Page 1 of 1

Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 12:20 pm
by King Rat

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 1:05 pm
by hentey
Testosteroon...................Omdat die meeste bakkie bestuurders mans is,klink vir my heel moontlik. Ek was nog nooit skuldig aan padwoede nie.REGTIG................... :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel: :angel:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 1:23 pm
by Bushwacker
Dis net per ongeluk dat ek 'n bakkie ry :evil:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 1:33 pm
by CasKru
Hulle sit die pot heeltemal mis... die is die @#$@$ !#!# ander karre op die pad wat so stadig ry en nie vir mens wil plek gee as mens op hulle gat ry nie :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 5:48 pm
by 2.8 d/cab SFA
Not diesal drivers, we always take it rustig :lol: :lol: :lol:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 6:07 pm
by Gertc
Because speed is not a option with a diesel.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 6:15 pm
by ToyX4
Dan het julle nog nie n nuwe common rail diesel gery nie!

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 7:32 pm
by Bartho
Vind dit amazing hoe die ouens se attitude is wat met die 4x4's ry as jy met 'n padkar ry.

Moet erken dat hulle attitude stink, draai voor jou in en as jy enigiets probeer se dan vloek hulle jou :evil:


(klein mannetjie sindroom op sy beste)

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 8:30 pm
by Spartan
Is dit nou die bakkie se skuld? soos wapens wat mense dood maak en penne wat spelfoute maak en gaan hulle nou agv dit nou bakkies ook verban soos hulle met die wapens probeer wat is volgende :thumbdown: :thumbdown:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Fri Apr 24, 2009 11:20 pm
by Niel
ek het nie padwoed waarvan ek kan onthou nie :angel: maar daar is dinges baie stupid bestuurders daar buite en of ek nou met die karretjie ry of die bakkie ek raak net so de dinges in as die mense stupid bestuur en as hulle n teken of 2 vir jou wys ne Bartho :lol: So die voertuig maak geen verskil nie :evil:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Sat Apr 25, 2009 3:22 am
by Bartho
Jis Niel, het die vrou jou uitgeskop of wat :twisted:

Die tekens hou ek net vir spesiale mense 8 )

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Sat Apr 25, 2009 2:52 pm
by Niel
:lol: :lol: :lol:
Bartho wrote:Die tekens hou ek net vir spesiale mense
:shock: ok ok stop die lorrie :lol:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Sun Apr 26, 2009 10:05 pm
by BenHur
Man die maklik as mense net die basiese reël van die pad onthou.

"He who has the biggest vehicle with the heaviest bull bar has right of way"

:twisted: :twisted: :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Mon Apr 27, 2009 10:09 am
by Thabogrobler
BenHur wrote:Man die maklik as mense net die basiese reël van die pad onthou.

"He who has the biggest vehicle with the heaviest bull bar has right of way"

:twisted: :twisted: :twisted:
Works for me!

Mooi vertaal: Die blaar met die grootste wiele, ry eerste!

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Mon Apr 27, 2009 10:16 am
by 2.8 d/cab SFA
:lol: Nee, ons is net rustige mense, dis hoekom ons diesal gekies het. As ek will jaag, dan ry ek SWAMBO kar. :thumbup:
nowadays the roads/traffic means I keep up with M3 :lol: :lol:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue Apr 28, 2009 8:35 am
by dalkill
I display the same amount of roadrage in my bakkie or car. :D:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue Apr 28, 2009 8:43 am
by Hoppy
It is the other roadusers that doesn't know the rule:
"The one with the biggest wheels goes first!"

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue Apr 28, 2009 10:38 am
by BlumTRD
Ek is die selfde in enige voertuig , dit hang net af hoe ek voel daardie dag . :twisted:
En al voel ek heel rustig , sodra daar n persoon met acid :confused: gesig aanjaag oppie pad
dan wil ek baklei , selfs al ry hul nie voor my in nie , LET WEL (dit maak my die :evil: )maar voor ander mense in , druk hul vannie pad af . En veral waneer iemand indruk voor my of ander in die ry , ek gaan dan sover om sou as moontlik by die persoon uit te kom . Net om die persoon so bietjie bang te maak . En dit is waneer die groote van die Bakkie inkom en Bullbar :thumbup: .

