Page 1 of 1

Enige aktiwiteite of planne in Gauteng vir 2020

Posted: Wed Feb 05, 2020 7:17 pm
by Dowe Koos
Dagsê mense.
Laas jaar aan die einde se kant toe, het Oos Kaap groot saamtrek gehad met baie pret. Wil amper sê een van die grootste nog. Waar was die Gautengers gewees. Wat gaan aan.
Wil net 'n voorstel maak. Kan ons nie iewers bymekaar kom en dit aanspreek. Wat wil ons doen, wat wil ons hê. Soos ek in die verlede gesê het, ek het baie idiees en planne.
Miskien moet ons net 'n bring en braai dag hou, hoef nie 4X4 te wees nie.
Dan kan ons sommer 'n agenda opstel, sommer hier op die forum en sommer ook 'n datum vasstel vir die bring en braai dag.
Hoor graag van julle.

Re: Enige aktiwiteite of planne in Gauteng vir 2020

Posted: Thu Feb 06, 2020 12:39 am
by Mud Dog
Goeie idee Hennie! Hoop dit word ondersteun. :thumbup:

Re: Enige aktiwiteite of planne in Gauteng vir 2020

Posted: Thu Feb 06, 2020 12:59 pm
by Johan Havenga
Ja Hennie,

Gauteng het verlede jaar so 'n samekoms gehad.

Ek het spesiale tariewe aangebied en self veskaffers gekry wat pryse geborg het.

Behalve vir Johan Marais wat kom oe wys het, was daar nie 'n enkele klublid nie.

Hier is die link: viewtopic.php?f=51&t=44351

:surrender: :surrender: :surrender:

Re: Enige aktiwiteite of planne in Gauteng vir 2020

Posted: Sat Feb 08, 2020 4:56 pm
by Dowe Koos
Hallo Johan, ek weet van daardie pos.
Maar so 'n jaar terug het ons so gesels onder die manne en van die goed wat uitgekom het is soos gevolg.
1. Dit het duur geraak. Ouens wil minder "outings" doen.
2. Hulle wil nie selfde plek oor en oor uitry nie'
3. Hulle wil nie "extreme" gaan nie. Wil die hulle voertuig beskadig nie.
4. Wil ander goed doen as net 4x4 te ry.
Dis hoekom ek voorgestel het dat ons 'n bring en braai hou en dan bespreek wat wil ons hê of doen.
Hierdie is nie net vir die klublede nie maar is ook oop vir die forumlede.
Kom ouens, laat ons praat.