Page 1 of 1

Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Sun Jan 03, 2010 10:43 pm
by Leeu
Hi almal, ek en my gesin het die desember by Tshipise in Limpopo gaan kamp, en Saterdag, met die terugkom huis toe, 40km diskant Polokwane, toe oorverhit my bakkie, met die karavaan agteraan. Die versekering sleep ons toe in na Polokwane, maar daar sit ons toe, geen onderdele plek is oop nie en die motor werktuig kundige weet nie eintlik wat fout is nie, om 'n baie lang storie kort te maak, my vrou se neef kom haal ons toe en sleep my lorrie met sy V6 Audi en ons is met die lorrie terug in Pretoria, rondom 24:15. Dit was 'n nagmerrie om gesleep te word in die nag, in die reen, in besige verkeer teen 120km/h. Ek sal nou my lorrie moet invat om te kyk wat fout is, hy het twee keer baie warm geword, maar daar is nie olie op die "dipstiek" nie, die laaste keer toe ek gestop het, het daar witrook uit die uitlaatpyp gekom, wat dink julle is dit, en hoeveel sal dit kos om reg te maak? baie dankie, groete Nico (my karavaan staan nog in Polokwane en moet hom teen Dinsdag gaan haal, anders betaal ek stoorgeld) :clap:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Sun Jan 03, 2010 11:25 pm
by Mud Dog
Van die diesel manne sal jou daar moet raad gee Nico, maar dit klink nie goed nie, veral as die enjin sonder olie geloop het. :think:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 8:34 am
by JohanM
Nico,

Dit klink asof jou Hilux sy Headgasket geblaas het. Die rede hoekom hy heel moontlik warm geword het is omdat hy sy olie verbruik en so het hy oorverhit agv nie genoeg olie om alles genoegsaam te lubricate nie en dus het die water temepratuur gestyg en toe blaas hy die headgasket.

Die witrook wat uitgekom het, is heelmoontlik die laaste olie wat in die enjin was wat hy uit gebrand het. Dit wil vir my klink asof jou voertuig 'n breathing probleem het in die enjin dat hy al die olie so verbrand het.

Die regte manier om die ding te benader is om die enjin se bokant oop te maak en dan te kyk vir wear en al daai dinge in die sleeves omdat as jou enjin so warm gekry het, sal die ringe gaan le het en dit kon moontlik merke in die sleeves gemaak het.

Kortom, maak die enjin oop, maar wees bereid om die enjin te herbou avhangende van die skade.

PS: Hoe gaan jy jou karavaan haal in Polokwane??

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 8:59 am
by Leeu
Hi Johan, die enjin het nog olie in, miskien het ek nie mooi verduidelik nie (die olie vlak is presies waar dit moet wees, geen water in olie). Op pad terug, toe ek gesleep is het die enjin ge-idle, geen probleem en ook nie warm geword nie. Hoop maar net dit is net die gasket. Groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:09 am
by Kaspaas
Jis Nico,

As jy wil kyk of jou headgasket gegaan het, maak jou radiator vol water, los die fillercap oop, en laat die bakkie idle tot op temperatuur, as jy dan borreltjies sien opkom in die radiatorcap opening(ek neem aan jou fillercap is ook op die thermostat-housing?) dan het jou headgasket gegaan.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:19 am
by Leeu
Hi Cobus, sal sommer nou die toets gaan doen, ja die filler cap sit bo die thermostat, sal dit werk al is die thermostat uitgehaal. die werktuigkundige het die thermostat uitgehaal. het ek 'n aluminium of cast iron blok, dit lyk na cast iron? groete nico (een plek het, sonder om te kyk, 'n kwotasie gegee van R3000, kan dit reg wees, arbeid is R1200)? Groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:23 am
by Leeu
Hi, ek hoop maar die skade is nie te veel nie, sien geen water in die olie nie, en die lorrie idle sonder om regtig warm te word, word net warm as ek ry met hom. ek wil ook nie meer skade veroorsaak nie. nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:34 am
by JohanM
Nico,

het jy gesleep met jou Hilux sonder dat hy 'n termostaat ingehad het of het julle hom nou uitgehaal toe hy warm geword het???

Ek vermoed jou hilux het dalk 'n leaking headgasket wat wil ingee. Geen olie en water gemeng beteken dat hy nog nie die waterjacket op die headgasket deur geblaas het nie. Ek sal jou aanraai om die Bakkie te laat staan en uit te vind wat fout is voordat daar nog skade kom.

