Cooper Dust Series
Posted: Wed Aug 10, 2016 6:04 pm
Ek sien dis maar stil hier, maar ek wil iets se, en ek gaan iets se.
So 'n rukkie gelede het die Dust Challenge Series (DCS) in die Weskaap afgeskop met 2 baie suksesvolle geleenthede wat goed bygewoon is en wat baie goeie terugvoering gekry het. Ons wil dit bietjie wyer aan 'n groter gehoor bekendstel en daarom se ek dit hier.
Wat is die DCS? Dis makliker om te verduidelik waaroor die DCS NIE gaan nie. Almal sien die woord "Challenge" in die titel en onmiddellik doem prentjies van groot wiele, pypkarre en baie modder en stof wat vlieg en gedrogte wat teen kleiwalle hang op in hulle gedagtes. Nee, dis waaroor dit NIE gaan nie. Trouens, ons bou die hindernisse op so 'n manier dat Jan Alleman met sy splinternuwe Prado kan kom deelneem, sonder dat die voertuig beskadig of verniel word. Die DCS is 'n uitdaagreeks wat daarop gemik is om elke 4x4 bestuurder in die land (okay ons is nog nog net besig in die Weskaap maar ons mag droom) se 4x4 vernuf te toets op maniere wat dit nog nie vantevore gedoen is nie. Die DCS le klem op die regte gebruik van 'n GPS, navigasie van een punt tot 'n ander, die samewerking tussen bestuurder en navigator, hoe goed elke bestuurder sy/haar voertuig ken, hoe goed afstand en spoed geskat kan word en 'n groot skeut pret en plesier. Die DCS het dit ten doel om die bestuurder, eerder as die modifikasies aan die voertuig te toets, en sodoende die mees "denkende 4x4 bestuurder" te beloon met 'n prys aan die einde van die reeks.
Waaruit bestaan die DCS?
Die reeks van uitdagings bestaan uit die volgende:
MIDNIGHT.
Midnight is 'n nagry ervaring soos min. Van 21h00 die aand tot 04h00 die volgende oggend is die deelnemers se nagry vernuf tot die uiterste beproef waar hulle afstande tussen beheerpunte moes afle in 'n vasgestelde tyd oor ruwe 4x4 roetes met net die hulp van 'n koplampie, GPS en 'n roetekaart. By elke beheerpunt is 'n taak of hindernis aan die deelnemers gestel waar hulle punte kon sou hulle dit suksesvol afhandel. Die res van die punte is bereken volgens 'n "regularity raid" stelsel waarop die trajekte geskoei was. Die span wat die volle roete so naby as moontlik aan die voorgestelde tyd voltooi het, het dus die beste kans gestaan om te wen. Punte vir die onderskeie take/hindernisse is ook bygetel om dan die finale punt vir elke span te bepaal.
SAND
Sand is in Atlantis Duine aangebied. Nie 'n herhaling van die jaarlikse Atlantis Funday nie, maar eerder iets heel anders. Weereens het bestuurders by die aanvang van die uitdaging 5 stelle GPS koordinate gekry wat hulle moes gebruik om 'n roete deur die duine te plot. By elkeen van die 5 GPS koordinate was 'n bemande beheerpunt, met 'n hindernis wat hulle moes voltooi. By elk van die 5 beheerpunte is hulle van 'n ekstra GPS koordinaat voorsien waar 'n onbemande beheerpunt vir hulle gewag het. Deelnemers moes dan die nuwe punt in berekening bring om nog steeds die kortste moontlike roete te plot. In totaal was daar 10 beheerpunte en elke span se navigasie vermoee is tot die uiterste beproef om al die beheerpunte op te spoor en te besoek. Teen 14h00 die middag is die eindfluitjie geblaas en is almal terug na die wegspring waar die puntestand bereken is en die wenners aangewys is.
Daar is nog 2 uitdagings in die reeks van 4 wat voorle. Hierdie is reeds uitgele, die roetes is bepaal (wel soortvan) en die enjins luier al. As jy nou eers hiervan te hore kom, is daar dus nog 2 kanse om te kwalifiseer vir die Finaal...
MUD & GRIME
Modder Pret. Tradisionele moddergatpret, maar anders. Ons poog om almal net 'n lekker modderbad te gee, terwyl hulle "dink". Ons kan nie veel hieroor se nie, want daar is nie veel wat ons kan se nie, behalwe miskien, trek maar waterskoene aan.
WEEKEND
DCS bied aan 'n mini naweektoer. Deelnemers begin by 'n bymekaarkomplek nie te ver van Kaapstad nie. Daar sal elke span 'n roete kry om te ry en wanneer dit gedoen is word die GPS koordinate van 'n volgende bymekaarkomplek oorhandig en moet die deelnemers soontoe vertrek vir nog 'n uitdaging. Uiteindelik word die deelnemers op 'n toer gestuur waar hulle GPS punte moet opspoor en bietjie meer leer van die omgewing waarin hulle hulself bevind. Die dag gaan redelik vol wees, en kanse is goed dat party deelnemers eers na donker by die oornagpunt kan aankom. Deelnemers kampeer aan die einde van 'n 4x4 roete in 'n kampterrein wat die minimum geriewe bied. Basies 'n grasperk en dalk 'n paar bome. By die oornagpunt aangekom word daar tot ounag toe rondom 'n lekker warm kampvuur gekuier. Die volgende oggend word die kamp opgebreek en almal vertrek terug huis toe.
THE FINAL
By elkeen van die "uitdun rondtes" word 3 wenners aangewys. Hierdie is spanne wat bewys het hulle het die beste gevaar in daardie spesifieke disipline van 4x4 ry en wen hulle 'n inskrywing in die finaal. In totaal sal daar na die 4 uitdunne dus 12 Finaliste wees. Die Finaal word aangebied in die Tankwa Karoo oor 'n tydperk van 3 dae. Daar word lekker baie stowwerige 4x4 ry in droee rivierlope, klipkoppies en smal tweespoorpaadjies in die vooruitsig gestel. En dan wanneer die son sak word sundowners geniet op 'n klipkoppie met 'n das (verpligtend) en baadjie (that's pushing it)... Aan die einde van die Finaal word al die punte bymekaar getel, sompompies word hard geslaan en rook trek by party mense se ore uit en dan word die DCS:All Terrain Masters bekroon. Die span wat bewys het hulle is op alle terreine bobaas. Trofee word uitgedeel, almal sit dasse aan en geniet 'n Tankwa Bonfire met gepaardgaande vleisbraai en feestelikhede.....
I will translate... but not right now... But just so quickly if you have gumboots and a tie you are suitably dressed...