Page 1 of 1

Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Wed Jun 26, 2019 10:51 am
by sakkie4x4
Hi all.
Who is going to the Olifants 2019 trip? I believe it is from 19 October to 23 October 2019. :yahoo:

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Sun Jun 30, 2019 4:44 pm
by JohanM
Quintus,

sal jy asb meer inligting kry en dit hierso opsit dan kan ons begin kyk wie wil gaan. Dit klink vir my na n lekker outing. Sal dit graag wil doen een maal en deel he.

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Tue Jul 02, 2019 12:12 pm
by sakkie4x4
Datum vir Olifants is vanaf die 20ste September tot die 24ste September 2019.
En die Tariewe beloop R550 per inskruiwing wat n hemp vir die event ook insluit..Basies n hele geskenk pakkie met n paar goodies in ...
Kontak Kobie Groenewald
0724767301

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Mon Jul 08, 2019 12:05 pm
by GeorgeJvR
Ek sal verseker daar wees! :thumbup:

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Mon Jul 08, 2019 1:17 pm
by sakkie4x4
Daarsy George ek het geweet ek gaan jou daar sien.

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Mon Jul 08, 2019 2:30 pm
by Dowe Koos
Van waar tot waar is dit.

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Sat Jul 13, 2019 7:50 am
by sakkie4x4
Olifants Rivier 4x4
Naweek
Geagte Vriende GPS Koordinate: S24.26200 E29.86104
Dit is weer tyd om die Olifants naweek weer op dreef te kry.
Ons 4x4 naweek vind plaas die 20ste September 2019 - 24 September 2019 en die
inskrywings is as volg:
Per Voertuig: R500.00
Per Motor Fiets: R400.00
Ekstra Hemde: R200.00 pp
Almal moet asb probeer om hulle Hemp Grootes vir my deur te bel of Whatsapp
Kom ons maak dit n genotvolle naweek
Ek vra asb dat almal die Reёls nakom.
Rond jaag met Motorfietse of Voertuie binne Kampgebied sal nie geduld word nie.
beweeg stadig deur kampgebied om nie ander se kos of tente vol stof te jag nie, ons is
almal beskaafde Afrikaners en moet dus voorbeeld vir ons jong kinders kan stel, so ek
vra beperk asb swak taalgebruik en om vallende dronk te word, geniet dus julle drankies
in ordentlikheid en kuier n hond uit n bos sonder om jou naam prys te gee. Julle het nie n
vuurwapen nodig die naweek nie dis veilig en nie n jag of skuifskiet kompetisie nie, dit is n
familie naweek.
Weereens n versoek aan alle ouers, pas asb julle kinders op, enige byeenkoms ry die
voertuie rond, voertuie is hoog en kan nie kleintjies raak sien nie, n kind het nie die
verantwoordelikheid om aleen rond te ry tussen baie mense nie, sy brien werk nie om uit
te kyk vir ander kinders of moontlik voertuie nie, dus laat asb nie jou kind toe om sonder
jou deur die kampgebied te ry, as jy nie teenwoordig is nie, veral nie met motorfiets nie.
Let Wel!!!
Elke voertuig moet inskryf, as u nie ingeskryf is nie sal jy nie toegelaat word om saam ons
groep te beweeg nie. Al woon n ook in die gebied, die rivier is groot en jy kan ander plek
ry of kamp.
Nie tussen die Olifants groep nie!!!!
ek het swartsakke en sal beskikbaar wees by inskrywingstent, ek sal u vullis verwydersolank
dit in die swartsakke geplaas word wat verskaf word. Moet dit asb nie by u kamp
los niedit trek plaaslike bevolking om daar in te grou en dit rond te strooi, en ek moet dit
dan weer opruim, hulle sal ook minder in jou kamp rond krap as daar minder
aantrekking krag daar is. Asb sluit alle duursame en belangrike items in jou
voertuig toe, moenie in die kamp los nie of bring jou eie kampwag saam indien
moontlik. Bos toilette sal in middle van Rivier beskikbaar wees of bring eie toilet en bad
geriewe saam, as u meer wil weet bel my op 072 476 7307/ kobieg53@gmail.com met
julle hemp groottes so spoedig moontlik.
Lekker Speel Groete
Kobie Groenewald
_______________________

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Mon Jul 15, 2019 4:22 pm
by gompie
Maar natuurlik sal die rooi bakkie ook da wees he he

Re: Olifants 2019. To be or not to be

Posted: Tue Jul 16, 2019 8:08 am
by GeorgeJvR
Nou daai klink na 'n plan, Gompie!