetgesmeerde blits oor die roete.
Terug by die lapa braai ons 'n worsie en word middagete genuttig, terwyl ons verder seker maak dal al die pampierwerk agtermekaar is, en al die handtekeninge in plek is. Na ete vertrek ons op nog 'n ry sessie waar die groep nog 'n paar hindernisse ry, en heelwat herwinnings doen. Veral Oom Dirk se Subaru Forrester word redelik rondgesleep deur die dik sand. Sy ou pensie sleep op die grond want die spore is diep uitgetrap.
Teen die tyd dat ons terugkom by die lapa is die son al laag in die weste, en word die laaste formaliteite afgehandel, bande opgepomp en sertifikate uitgedeel. Die groep as 'n geheel glimlag van oor tot oor, tevrede dat hulle 'n fantastiese naweek agter die rug het en baie geleer het. Ons neem gou 'n groepfoto, ruil kontakbesonderhede uit en maak afsprake vir toekomstige uitstappies. Die samewerking in die groep was iets om te aanskou, veral in aggenome die diversiteit van die groep in terme van ouderdomme en agtergrond en kultuur. Teen sterk skemer pak Anton en ek die laaste toerusting in ons karre en vat ons die pad huis toe. Die naweek was een reuse sukses, en dis alles te danke aan die fantastiese groep leerders wat aangemeld het vir opleiding!
Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
- ThysdJ
- Moderator
- Posts: 16587
- Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
- Real Name: Thys
- Club VHF Licence: HC102
- Location: Brackenfell
- Contact:
Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Lekker Thys, lyk my julle 'Capies' het dinge aan die gang daar
- ThysdJ
- Moderator
- Posts: 16587
- Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
- Real Name: Thys
- Club VHF Licence: HC102
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Ongelukkig net geen Hilux4x4 manne onder die groep nie...
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Behalwe jy........ofThysdJ wrote:Ongelukkig net geen Hilux4x4 manne onder die groep nie...
- Johannes van die See
- Monster Truck
- Posts: 2194
- Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Ek stel steeds belang om die kurses een of ander tyd te doen maar ai, my timing!
Eendag........
Eendag........
- ThysdJ
- Moderator
- Posts: 16587
- Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
- Real Name: Thys
- Club VHF Licence: HC102
- Location: Brackenfell
- Contact:
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Ek en Anton is albei H4x4 Club lede... maar ons is staff..OOOOMS wrote:Behalwe jy........ofThysdJ wrote:Ongelukkig net geen Hilux4x4 manne onder die groep nie...
Ek het darem van die geleentheid gebruik gemaak om Hilux4x4 penne uit te deel onder die Hilux en Fortuner bestuurders.
Ons wag vir jou Johnny!!
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.
2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za
Like Team Offroad on Facebook...
- Blackadder
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 306
- Joined: Mon Sep 13, 2010 8:12 am
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Fortuner 3.0 D4D, Ironman Bumper, OME, Dual Battery, BFG'S, TJM Snorkel, Navstar 220 29mhz radio, LAS Pro Rear Bumper, Frontrunner Roofrack
- Real Name: Thinus
- Club VHF Licence: X82
- Location: Centurion
Re: Wegry 4x4 Akademie Mei 2012 Weskaap Opleiding
Lyk vir my die kursus is net vir bo-sestigers :problem: :problem: :problem: