KZTE Radiator

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Fourbou
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Jan 09, 2020 6:31 am
Town: KLERKSDORP
Vehicle: 2004 KZTE d/c
Real Name: Stephan

Thu Jan 16, 2020 2:17 am

Hallo.Ek benodig advies asb. Radiator van my 2004 KZTE het n lek begin toon met die doen van n druktoets. Nuwe radiator (R 2,100) laat insit en sederdien ongeveer 1800 km gery, wat insluit rit van Suidkus terug na Noordwes.(5 volwassenes met alle bagasie) . Geensins warm geword nie, Eergister die KZ laat idle met die aircon aan vir sowat 30min terwyl ek buite id veld gewerk het - was baie warm dag. Toe ek inklim was die naald bo half, maar so 20m gery, sak naald weer na normale posisie. Gister gou by Silverton radiators gaan draai net om seker te maak oor die radiator, ens..Daar is klaarblyklik nie die regte radiator ingesit nie - pirate - en dat ek baie versigtig moet wees wanneer iets swaar gesleep word. Regte radiator vir die KZTE kos blykbaar dubbel die prys???.Moes vandag noodgedwonge n beeswa sleep - 1,3 ton - natuurlik stadig gery. Teerpad goed gegaan, maar met redelike opdraandes op grondpad het naald tot bo half beweeg. Het elke keer gestop, maar KZ het nie gekook nie. Die reservoir bottel se vlak het op vol gebly, Met die lee beeswa teruggery en naald het op normale plek gebly. Vannaand toe KZ koud was, die vloeistofvlakke gekyk - die reservoir vlak soos moet wees en radiator vlak net onder prop. Ek wil nou die KZTE radiator bestel, maar is dit werklik so duur??? Ek weet daardie koste is niks in vergelyking met skade wat veroorsaak kan word nie. Waarna moet nog gekyk word om verdere oorverhitting ?? te voorkom.
Jammer vd laaaang verduideliking, maar as n newbie probeer ek maar inligting so goed moontlik oordra.
DELILA
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 22
Joined: Tue Jul 12, 2016 11:49 am
Town: MISGUND WESTERN CAPE
Vehicle: 1993 2.4d Hilux 4x4 SC
Real Name: BAREND

Thu Jan 16, 2020 7:30 am

Kyk na jou termostaat en ook die fan clutch.
Post Reply

Return to “The Workshop”