Page 1 of 1

Baltimore 4X4 Gesinsnaweek

Posted: Sat Jul 25, 2009 12:35 am
by DionWheal
Baltimore 4x4-Gesinsnaweek begin Donderdagaand 7 Augustus waar almal tente opslaan en registreer. Ons voorsien ook 'n gratis ete. Vrydagoggend begin die inligtingsessie 6:30. Ons doen 'n bergroete op die wildsplaas Oryx Ranch (waar die naweek aangebied word). Tydens diƩ roete is daar 'n boom identifiseringsvraelys wat ingevul moet word. Middagete. Hindernisbaan toe. Na die middag se pret by die hindernisbaan sluit ons die dag af by die kamp met 'n heerlike aandete.

Saterdagoggend begin ons weer 6:30. Ons doen dan die rivierroete en 'n speel-speel tydtoets waar die manne geleentheid gegee word om met die 4x4's te speel. Dit is 'n hoogtepunt. Middagete. Amptelike tydtoets vind plaas.

Ons keer terug kamp toe waar ons saam langs die kampvuur kuier en eet. Prysuitdeling vind plaas. Sondag na koffie en beskuit begin almal oppak en keer terug huis toe.

Ons koste beloop R650 per voertuig wat deelneem. R95 per volwassene per dag (Vrydag en Saterdag), R45 per laerskool leerder per dag (Vrydag en Saterdag). Geen ander verskuilde kostes.

Bring jou tent, kampstoele en eetgerei. Boomboek. Ons voorsien ook plastiese eetgerei. Daar is geen krag maar wel warm water in die badkamers.

Dit is regtig 'n ongelooflike lekker naweek.

Kontak: Elouise
084 814 0030
Koedoesrand DLU [mailto:kdlu@mweb.co.za]

Re: Baltimore 4X4 Gesinsnaweek

Posted: Wed Aug 12, 2009 1:06 pm
by DionWheal
En dit is wat julle gemis het!!!!!

Re: Baltimore 4X4 Gesinsnaweek

Posted: Wed Aug 12, 2009 1:18 pm
by DionWheal
and this!!!!