Page 1 of 1

Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Tue Jan 03, 2017 12:45 pm
by Dowe Koos
Dagsê almal.
Soos julle al weet, is ek 'n onderwyser by Sonitusskool vir kinders wat gehoor en geleerdgestrem is. Ons het die afgelope paar jaar 'n nuwe kurrikulum gebruik waar die kinders 'n serfikaat kan kry na vier jaar kursus. Die eerste groep kinders doen nou hulle finale jaar hierdie jaar en dit het my genoodsaak om by julle aan te klop vir hulp.

Wat die kinders leer oor vier jaar is die volgende:
Meganies;
- enige onderhoud en herstelwerke aan fietse en grasnyers asook kantsnyers en kettingsaag.
- basiese onderhoud aan motorkarre soos gewone diens, batterye, bande herstel, remme vervang, alle olies, filters en v-belde vervang.
- motor verkoeling stelsel (water)
Metaalwerke;
- basiese sweiswerk
- basiese gassweis
- werk met sny, vou en rolmasjien
-en alles wat daar rondom gaan soos boor en skuur, ens.
Elektries;
-basiese koppelinge van alle elektriese toerusting en implemente
- basiese herstelwerke aan huishoudlike implemente
- basiese bedrading van 'n huis se DB en koppelinge aan ligpunte en muurproppe
- en dan ook koppelinge van stowe, geyser en deurklokke.

Wat ek graag wil hoor waar julle ouens my kan help, is die volgende:
- enige ou fietse ongeag die toestand.
- enige ou grassnyers, kantsnyers en kettingsaag ongeag die toestand en dan ook die lemme en die kettingsaag lemme waar die kinders moet leer om dit skerp te maak.
- enige ou huishoudelike goedere soos yskaste, wasmasjiene, stowe, ketels, ens ongeag watter toestand dit is.
Die sweiswerkswinkel is redelik uitgerus maar as die enigiets is wat julle nie meer wil hê nie, sal help.
Self enige elektriese komponente en drade sal ook help.

Soos julle kan sien, is ek in Pretoria. Ouens van vêr kan nie help nie, (ek weet julle sou as julle kon). Die afhaal van enige goedere gaan klompie werk vir my kos, so as daar enigiemand is wat het en dit vir my kan bring, Groot waardering. My nommer is 081 405 2299, bel my dat ons reëlings kan tref.
GROOT DANKIE

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Jan 05, 2017 7:38 am
by bduk
Het jou ge-pm,maar sien geen terug voer nie???

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Jan 05, 2017 8:17 am
by Dowe Koos
Hallo Barry, het nog niks ontvang nie. Probeer weer, wag vir jou.

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Jan 05, 2017 9:18 am
by Thabogrobler
Kan julle ou geysers gebruik?

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Jan 05, 2017 9:53 am
by Dowe Koos
Hallo Thabo, twee of drie sal werk as hulle klein is, so 100liter. Ek sal hulle permanent moet mount, so ek moet kyk na spasie.
Groot Dankie

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Jan 05, 2017 12:15 pm
by bduk
Stuur vir my jou email asb Koos

Re: Hulp vir 'n spesiale skool

Posted: Thu Feb 22, 2018 3:09 pm
by Dowe Koos
Dankie Thabo vir die geysers wat jy vir die skool gegee het.