Maar het jul al gesien Swambo's ry deesdae baie erger :wth: . Hul vattie-k@kkie .

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue Apr 28, 2009 8:21 pm
by legend35
Ek is baas agter my bakkie se stuurwiel :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 7:26 am
by dalkill
'n swambo in enigeiets grooter as cherry QQ3 is baie gevaarlik.
ek gee liewers pad vir hulle.
dis net die onvoorstelbaarheid oor die hele combinasie wat my bang maak. :D:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 1:07 pm
by Scorpion
Ja, maar dis omdat die poepols dink alle bakkies is diesels en daarom MOET hulle stadig wees. Dan druk hulle voor jou in en flash vir jou ligte, al staan die regterbaan amper stil, hulle dink jy hou hulle op. Mens kan nie anders as om kwaad te raak nie... :evil:

Ek het nou die aand 'n laaitie in 'n Audi A3 2.0T baie bang gehad. Ek ry van die werk af met Bosbeer en stop vir petrol (alweer...). Ry uit, kyk vir verkeer daar is niks en ry in die middelbaan in, want anders moet jy 100m verder links draai. Kom die snotkop teen seker 120km/h in 'n 60km/h sone op my afgejaag. Hy sit op my gat en flash vir seker 'n kilometer lank vir my ligte. Ek het probeer kalm bly, maar dit was net te veel vir my. Toe hy uiteindelik langs my intrek en vir my tekens wys en toe wil hy my van die pad afdruk met sy Dinky Toy... Toe verloor ek dit!

Ek het afgegear en met daai V8 teen seker 9000rpm op sy gat geklim. My nuwe Xenon ligte op bright gesit en hom "gejaag". Hy dog toe ek gaan skrik as hy briek, maar my bullbar is groter as sy ego en hy het net betyds uitgeswaai op of ek het vir hom nog 'n exhaust gery. Toe probeer hy wegjaag, maar Bosbeer was nie lus vir sulke speletjies nie. Ek het hom so 3cm gap gegee tussen my bullbar en sy agterrruit en daai laaitie het homself beskuit, want sy R330k kar wat pappie hom gekoop het kon net nie wegkom nie. Hy was baie apologeties toe ons by so 160km/h kom en ek hom nog druk. Daai laaitie se oë was groter as sy spieeltjie, maar iemand moet so snotkop maniere leer en hy sal NOOIT weer in sy lewe so iets traai nie... :shock: :evil:

Was net bly ek was nie sy ma wat sy broek na die tyd moes was nie... :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 5:55 pm
by Family_Dog
Scorps, then after all this you had to make a U-turn and limp back to the garage for some more petrol.... (again!) :twisted: :twisted:

That little snotkop must have had nightmares that night and lost all respect for his platkar (and nearly literally one as well...)


-F_D

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 6:50 pm
by Johan Kriel
Dit is omdat 49% van die mense nie kan bestuur nie :think:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 7:14 pm
by Bartho
ja, imagine nou ek het dieselfde attitude wanneer ek my Cruiser ry :crazy:

hy's twee keer groter as die gemiddelde hilux, moet ek dan nou ook vir die kleiner hiluxes van die pad af druk en se: eff jou - ek het sleg gery maar net omdat ek 'n groter voertuig het as jy kan jy nou maar maak wat jy wil maar ek kan maak soos ek wil :roll:

oi !!!!

moet erken ek verstaan nie die mentaliteit van party van die ouens wat gepost het in hierdie thread nie :thumbdown:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 7:49 pm
by Scorpion
Kyk, ek's nie trots op hoe ek gereageer het nie, Bartho, maar HY het MY met SY Audi van die pad probeer afdruk. En hy het MY tekens gewys, nie ek hom nie. HY het soos 'n maniak in 'n 60km/h sone op my afgejaag met 'n oop regterbaan langs my. En dan nog vir 'n kilometer lank op MY gat gesit en ligte flash. Nou wat nou? Moet ek vir so 'n poepol pad gee? Hy was seker 18 jaar oud en dink natuurlik hy is groot meneer en wou vir sy tjommie langs hom wys hoe hy 'n moerse Hilux van die pad afry.

Sorry, maar dis vir my net onaanvaarbaar. As jy hom jou wil laat intimideer het ek nie 'n probleem daarmee nie, maar hy gaan dit nie met my doen nie. Ek glo so mens gaan beslis nog ander mense se dood veroorsaak en hopelik het ek hom 'n les geleer, al was dit dalk nie die regte manier nie.

Ek ry gewoonlik baie rustig, maar word kwaad op die pad vir mense wat soos idiote ry. Ek bly gewoonlik kalm, maar wanneer iemand anders 'n fout maak en dan nog die audacity het om vir my tekens te wys en my lewe in gevaar te wil stel, wel dan flip ek... Ek weet dis stupid en ek werk daaraan, maar partykeer is dit nog steeds net te veel vir my... :oops:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed Apr 29, 2009 10:16 pm
by bosjakkals
:clap: Scorpion -Try n groter towbar :wink: :wave:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 4:42 am
by Bartho
Is dit nie juis waaroor die topic-header gaan nie ?

Dat as bestuurders in hul 4x4's ry dan sal hulle eerder agressie toon as wanneer hulle in hul platkarre ry omdat hulle voel hul 4x4''s is "groter en sterker" as die platkarre rondom hulle ?

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 6:51 am
by hentey
Hokaai stop die lorrie!!!!!!! Die topic gaan oor BAKKIES, en alle bakkies is nie 4x4 nie.Net vir die rekord indien KORTBROEK dalk hier lees.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 6:58 am
by hentey
Johan Kriel wrote:Dit is omdat 49% van die mense nie kan bestuur nie :think:
Die persoon wat daai berekening gedoen het,het nie die taxi's in berekening gebring nie.So kom ons maak die som weer!!!


$*#@&(67)+&^#@ =91.3% Klink vir my meer in die kol. :roll: :roll: :roll:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 9:42 am
by Niel
Johann, nice man :thumbup: :thumbup: leer die klein bliks@m n les.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 10:21 am
by Doctor V
OK OK, ek het nie padwoede nie - ek raak net moerse be-f$$%^^&*! Basiese padreels wat verontagsaam word - ry 60 in die vinnige baan, ry blatant oor rooi ligte, ry in geelstreep, ry oor stopstrate, - ek kan aangaan. Taxi's - ek praat nie eers nie - ek kry payback deur voor hulle in te druk of hulle n die geelstreep op sypaadjies te druk. Ek ry ook scooter en dan moet ek eers dink vir al die ander idiote. Ek vloek so hard en duidelik op mense dat ouens my al om verskoning gevra het as hulle idioties opgetree het.

Maar soos ek sê - basiese goed. Soos die ouens wat agter my huis die 4 rigting stoppe ignoreer en meer as 120 jaag in die pad. En my totale groot gunsteling. Die spoedgrens is 60, maar somtyds moet die verkeer vloei so ry asb 70. Want dand kry jy die poepolle wat 45 ry en daar is 300 karlengtes voor hulle oop....... en dan ry die idioot oor die oranje lig terwyl jy moet sit. :twisted: :twisted: :twisted: Gewoonlik van ek hulle weer erens en dan wys ek vir hulle die verskil tussen petrol en rempedale.

Goed, nou voel ek beter :lol:

En ek praat nie met totale onkunde oor motorongelukke en idioot bestuurders nie - in `n vorige lewe het ek gesien en gehelp as die dinges die fan strike - swartsakke is nie altyd vir vullis nie! :sick:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 10:49 am
by ThysdJ
julle ouens is hopeloos te aggresief... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 11:42 am
by dalkill
net gisteraand was ek amper so a victim van road rage.
Daar is mos nou al, vir die hoeveelste keer, 'n lorrie wat op die N1 sy vrag verloor het, toe staan die kaap stil.

Ek was in the platkar, Ek besluit nee wat, ek gaan liewers by my ma wag tot dinge bedaar want my bloeddruk sal dit nie hou nie. Oppad naa my ma to, staan die karra still oor kruisings en maak dinge nog erder. Toe raak ek mos $%#% en rui sommer op 'n one-way. Ek kon my ma sy huis sien van waar ek was, en die ompad sal my nog seker 20 min gevat het, en die one-way sal my net 5 seconds vat.

Toe vat ek maar toe die kans is ry daar op. Toe kom daar die corsa bakkie daar afgestorm. Ek sit my indicator aan om the wys ek draai af om pad te gee vir him (my ma se huis sit op die hoek), en hy druk my toe vas voor die hoek. Ek wys hom toe, in a baie kalm manier, man ek bly net hier, en wil net daar uitkom. Hy sit bankvas en skree dis 'n one way. Toe ek oor die pavement will klim, sien hy nee wat ek gaan nerens nie, en reverse so 2 meter en ek kon maklik verby hom kom. Ek rol my venster af en wys vir hom, man ek blui 5 tree weg, maar hou my koel die heeltyd.

As hy net beitjie afgeslack het, was alles OK. Ek weet ek was verkeerd, dis hoekom ek nie uitgeraffel het nie, maar as mens net so bietjie verstand gebruik, veral as almal in so stressed out mode is. 30 meter later sit hy maar weer bank vas by die kruising, en ek sit met lekker warm sop by die venster...

Man ek kannie wag om CBD toe te trek nie... uit almal die chaos.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu Apr 30, 2009 12:25 pm
by Doctor V
Dis hoekom ek met die scooter ry - ek haat dae wat dit reen want na verlede jaar se arm breek kan ek nie nog `n val bekostig nie. Noe moet ek maar net 30 mins vroeer ry in die oggend :think:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed May 06, 2009 7:46 am
by Umvubu
Ek raak die m#*r in vir die bestuurders van alle maak voertuie wat niks makeer wat teen 70km/h op die groot pad ry. :evil: Dis so bleddy lekker om dan met jy Hilux met die groot tyres en bullbar op sy gat te gaan sit en hom so bietjie aan te jaag. Die groot wit pupille in sy spieeltjie is die beste beloning ooit as hy skierlik die groot Hilux op sy gat sien afpyl. :twisted: Ek WEET dis verkeerd maar 'n ou kan net soveel vat. Ek ry elke dag van die plaas af dorp toe met 'n paar stywe opdraandes, (onthou ek ry nog met ' standaard 4Y) so jy het al die spoed nodig vir die opdraandes, en dan kom die poepole en ry 70km/h voor jou.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed May 06, 2009 11:07 am
by Niel
Umvubu wrote:groot Hilux op sy gat sien afpyl
Umvubu wrote:(onthou ek ry nog met ' standaard 4Y)
Umvubu wrote:Ek ry elke dag van die plaas af dorp toe met 'n paar stywe opdraandes,
Ek sien jy gebruik die woord "afpyl" en dan weer "standaard 4y" maar vir my gaan daai 2 konsepte nie saamm nie. Die 4y se ander naam is mos n mobile roadblock. :twisted: Sorry ek kon dit nie weerstaan nie :lol:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed May 06, 2009 5:54 pm
by Joshua
:twisted: Daar sal minder padwoede wees as mense net ordentlik wil ry.