As jy oorvehitting kry sonder 'n termostaat moet jy onthou dat die werking van die termostaat is om die druk in die waterverkoeling systeem te handhaaf. Die manier hoe 'n enjin afkoel is water gemeng met antifreeze onder druk lei tot meer temperatuur stabiliteit en 'n kookpunt van omtrent +/- 120 grade.

Gewone water sal al begin kook teen 98 sonder enige druk.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:42 am
by Leeu
Johan, ek het gesleep met die termostaat in, dit is eers uitgehaal na die tyd. die termostaat het gebreek, wat miskien gebeur het met die baie hitte.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:47 am
by JohanM
Nico dit gebeur, hulle raak ook oud en steek soms vas. Doen jouself net die guns en dring aan op 'n OE toyota Termostaat. Ek het al te veel gesukkel met Pirate parte in verkoeling stelsels.

Hoe kry jy jou Karavaan by die huis??

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 10:51 am
by Leeu
Johan, ek het gelukkig 'n neef in Pietersburg en Bertus het vanoggend die wa gaan haal en staan nou by sy huis. Baie dankie vir die raad, groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 11:11 am
by Kaspaas
Nico, :think: ,
Ek neem aan dit behoort die borreltjies te maak sonder die thermostat, maar moenie met die bakkie nou ry nie, hy sal dit vir jou wys met idle-revolusies.

Hou vir jou Duim vas!

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 11:25 am
by andrevt
ek het dieselfde probleem met my KZ gehad en die oorsaak was n gekraakte head gewees kontak vir henk by SAC vir meer raad
08323444808

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 11:49 am
by Hoppy
Die kanse is 90% dat die top gekraak is, dis wat die moeilikheid op daai enjins veroorsaak.
Gelukkig is daai toppe redelik goedkoop.
As jy hom vervang, vervang ook die verkoeler met n aluminium een van die 1999 tot 2005 Hilux 2.4 D.
As hy teen bulte warm word dan maak ek ook die waterpomp pulley kleiner sodat hy vinniger draai.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 12:45 pm
by Kaspaas
Allen, pas daai aliminium radiator netso in? want die uit- en inlate van daardie (plastiek en alminium radiators) is nie die selfdie nie.
Ek neem aan Nico en myne is die selfde, en ons uitlaat is onder aan die radiator(bestuurder se kant) met n 90grade elbow. hoe kry ons die plastiek uitlaat in n elmboog verander?

Of wag n bietjie :think: :think:
....ek neem aan ons moet n mod doen op daardie eksta stukkie J-metaalpyp (wat tussen die outlet van die radiator en inlet van die enjin is nie) wat langs die raditor vasbout ne?,

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 4:59 pm
by Leeu
aggenee Allan man, ek probeer positief wees en nou mors jy alles op :evil: My lorrie gaan more oggend in. Ek het klaar rond geskakel vir 'n nuwe head en die goedkoopste is R3260. Dan moet die valves en alles oorgebou word, wat nog seker R1900 gaan kos. Het iemand nie een wat ek kan oorkoop nie?

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 5:21 pm
by Leeu
Thanks Andre, ek het toe met Henk geskakel en hy het my van raad voorsien. Ek hoop net dis die gasket. Dan kan ek my karavaan gaan haal wat agter gebly het, nog in die week. Groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 04, 2010 5:26 pm
by Hoppy
Die radiator pas netso, die pype is op dieselfde plekke, jy moet net 4x 8mm gate boor om hom vas te sit.

As dit net jou gasket is, is 2010 n gelukkige jaar vir jou!.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 9:37 am
by Leeu
Hallo Allan, hoekom dink jy het ek 'n ander radiator nodig, omdat ek karavaan sleep of omdat hy warm geword het of oor dit 'n probleem is op die Hilux? Ek moet jou inlig dat my lorrie nooit warm word nie. Die radiator het so twee jaar terug gelek en toe het die enjin warm geword, die radiator het toe so boepens getrek, seker maar van die hitte, maar nadat dit herstel is, het die lorrie weer op die regte temperatuur gery. Miskien oor ek gesleep het, dat dit nou gebeur het, weet nie?

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 9:38 am
by Leeu
Allan, vergeet om te vra, wat kos so 'n alu radiator? sal later kyk daarna, is nou te broke en wil net die lorrie regkry. Groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 3:07 pm
by Kaspaas
Nico,

Ons 2.8D het soveel probleme met oorverhitting gehad dat die 3L enjin met omtrent 3 of 4 verskillende radiators uit gekom het, van 1994 tot 1998.
Ek sit met die probleem om n brass ene (wat oorspronklik is ) te kry want die goedkoopste in my valley is R2600!! :crazy:

Maar die Plastiek & Aliminium ene, wat baie beter is, kos maar net R1500, so ek gaan defenitief myne nou vervang, by ons is dit vandag 51 grade celcius, so ek weet my ou yster het al die koue water, wat hy kan kry, nodig.

Ek sou verkies het om een van Hoppy se custom radiators te kry, maar ek sukkel om n lift vir dit te reel na my toe. :think:

Oja, voor iemand daarop comment, eks is besig met n ontwerp vir n panzer bumper, om die spots weg te skuif voor die radiator.... :twisted:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 3:17 pm
by DOELLOOS
Tune die ligte op die dak my bra...

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 7:25 pm
by Leeu
My lorrie se head is gekraak :sick: :sick: ek sal nou moet probeer om hom by oom Eddie in JHB uit te kry om te kyk of hy dit kan "weld" en toets of dit sal werk. 'n nuwe head kos R3260 hier in Pretoria, dis 'n skoon head, dan moet al die valves nog oorgebou word. Het een van julle al suksesvol 'n head laat weld?

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 11:52 pm
by Mud Dog
In my experience, a welded or 'stiched' head will always fail agian. It's worth the extra cost now to replace with a new one .... less costs later (cheaper in the medium to long term) and less hassles. :wink:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 05, 2010 11:59 pm
by Mr_B
Besides getting the new head... diagnose and repair the source of the overheating... else you may sit with another cracked head... does the 2.8D use a viscous fan? If so it may well be worth checking the condition of the silicon fluid inside... a pretty easy job...

mr b

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Wed Jan 06, 2010 7:16 am
by DOELLOOS
Watse kleur is jou bakkie leeu? Klink my jy gaan lus wees om te verkoop...

:problem:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Wed Jan 06, 2010 8:41 pm
by Leeu
Aggenee Ewald, wat is nou 'n gekraakte head tussen vriende. My lorrie is maroon en ek dink hy is nog mooi opgepas. Jy is eintlik reg, het vandag vir vroulief genoem van verkoop, maar sal maar sien later. Koop jy net stukkende lorries, seker omdat jy vermoed ek wil haar weggee :lol: Julle almal was reg, ja die head is gekraak, en sal nie kan weld nie, dit kos te duur. Ek het vandag my ou head ingevat na Head Zone om die ou parte in te bou in 'n nuwe. Die radiator was geblok, seker die blerrie vuil water in Pretoria. Ek sal die radiator laat skoonmaak, ek het nog die oorspronklike koper radiator. Die thermostat moes ek ook nuut koop, die werktuig kundige het gese hy gaan gaaitjies boor in die ding sodat as hy nie oopmaak, dat daar nog water deurkom, kan dit werk? Die head is 'n B Class head, wat dit ookal beteken. Dit het 8 maande waarborg, waar die A Class meer kos en 12 maande waarborg het. Klink maar net na geldmaak :think:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 11, 2010 8:32 am
by Kaspaas
Nico, na jou head gekraak is, het ek my asem opgehou....

Woensdag het ek my radiator terug gesit, ,na sy reg-en skoonmaak, die viscousfan laat check deur die agente, en tor 80km gery en gebid dat ky head nog heel is, snaaks genoeg het als goed verloop en was ek bitter verlig, maar met my terug keer na Kakamas gister middag, het die heatgauge weer begin optel, nie kook nie, so net bo half het hy gaan draai.

Nou wonder ek, wat kan dit wees, want die radiator is nou reg? die viscousfan is okay, geen lekkasies nie, nuwe thermostat, die enjin is uitgespoel, nuwe antifreeze (Castrol), en hy wil nogsteeds nie hoor nie.

Kan ek nou maar aan neem dit is die airflow?
Moet ek eers Allen se raad probeer en n aliminium radiator insit?
Of kan my head nogsteeds gekraak wees? hoe reageer n gauge met n gekraakte head? :roll:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Mon Jan 11, 2010 9:09 pm
by Leeu
Hi Cobus, ek dink nie daar is enige toets wat gedoen kan word om verseker te weet die head is gekraak nie (het gehoor as jy die lorrie in die oggend start en hy mis vir 'n ommblik, kan die head gekraak wees, want dan is daar water op die pistons?), maar wel of die head gasket nie reg is nie. Hoekom vat jy nie jou lorrie na 'n plek soos Silverton radiators nie, weet nie hoe naby is jy aan 'n tak nie, want hulle doen 'n toets om verseker te weet of die gasket nog reg is.

