Page 1 of 1

Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 6:26 pm
by Liaan
Dag Mense!!

Ek nooi al die 4x4 manne/dames uit om ons dag by te woon.

Daar sal pryse soos slagskape, halwe slagskape en kleiner items wees!

Daar sal 10 Hindernisse wees waarvan 5 moeilik en 5 makliker gaan wees!

Bel my by Nul 8 2 323 4878

Groete

Liaan

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 6:43 pm
by Spartan
Jy weet julle sal dit ook net hou as ek nie daar is nie, sies vir julle wes-transvalers. Maar baie dankie vir die uitnodiging :thumbup: :thumbup: Waar gaan julle dit hou, want ek weet nie waar julle baan is nie, kom nie meer so baie daar nie.

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 6:48 pm
by ToyX4
Liaan, ek reken ek sal daar wees.

Die wat belangstel om dalk te gaan, Lichtenburg het n gawe vakansieoord waar julle kan tent opslaan. So kom join ons.

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 7:38 pm
by CasKru
Ek dink ek moet gaan binnekort moet kwaad raak... julle hou al hierdie goed juis nou wanneer Swambo op haar laaste is.... hoe de duiwel moet ek julle join? :twisted:

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 9:47 pm
by ToyX4
CasKru wrote:Ek dink ek moet gaan binnekort moet kwaad raak... julle hou al hierdie goed juis nou wanneer Swambo op haar laaste is.... hoe de duiwel moet ek julle join? :twisted:
Maak soos ek - los haar by haar ma :D:

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 9:56 pm
by Gertc
Cassie moet nie alleen voel nie. Myne is ook op haar laaste met haar laaste :mrgreen: 6Weke dan is die als verby. Geen versugtig ry om al wat 'n duikie in die pad is nie.

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Wed Apr 22, 2009 10:05 pm
by CasKru
Gertc wrote:Cassie moet nie alleen voel nie. Myne is ook op haar laaste met haar laaste :mrgreen: 6Weke dan is die als verby. Geen versugtig ry om al wat 'n duikie in die pad is nie.
Nog net 34 slaapies hier :)
ToyX4 wrote:
CasKru wrote:Ek dink ek moet gaan binnekort moet kwaad raak... julle hou al hierdie goed juis nou wanneer Swambo op haar laaste is.... hoe de duiwel moet ek julle join? :twisted:
Maak soos ek - los haar by haar ma :D:
En dan los sy my, by haar ma :evil:

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Mon Apr 27, 2009 8:31 am
by Liaan
Soos Riaan gese het, die vakansieoord is 'n puik plek om te bly, met 'n supertube en swembaddens en glybaan, chalets is baie bekostigbaar. As daar genoeg mense daar bly kan ons dalk bietjie afslag kry. Die opsigter se dogter was saam met my op skool.

Jammer vir die ouens met brode in die oonde, myne kom 24 Julie!

Cassie, Klerksdorp of Potch het puik hospitale, +- 1 uur se ry vanaf die baan.(met 'n kar nie 'n SFA nie)
Laai vir Swambo by my Swambo af. Dan gaan speel ons!


Inskrywingsgeld sal +- R100 beloop per voertuig.

10 van Lichtenburg se klublede sal elkeen 'n hindernis bou/uitsit. Die lid wat die hindernis gebou/uitsit marshall die al deelnemers en ry dan laaste die hindernis en word dan deur die deelnemers gemarshall. Net om alles regverdig te hou.

Die baan se ligging is :

Net voor jy in Lichtenburg inkom op regterkant draai af met die Manana pad, hou reguit vir +- 6km, pad word grondpad vir +- 4km, sodra jy wildheining op regterkant sien kyk regs, die bord is half weggesteek, gaan dan daar in.

Die baan bestaan hoofsaaklik uit delwershope met los maar gladde klippies(nie skerp klippe wat jou bande vreet nie).

Baie uitdagend in droee toestande.

Haal maar jou Excaliburs af as jy lief is vir hulle!!

Die baan sal so uitgesit word dat standaard voertuie goed sal vaar.

Daar gaan dalk ook 'n timetrail tipe event wees.

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Mon Apr 27, 2009 10:06 am
by Thabogrobler
Liaan wrote:Soos Riaan gese het, die vakansieoord is 'n puik plek om te bly, met 'n supertube en swembaddens en glybaan, chalets is baie bekostigbaar. As daar genoeg mense daar bly kan ons dalk bietjie afslag kry. Die opsigter se dogter was saam met my op skool.
Mmmm... Is sy oulik?

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Mon May 04, 2009 10:22 am
by Liaan
Ai Thabo, ek weet nie, baie lanklaas gesien!

Hoe lyk dit? Enige forum mense wat gaan deurkom?

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Mon May 04, 2009 11:39 am
by ToyX4
Liaan, ek glo ek sal daar wees. Herinner net die week voor die tyd asb, anders gaan ek vergeet

Re: Lichtenburg 4x4 Klub Kompetisie - 16 Mei 2009

Posted: Fri May 15, 2009 12:53 am
by ToyX4
Liaan, is ek blind, of het jy uitgelaat om te se hoelaat begin die storie?

Ek neem aan so 9uur 10 uur se kant. Hoeveel karre gaan daar wees?