Page 1 of 1

Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 10:40 am
by Dowe Koos
Hallo almal. Wil net weet of daar iemand is wat 'n Workshop manual het vir die bogenoemde voertuig. Sy cambelt het gebreek en ek wil net weet hoe om die enjin te posisioneer om die nuwe cambelt op te sit. Baie dankie.

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 11:04 am
by ChrisF
Hennie ek het die Haynes manual vir die Toyota Corolla Conquest 1300, tot 1992.

Die Tazz het die Conquest vervang in September 1996.

Sover ek weet was dit net n kosmetiese storie ....


As jy dalk kan bevestig dat die engine steeds dieselfde was in 2004 kan ek dele van die manual vir jou inscan en aanstuur.

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 11:33 am
by Dowe Koos
Hallo Chris, dit is 2e enjin. Sal dit waardeer as jy dit vir my kan doen. Wat is maklike manier om die crank pulley los te maak sonder die sst tool. Groot waardering

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 12:13 pm
by ChrisF
Hennie ek het vir jou n PM gestuur :thumbup: :cooldude: :subscribed:

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 1:05 pm
by Thabogrobler
Ek dink die 2E buig valves as die cambelt breek?

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 1:14 pm
by Mud Dog
Hallo Koos. Dit behoort nie nodig te wees om die crank pulley los te maak nie.

Ken nie die 2E enjin nie, maar draai eers die cam stadig deur 360°met die hand terwyl jy check dat alle kleppe nog vry beweeg en nie miskien gebuig is nie.

Draai die enjin stadig (met die hand, nie met starter nie sodat jy nie kleppe buig nie) todat die pulley merk op TDC staan en die dizzy rotor na die #1 plug draad posissie wys. Draai die cam sodat die rockers op #1 silinder albei los is (nie onder spanning nie) en kry die merke op die cam sproket en voorste rocker journal (of silinder kop) in lyn. Haal af die sprocket sonder on die cam te draai, sit nuwe belt op sodat die merke nogsteeds in lyn is as die sprocket weer terug is. Maak vas. :winkx:

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 3:11 pm
by Dowe Koos
Dankie aan almal wat raad gegee het. Het die enjin gedraai met die hand nadat die nuwe belt op is, het gedraai sonder probleme. Die enjin toe gestart sonder probleme en toe gery vir so 5km, ook sonder probleme. Maar timing is geset op 7grade en die distributer kan nie meer verder draai. Eindlik moet dit op 10 grade wees. Dit beteken seker dat ek een tand teveel gespring het, wat moet ek nou doen. Groot dankie vir die raad.

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Sun Apr 03, 2016 4:40 pm
by ChrisF
Thabogrobler wrote:Ek dink die 2E buig valves as die cambelt breek?
nope ...
erger !!


Die 2E se valve gaan reguit ondertoe, en dit slaan die piston.


As jy gelukkig is breek jy n paar rockers ....

as jy ongelukkig is n paar pistons ....


daai is een engine waarmee jy nie n kans vat nie.



PS - Hennie, antwoord my PM. Jy sal beslis volgende keer nut kry daarvoor ... :subscribed: :subscribed:

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Mon Apr 04, 2016 5:52 am
by Mud Dog
Dowe Koos wrote:Dankie aan almal wat raad gegee het. Het die enjin gedraai met die hand nadat die nuwe belt op is, het gedraai sonder probleme. Die enjin toe gestart sonder probleme en toe gery vir so 5km, ook sonder probleme. Maar timing is geset op 7grade en die distributer kan nie meer verder draai. Eindlik moet dit op 10 grade wees. Dit beteken seker dat ek een tand teveel gespring het, wat moet ek nou doen. Groot dankie vir die raad.
Moes jy die dizzy uithaal?

Maak net seker dat die valve timing op hul merke is, haal dizzy weer uit en draai hom 'n tand terug teen die rigting wat hy draai. Stel hom op 10 grade. :winkx:

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Mon Apr 04, 2016 7:09 am
by CasKru
Dit kan wees dat jy met een tand uit is of so. Ek het seker so 3 of 4 keer verskillende 2E timing belts gedoen al (op my vorige karre). As ek nou reg onthou, line jy hou crank pulley op met 0° op die timing cover. Dan moet jou crank pulley se gaatjie in die een been van die pulley top dead centre wees gelyk oor die merkie op die tapped head. As dit nie is nie moet jy die crank pulley nog 'n rotasie draai dan moet hy bo 100% op line. Dan op die stadium draai jy jou nommer een spark plug uit en voel met 'n lang skroewe draaier of jou nommer 1 piston bo in sy stroke is.

Die 2E is 'n intervering motor so as die engine gedraai het toe hy gebreek het, het jy verseker iets anders ook seer gemaak. So maak dubbel seker op die valves en die rocker arms want as iets dalk net gekraak het en nie gebreek het nie kan die later af kom en jou engine binne vernietig.

'n trick om die Crank Pulley nut los te kry, vat 'n power bar met die regte groote socket en sit oor die pulley bout en maak seker die power bar druk iewers deen die chassis of onderstel. Crank dan die engine (start en sit onmiddelik weer af). Die pulley draai kloks gewys wanneer die engine loop. So as jy doen soos hier bo dan hou die powerbar en socket die bout stil terwyl die pulley draai en maak dan die bout los. Maar daai engine moet skaars draai... dit moet omtrent net klink of hy so een hoes gee as jy hom crank en jy moet baie seker maak daai powerbar druk teen iets stewig of hy slaan goed stukkend.

Hoop dit help so bietjie... en PS: simpatie, ek het die naweek my Tazz (160 4AFE engine) se timing belt gedoen... darem nie gebreek nie maar die bearing het geraas)

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Mon Apr 04, 2016 7:59 am
by Dowe Koos
Dankie Andy en Cassie. Nouja Andy, nog nooit die woord "dizzy" gehoor in die tegniese kant van die motorwêreld nie. En Cassie, reken jy ek sal die head moet uithaal om behoorlike inspeksie te kan doen. Baie dankie.

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Mon Apr 04, 2016 11:10 am
by CasKru
Dalk nie 'n sleg idee nie... Sover ek weet is dit either valves wat buig, rocker arms wat seer kry of die pistons wat kraak.

Re: Help met Toyota tazz 1300 2004

Posted: Mon Apr 04, 2016 11:39 am
by Mud Dog
Nouja Andy, nog nooit die woord "dizzy" gehoor in die tegniese kant van die motorwêreld nie
'N afkorting vir "distributor", Hennie. :D: