Page 1 of 1

2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 4:00 pm
by etiennel22
Dagse,

Weet iemand dalk fout kan wees as my bakkie se heater nie werk nie,
Waar kan ek begin soek vir foute?

2003 Hilux 3.0 KZ-TE

Dankie

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 4:26 pm
by JohanW
Etienne so bietjie meer info sal help. Die eenheid is eintlik baie eenvoudig. Daar is 'n valve wat beheer word deur die temperatuur knop te draai van blou na rooi toe. Dit verander die hoeveelheid water wat deur die heat exchanger in die dash vloei.

Eerstens neem ek aan dat die engine water en radiator + heat exchanger nog water in het asook die twee pype wat vanaf die exhaust manifold area af kom. Anders was jy hier met 'n motor wat oorverhit het. Tweedens neem ek aan die blower fan werk nog. Anders het jou aircon ook nie gewerk nie. So dan derdens maak ek die aanname dat die valve dalk fout is.

Hierdie valve word deur 'n kabel vanaf die knop oop en toe gemaak. Ek sou begin kyk of die kabel nog reg is. As die kabel nog werk en skuif. Dan moet jy kyk na die valve.

Vir beide bogenoemde sal jy bietjie moet strip aan die dash. Dit is nie moeilik nie en werk net versigtig en stadig. Begin by die panele rondom die radio. Die eerste skroef wat moet uit is agter die asbak. Die res sal jy vind.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 4:28 pm
by etiennel22
Hi Johan.
Ja, als anders werk 100% net die heater wat nie werk nie.

Ek sal bietjie die naweek inklim en die kabel en valve check.

Baie dankie

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 4:39 pm
by JohanW
:thumbup:

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 4:44 pm
by JohanW
Skuus, ek het 'n fout gemaak in bostaande. Daar is nie 'n valve wat die water vloei beheer nie. Slegs 'n deksel tipe klep wat die lug deur die heat exchanger laat vloei of verby dit.

Dus kan jou heat exchanger geblok wees meet iets buite soos blare of stof. Of dit kan binne in die waterkanale 'n blokkasie kry. My geld is op die kabel.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 6:48 pm
by The Legend
JohanW wrote:Skuus, ek het 'n fout gemaak in bostaande. Daar is nie 'n valve wat die water vloei beheer nie. Slegs 'n deksel tipe klep wat die lug deur die heat exchanger laat vloei of verby dit.

Dus kan jou heat exchanger geblok wees meet iets buite soos blare of stof. Of dit kan binne in die waterkanale 'n blokkasie kry. My geld is op die kabel.
Johan,Verstaan ek jou reg.As daar nie n valve is op een van die waterpype dan sirluleer die warm heeltyd deur die heater radiator onder die dash bord.Gee die pype dan nie op hulle eie n hitte af wat die kajuut binne onnodig kan warm maak as die verwarmer af geskakel is.

Ek ken nie die KZTE se verwarmer stelsel nie maar kan nie glo dat daar nie n valve in die waterpype is wat die sikulasie deur die heater radiator stop wanner die verwarmer af geskakel word.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Wed Mar 23, 2016 8:08 pm
by Oupa Stig
Kabel. Ek sou eerste daar kyk. Lê op jou rug en loer onder die cubby-hole in. Jou passasier trap partykeer die kabel se bracket los. My ook oorgekom. Cabletie = weer warm lug.
Hy sit sommer hier voorlangs. Gooi fotos op van hoe joune lyk, dan sal ons vir jou kan sê of die ding los is by die bracket, partykeer is hy los en dit lyk of hy so moet wees, dis nie altyd obvious dat hy uit sy bracket gekom het nie. Hoop dis jpu probleem, eenvoudig om reg te maak.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Thu Mar 24, 2016 7:18 am
by etiennel22
Dankie Mickey, ek sal kyk en julle laat weet

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Thu Mar 24, 2016 9:07 am
by JohanW
The Legend wrote:
JohanW wrote:Skuus, ek het 'n fout gemaak in bostaande. Daar is nie 'n valve wat die water vloei beheer nie. Slegs 'n deksel tipe klep wat die lug deur die heat exchanger laat vloei of verby dit.

Dus kan jou heat exchanger geblok wees meet iets buite soos blare of stof. Of dit kan binne in die waterkanale 'n blokkasie kry. My geld is op die kabel.
Johan,Verstaan ek jou reg.As daar nie n valve is op een van die waterpype dan sirluleer die warm heeltyd deur die heater radiator onder die dash bord.Gee die pype dan nie op hulle eie n hitte af wat die kajuut binne onnodig kan warm maak as die verwarmer af geskakel is.

Ek ken nie die KZTE se verwarmer stelsel nie maar kan nie glo dat daar nie n valve in die waterpype is wat die sikulasie deur die heater radiator stop wanner die verwarmer af geskakel word.
Dis hoe ek dit ook het. Volgens die workshop manual is dit ook so.Ek sit al 'n rukkie met die idee om 'n valve onder die bonnet te plaas en hierdie warm water uit die kajuit uit te hou. Ek het al so 'n valve op die SFAs gesien maar my KZ sin is soek.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Thu Mar 24, 2016 9:35 am
by Knuppel
Ek was ook van mening dat die SFA die valve het. Al my vorige SFA's het almal die valve gehad MAAR nie die huidige een nie! Ons het hom boude en blaie gestrip gehad maar niks! Hy maak net n lug klep oop of toe as jy warm lug soek....of nie soek nie.
MAW daai hitte sit en brom binne die voertuig as jy park. Ek weet ook dat die modelle na die laaste SFA nie meer die valve het nie maar ook die lug klep het

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Thu Mar 24, 2016 9:41 am
by JohanW
Knuppel wrote:Ek was ook van mening dat die SFA die valve het. Al my vorige SFA's het almal die valve gehad MAAR nie die huidige een nie! Ons het hom boude en blaie gestrip gehad maar niks! Hy maak net n lug klep oop of toe as jy warm lug soek....of nie soek nie.
MAW daai hitte sit en brom binne die voertuig as jy park. Ek weet ook dat die modelle na die laaste SFA nie meer die valve het nie maar ook die lug klep het
Dankie vir die info... ek reken dis tyd om 'n nuwe draad te skep vir die heater bypass mod :think:

Gaan definitief die mod op my voertuig doen. My ruit is oop winter en somer. Is nie baie lief vir 'n aircon nie.

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Thu Mar 24, 2016 5:28 pm
by etiennel22
Ek het met die kabel begin, en wat sien ek toe. Die kabel hang eenkant glad nie opgekoppel nie.

Het hom weer vasgemaak. En die heater werk nou weer.

Dankie vir die hulp manne


Sent from my GT-I9500 using Tapatalk

Re: 2003 KZ-TE Heater werk nie

Posted: Tue Mar 29, 2016 2:52 pm
by Oupa Stig
Dis 'n Toyota. Jy begin altyd op die eenvoudigste plek soek na die fout. :thumbup: