Dual Transfer case

Discuss modifications on your 1979 to late 1998 SFA 4x4 Hilux here.
Post Reply
Thys
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Tue Aug 28, 2007 9:58 am
Town: Knysna
Vehicle: '93 Hilux 4x4 d/cab with ome susp other wise stock std
Real Name: Niel

Dual Transfer case

Post by Thys »

Die meeste weet wat die "pro's" is van 'n dual transfer case, maar is daar enige "con's".
Ek dink sterk daaraan om nog 'n t/case by te sit (het al klaar die transfer case, kort nog net die adapter plate) maar sal
graag wil weet of dit die moeite werd is en dat daar enige nadele is aan die convertion.
Enige insette sal wardeer word.
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Dual Transfer case

Post by Rockspider »

Ek het 'n dual case conversion gedoen op die Rock-Spider en was die lekkerste speelding wat ek ooit gehad het. Ek het een stap verder gegaan en die een box se ratios verlaag vanaf 2.7 na 4.7:1??? Kannie so lekker die ratios onthou nie. Dit is awsome en die voertuig klim moeiteloos by enigiets uit. Dit is onstopbaar.

Ek was maar altyd baie versigtig want met soveel torque dink ek is dit moontlik om sideshafts te snap.

Ek het gevind dat die gearbox erg whine as jy bv in 4H was so lang offroad trips waar jy in 4H ry kan dalk baie irreterend raak. Ek weet nie of almal s'n so is nie.

Die enigste ander probleem is dat jy moet leer om hom te ry. Jou ratios en spoed is so laag dat jy nie vinnig kan versnel om te keer dat die voertuig rol wanneer teen kwaai side slopes of so iets aflkim nie. Met die crawler ry jy soos die klip rol - reguit af.

Ek het ook nie die selektor furke gekry by Marlin nie en moes dit self maak. Maak net seker waar jou kierie ingaan en bestel dit by Marlin want jy gaan dit nie noodwendig kry nie.

Ek het gehoop om dit nou op Rock-Spider jnr te doen maar die 3RZ se gearbox split heeltemal anders en blykbaar het jy dan 2 adaptors nodig teen sekerlik dubbel die prys ook. Wanneer ek kan, doen ek dit weer!
User avatar
Vleispyp
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Thu Jun 12, 2008 11:48 am
Town: Kuils River
Vehicle: Gwm 2.8 4x4
Real Name: Charl
Contact:

Re: Dual Transfer case

Post by Vleispyp »

As ek mag vra Tys hoekom wil jy dit in sit?Is daar dan n plek waar jy regtig nie kan uit nie?En so ver ek weet is jy n spoed-man
GWM 2.8 4x4 Wie is jou China
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Dual Transfer case

Post by ThysdJ »

Vleispyp wrote:As ek mag vra Tys hoekom wil jy dit in sit?Is daar dan n plek waar jy regtig nie kan uit nie?En so ver ek weet is jy n spoed-man
Jy het die verkeerde Thys beet bra... Ek is 'n vinnige mannetjie ja, maar sekere goed kan mens NET stadig doen... :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
Thys
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Tue Aug 28, 2007 9:58 am
Town: Knysna
Vehicle: '93 Hilux 4x4 d/cab with ome susp other wise stock std
Real Name: Niel

Re: Dual Transfer case

Post by Thys »

Vleispyp - My hilux het 'n 4y ingehad toe swop ek die motor vir 'n 7MGE, die 7MGE het nie so baie low low domn torque soos die 4y nie. Hy het al klaar ander diff ratios en lockers voor en agter, maar ek sukkel net op lae revs. So ek reken as ek hom stadiger kan maak op sy gears dan sal my low down torque probleem ook soort van opgelos wees. MAW best of both worlds, as ek 170 Km/h wil doen op die ooppad dan kan ek en as ek wil kruip teen 'n wal uit dan is hy stadig genoeg vir dit.
Rockspider het geen ander probleme gehad met joune nie?
Thys
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Tue Aug 28, 2007 9:58 am
Town: Knysna
Vehicle: '93 Hilux 4x4 d/cab with ome susp other wise stock std
Real Name: Niel

Re: Dual Transfer case

Post by Thys »

O ja weet iemand van enige 4x4 shops in SA wat die kits in voorraad hou?
Rockspider
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 105
Joined: Tue Dec 09, 2008 7:51 pm
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Fortuner 4.0 V6 4x4, Toyota Rav 4
Real Name: Leon
Club VHF Licence: V69
Location: Helderkruin Wesrand

Re: Dual Transfer case

Post by Rockspider »

Thys wrote: Rockspider het geen ander probleme gehad met joune nie?
Geen ander probleme nie en ek het vir 'n paar jaar so gery.

So ver ek weet is daar niemand wat die crawler adaptors aanhou nie, die mark is te klein. Maar jy kan vor Ronald bel, hy deal met die goed en sal dit vir jou kan inbring in 'n besending - 082-376-5378
User avatar
Scorpion
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2158
Joined: Wed Jan 16, 2008 6:31 pm
Town: Emmarentia
Vehicle: 1988 Hilux 4x4 D/C with more attitude than Mike Tyson
Real Name: Johann
Location: Constant Kloof

Re: Dual Transfer case

Post by Scorpion »

Thys, Ronald Haitbottle - Dieseldog hier op die forum, het myne ook ingebring. Hy het nie stock gehad nie, maar ek het myne in minder as 2 weke gehad. Bel hom gerus op die nommer wat Rockspider hierbo gegee het.
1988 Hilex D/C 4x4 (Import spec), Lexus V8; Marlin Crawler; Custom Suspension: front and new 4 link in the rear; Disc Brake conversion rear; 35" Cooper STT tyres; Xenon lights; Custom bullbar;Next? Aircon; new front seats, redo the whole interior in nice soft leather, Respray, Double Lockers
1978 Land Cruiser HJ45
1971 Mercedes Benz 280S Automatic
2011 Land Cruiser 79 V6 (60th Anniversary Edition)
Post Reply

Return to “1979 to early 1998 Hilux (Gen 3&4 aka SFA 4x4)”