Soos die ouens wat van voor kom in die aand, en as hy hier by jou is, dan gooi hy daai brights tot in jou oogkaste.
Dis wanneer ek wens my lorrie het 'n macgafter om binne 0.00003 sekondes te reageer en met 4 spotlights hom terug te blast tot by oom Daantjie in die Kallerhok.

Sorry ek kry nie eintlik Road Rage nie..... nie baie nie.... nie meer nie....

:oops: Ok ek werk daaraan. :oops:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Wed May 06, 2009 9:50 pm
by wim
Vat hom Flaffie :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu May 07, 2009 5:30 am
by Spartan
SIGNMAN wrote:Soos die ouens wat van voor kom in die aand, en as hy hier by jou is, dan gooi hy daai brights tot in jou oogkaste.
Dis wanneer ek wens my lorrie het 'n macgafter om binne 0.00003 sekondes te reageer en met 4 spotlights hom terug te blast tot by oom Daantjie in die Kallerhok.
Hulle is almal ook lekker braaf en cocky as jy hom aftrek, dis nou wanneer hy jou van agteraf bright as hy nou wil verbykom, maar dit stop gewoonlik na die eerste warm klap, en dan lyk dit gewoonlik of sy voertuig iets ingesluk het soos n turbo of super charger na dit, maar dan vang jy hom nie maklik weer nie want dan is hy aan geskakel en oorlewing dreif hulle.
Mense is darem so onbedagsaam as hulle op die pad is. Daar sal minder padwoede wees as party mense net so bietjie die grysstof tussen die ore wil gebruik. Jy gebruik en deël die pad met almal met jou gesin saam met jou sonder n probleem tot een aap en sy verstandlose chom alles kom op duiwel, en dan het jy nou juis die oggend goed op gestaan jou vlak van verdraagsaam is hoog en dan gebeur dit. Ek het al gewonder waar trek jy die lyn, is dit nou verkeer om jou cool te verloor met die mense :?: :?: :?: :think: :think: :think:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu May 07, 2009 6:54 pm
by bosjakkals
AHA

Nou eers verstaan ek hoekom ons mede lands burgers so oud word

"vang n taxi of n Baiesukkel" Wie stres die meeste? Jy of die ou op die baiesukkel. :twisted:

CJ

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu May 07, 2009 7:09 pm
by JohanM
Daar is makliker maniere om nie te stress nie.

1. Tint al jou Hilux se vensters met 50% tint.
2. Maak seker dat die Canopy se vensters amper pikswart getint is.
3. Sit jou tru spieeltjie op die gedompte posisie en los hom daarso.
4. Kry lekker musiek en goeie geselskap in die voertuig.
5. Ry asof jy op vakansie is, en almal gaan wonder hoe jy dit regkry om altyd "op vakansie" te wees.
6. Kyk net in jou kant spieels as jy wil begin bane verwissel. Geniet dit om te cruise en sien hoe maklik raak dit om nie road rage te he nie. Vergeet om spesiaal pad te gee teen 120 - 130 km/h uit die regterbaan as die platkar agter jou ry. Hy kan wag tot jy wil baan verwissel, hy kan in elk geval nie deur jou sien nie, so as hy haastig raak, ry bietjie stadiger tot hy om jou ry of ook begin kalmeer.

As dit nie werk nie, trek die handrem hoogop, skakel vinnig terug na 'n laer rat en rem dood, dan kan jy kyk hoe sy airbags afgaan omdat hy nie sy volgafstand hou nie..... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu May 07, 2009 7:33 pm
by bosjakkals
As dit nie werk nie, trek die handrem hoogop, skakel vinnig terug na 'n laer rat en rem dood, dan kan jy kyk hoe sy airbags afgaan omdat hy nie sy volgafstand hou nie.....


Hoe werk n baiesukkel se airbags? :angel:

CJ

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Thu May 07, 2009 8:13 pm
by pietpetoors
Ek stem met julle saam. Dit is hoekom ek verkies om met die bakkie Kaap toe te gaan en nie met die Tazz nie. Met die bakkie is almal sommer van die begin af versigtig vir jou en is dit baie makliker om oor die weg te kom. Die bullbar help ook om ander te laat verstaan dat hulle nie voor jou moet indruk nie.

