Page 1 of 1

Seatbelt alarm 2.8gd6

Posted: Fri Feb 09, 2024 8:41 am
by Korthat
Môre,
Nuut op die forum, so jammer as dit al bespreek is.

Ek het 'n tweedehandse Hilux 2.8gd6 2016 model gekoop en baie gelukkig so vêr. Een ding wat my irriteer is die alarm as jy nie die veiligheidsgordel aansit nie. Gewoonlik as ek ry gebruik ek die veiligheidsgordel, maar daar is tye wat dit net 'n las is, soos wanneer ek baie in en uitklim terwyl jy werk in die veld.

Hoe skakel mens die alarm af?