Jy sal dalk ongelukkig die head moet afhaal en self kyk/ druk toets laat doen. Ek het nog nie my lorrie terug gekry nie, het ook eers die nuwe head Vrydag terug gekry. Dis 'n baie duur storie. Ek self weet eintlik nog nie wat verkeerd gegaan het nie. My radiator het so 'n jaar terug twee keer gelek wat die lorrie warm laat word het en dink dis maar 'n sameloop van omstandighede wat my lorrie laat kook het. Ek moet noem dat my karavaan 1,6 ton weeg en dit was baie warm temperatuur, buite.

Kyk, 'n Toyta breek nie sommer nie, maar die gebeure het my bang gemaak vir diesels. Ek sal die jaar vir my maar 'n 2,7l petrol lorrie koop en self aan hom werk. Hoop jy kom reg met jou lorrie, laat ons asb weet. Ek sal ook vir julle terugvoer gee na more, as ek my lorrie terugkry. Groete Nico

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Tue Jan 12, 2010 10:17 pm
by Rian
JohanM wrote:Nico,

het jy gesleep met jou Hilux sonder dat hy 'n termostaat ingehad het of het julle hom nou uitgehaal toe hy warm geword het???

Ek vermoed jou hilux het dalk 'n leaking headgasket wat wil ingee. Geen olie en water gemeng beteken dat hy nog nie die waterjacket op die headgasket deur geblaas het nie. Ek sal jou aanraai om die Bakkie te laat staan en uit te vind wat fout is voordat daar nog skade kom.

As jy oorvehitting kry sonder 'n termostaat moet jy onthou dat die werking van die termostaat is om die druk in die waterverkoeling systeem te handhaaf. Die manier hoe 'n enjin afkoel is water gemeng met antifreeze onder druk lei tot meer temperatuur stabiliteit en 'n kookpunt van omtrent +/- 120 grade.

Gewone water sal al begin kook teen 98 sonder enige druk.
:eh: Johan alles wat jy verduidelik maak sin ek verstaan net nie die deel waar jy se die "termostaat is om die druk in die waterverkoeling sisteem te handhaaf" kan jy asb. vir my se hoe werk dit?

Sover ek dit het met 'n termostaat bepaal dit die grade waarop hy oopmaak en toemaak soos bv 90*-95* dit se dit maak oop op 95 grade en weer toe op 90 grade. Die radiator cap's het gewoonlik iet op soos don't open when hot under pressure 90mpa.

Ma miskien verstaan ek dit nie reg nie.

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Wed Jan 13, 2010 12:15 pm
by Leeu
Hallo Cobus en ander, ek het toe gister my lorrie terug gekry en sommer al klaar 2 keer Alberton toe en terug moes ry met haar. Ek hoor sommer klaar 'n verskil, die enjin hardloop baie sagter, die lorrie het 'n klein bietjie meer krag, alhoewel ek haar nie nou wil jaag nie (miskien is dit verbeelding??) en sy hardloop baie koeler. Baie interesant, ek wys nou al lank my vrou, sodra ons op die snelweg ry, dan voel ek altyd na die temperatuur van die 4 x 4 ratkas se hefboompie en hy is so warm dat ons nie aan hom kan raak nie. Gister op die pad, was hy so koel dat ek eintlik nie eens kon voel dat hy warm word nie. Ek sal julle steeds terugvoer gee.

Het jy al enigiets uitgevind van jou lorrie se enjin?

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Thu Jan 14, 2010 2:04 pm
by Leeu
Aggenee, my lorrie moes vandag teruggaan na die werkswinkel :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:

Ek het omtrent 200km gery, glad nie warm geword nie, maar hy kook nou die water by die filler cap uit. Ek moes vanoggend nuwe head bolts gaan koop en WEER 'n nuwe head gasket (maar nou 'n payen) :evil: . Ek het die werktuigkundige gevra om weer die head af te haal en die nuwe gasket met die nuwe head bolts in te draai. Ons kon nie head bolts kry nie en het toe die oues gebruik en dis strech bolts, hoop maar dit sal nou werk. Die lorrie het nie warm geword nie, maar kook die water uit en sal naderhand leeg wees en dan begin kook.