So ja, ek is skuldig daaraan as ek in die bakkie ry.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue May 12, 2009 8:10 am
by Umvubu
Met vandag se potholes het jy 'n bakkie nodig & asook om jou so half teen ongure elemente op ons paaie te beskerm. Ek + padwoede = Perfekte kombinasie. :twisted:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue May 12, 2009 11:33 am
by dalkill
Umvubu wrote:Ek raak die m#*r in vir die bestuurders van alle maak voertuie wat niks makeer wat teen 70km/h op die groot pad ry. :evil: Dis so bleddy lekker om dan met jy Hilux met die groot tyres en bullbar op sy gat te gaan sit en hom so bietjie aan te jaag. Die groot wit pupille in sy spieeltjie is die beste beloning ooit as hy skierlik die groot Hilux op sy gat sien afpyl. :twisted: Ek WEET dis verkeerd maar 'n ou kan net soveel vat. Ek ry elke dag van die plaas af dorp toe met 'n paar stywe opdraandes, (onthou ek ry nog met ' standaard 4Y) so jy het al die spoed nodig vir die opdraandes, en dan kom die poepole en ry 70km/h voor jou.
nee wat, ek weet wat jy bedoel... ek was nou kort by witsands... en daai n2 lyk my ry in the hemel in... dis net heewel, agter heewel. afdraand is dit 140km / hr, so dat ek dit weer die ander kant kan opmaak... toe sit daar mos nou 'n conquest, and ford bantam bakkie op hulle sunday cruise - 60kph OP DIE N2 !!!. Man ek kon sien die vrou in die conquest probeer - ek kon die panic in haar oe (soos 'n bokkie in jou headlights) sien toe ek so 140kph aankom om dit weer op te maak, maar dis nie aldag wat the lux iemand overtake opdraand nie :D:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue May 12, 2009 11:45 am
by Spartan
dalkill wrote:maar dis nie aldag wat the lux iemand overtake opdraand nie
Neeeeeee my ou pal jy moet saam met my en my boet kom ry, daar is min wat die lux verbygaan :twisted: :twisted: :lol: :lol:

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue May 12, 2009 1:07 pm
by Piesang
Nee kom ons wees nou eeklik as hulle praat van bakkies dan praat hul nie van die gewone ou wie se bakkie sy eiendom is nie.

Maar grootendeels van courier en besigheids drywers. Kyk maar hoe ry die ouens, want dit is nie hul eiendom nie. En die couries is gatvol gesit ins sy bakkie en nou jaar hy en almal moet die ont geld.

Wel en dan is daar tog ouens met bakkies wat dink die pad behoort aan hulle. Ek onthou eendag toe ek in 'n besige pad moes in met my plat kar, die bakkie wat op pad was was nog ver genoeg vir my om in te draai as hy sy normale spoed sou ry (ek slaap nie as ek in verkeer moet in draai nie, ek ry dat ek wegkom voor die verkeer) toe ek weer sien is die bakkie op my, maar geepad toe nie vir hom nie, want ek is klaar op die ou voor my. Die volgende oomblik kom dar 'n bronco van iewers op my afgejaar druk tussen die my en die kar voor my in blok my sodat die bakkie agter my kon verby terwyl daar op my gevloek en skel word. Die ou met die bronco was 'n besigheids man wat teen plattekloof gebly het en het hom verbeel die wereld behoort aan hom en die bakkie was een van sy werkkers. Ek het hul gereeld in spits vekeer gekry.

Nou as jy toelaat dat jou werkers so ry en jy self ry so dan sal bakkie bestuurders 'n slegte naam kry.

Re: Bestuurders van bakkies is meer geneig tot padwoede as ander

Posted: Tue May 12, 2009 3:04 pm
by Piesang