Page 1 of 1

Beach driving

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:06 pm
by Frederick
Goeiedag.
Is daar nog enige plek in SA oor waar mens met jou voertuig op die strand mag ry, parkeer en rustig sit en met jou kinders speel met alles byderhand veral omdat hulle nog klein is?

Re: Beach driving

Posted: Wed Oct 19, 2016 10:16 pm
by Mud Dog
Nie sover ek weet nie. Daar is wel plekke waar daar paaie is wat baie naby aan die strand is, soms met parkeer plekke, maar op die strand self mag mens nie ry nie.

Re: Beach driving

Posted: Thu Oct 20, 2016 6:02 am
by The Legend
Sodwana mag jy nog sover ek weet onderworpe aan sekere reels.Ek is seker hier is ander forum lede wat meer inligting as ek het in die verband.

Re: Beach driving

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:36 am
by coetzer94
Sodwana mag jy nog ry ja. Dis net so 1.5 km se stuk strand en hulle maak net 200 permitte per dag beskikbaar (oor desember staan die mense al 2-3 uur die oggend in die ry om n permit te kry)
Die strande is ook net oop oor naweke en skool vakansies.

Re: Beach driving

Posted: Thu Oct 20, 2016 11:08 am
by Borntofish
Ja ons kort n paar recreational areas waar ons nog kan gaan hengel op die strand. Ek mis dit baie...

Re: Beach driving

Posted: Thu Oct 20, 2016 12:43 pm
by 4x4d4d
Namibia is op die stadium die beste kan vir kilometers op strand ry en visvang asook sekere duin areas wat Daar op gery mag word

Re: Beach driving

Posted: Thu Oct 20, 2016 10:44 pm
by Thabogrobler
Net Sodwana maar dis nie al die *a* en drama werd nie - veral nie oor Desember nie.

Re: Beach driving

Posted: Mon Oct 24, 2016 2:07 pm
by Frederick
Stem saam.. Ek is al lankal oor sodwana. En dan moet jy nog heeltyd wapen ook dra. Het gehoop daar is nog iewers n ou geheime plekkie

Re: Beach driving

Posted: Mon Oct 24, 2016 9:10 pm
by Haboob
Kosie Baai ry jy sandpaadjie tot op die strand, maar kan nie verder ry nie want die pad eindig daar, is seker die veiligste plek in noord Natal. Daar is ook 'n wag by die karpark.
Daar is meere en damme al langs die kus af waar jy kan ry op sandpaaie, maar van hulle is bekend vir rowe op toeriste. Ons land is ook nie so veilig dat mens die buite lewe kan geniet nie. Soos die ouens sĂȘ, gaan kuier bietjie oor ons grense, jy sal nie terrugkyk nie. As die gogga byt, dan ry jy maar elke jaar vir drie weke soontoe.