Dink julle dis omdat ons 'n swak gasket gekoop het (Bisco set) en nie Payen gebruik het nie of is dit omdat ons die ou head boute gebruik het, want dis strech boute wat dalk beskadig was????????

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Thu Jan 14, 2010 2:24 pm
by Mr_B
Is the radiator cap not stuffed... if the cap is stoofed then the cooling system won't pressure... and the water will boil... and press out passed the cap... if it is stoofed it may well be the reason the engine cooked in the first place... have the cap pressure tested just to be sure... even if it's a new one... I've had a dud once many years ago on my Honda...

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 9:33 am
by Leeu
Hi Bretton, the mechanic removed the head again and found a leak on the gasket between two pistons. They are waiting for their eng. to test the block (that it is 100% striaght). I personally think it is because we re-used the old head bolts and used a stupid gasket set. I bought a Payen now, but was told that I should have bought a genuine Toyota head gasket. I also bought new head bolts, also not genuine Toyota head bolts. Hope my Lux is going this afternoon.

We also bought a radiator cap, not original Toyota, we even filed the housing to make sure it is 100% level, but apparantly it is sealing on the bottom part of the cap. The problem is, with the cap off, it was boiling water out, as if there is gas in the system.

Thanks for all the inputs. I hope it is not a problem on the block, does this block (3L) crack easily?

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 9:37 am
by DOELLOOS
I personally think that the blocks on these engines are soft, and will crack for no reason whatsoever. Might as well throw away the engine and sell the bakkie for R15,000. I will help you out here...

:twisted: :twisted: :twisted: :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 9:42 am
by Leeu
Never :wave: :wave:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 9:45 am
by Mr_B
When I rebuilt my 4Y... I used mainly aftermarket parts, but was advise to get an original head gasket and crank seals by Allan(Hoppy)... this I believe is important... on the previous rebuild(done by so called pro's) they used pirate crank seals, even after I asked for original ones... the rear main one started leaking before 1000km's was up... have you checked that the block surface is straight?? They can warp... rare... but it does happen... especially if the engine had an extreme overheat incident...

Ewald you are such a kansvatter!

mr b

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 10:05 am
by Leeu
Thanks Bretton, I will only know later today whether the block surface is straight. Unfortunatly the stealers doesn't have gaskets and head bolts, the gasket cost R990 and the head bolts R114 each x 14 = R1596 + R990 = R2586!!!!!!!

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 10:15 am
by DOELLOOS
R16000 then...

:twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 4:27 pm
by Family_Dog
Nico, ask them for discount. I generally get away with about 15% discount - every little bit helps.

FWIW, Payen gaskets do have a good reputation. We overhauled Hot Dog's 3Y cylinder head a while ago and I used a Payen head gasket and re-used the old cykinder head bolts, but then that was on a 3Y and I guess considering the higher compression ratio and temperatures on a diesel block it would be best to replace with new OEM spares.

Seems very exorbitant though, you might just as well consider replacing the engine with one of the aftermarket 4Y petrol engines that are available from Cubz at a good price. The previous owner of Hot Dog did just that, replacing the 2.4D motor with a 3Y petrol and the bakkie performs very well indeed.


-F_D

Re: Head gasket geblaas 2,8 D 3L

Posted: Fri Jan 15, 2010 4:55 pm
by Leeu
Hi Eric, baie dankie vir jou reply, die eerste keer het ek 'n ander head gasket ingesit wat by Midas gekoop is met die ou head boute. Die werktuigkundige se vir my nou, nadat hy die head weer afgehaal het, dat van die boute gerek het, hoekom hy nie die eerste keer dit gesien het nie, weet ek nie (nag werk). Hulle het die blok nagegaan en met 'n spesiale "tool" gesien die blok surface is "straight", so, dis die gasket en die ou head boute wat sekerlik dit veroorsaak het.

Ek kry my lorrie vanmiddag terug en sal julle dan terugvoer gee. Ek het 'n ander enjin oorweeg en het vanoggend 'n prys gekry van R8000 op so 'n nuwe enjin (4Y), maar dan se hulle ek moet 'n ander altenator en starter koop. Die probleem met 'n ander enjin is dan is die lorrie nie meer standaard nie, en ek haaaaat so 'n nie standaard opset. Ek sal maar liewer later die jaar my lorrie verkoop en 'n 2,7l IFS koop.

Groete

Nico