Page 1 of 1

Beach Clean-up : West Coast

Posted: Tue Sep 08, 2015 11:37 am
by Dickervb
Hi die Velddrif 4X4 Klub hou 'n strand-skoonmaak dag op 26 Sep 2015 onder die faandel van die "Coastal Conservancy se International Coastal Cleanup". Die strand tussen Laaiplek en Dwarskersbos sal skoongemaak word vanaf die pad wat vir die vissermanne langs die strand gemaak is, d.w.s. daar sal nie op die strand gery word nie. Ons ontmoet om 09.15 vir 09.30 by die Velddrif Poskantoor en beoog om teen 12.00 klaar te wees, waarna ons 'n bring-en-braai by een van ons lede se huis in Port Owen gaan hou. Hier sal o.a. goeie pryse aan deelnemers onder verskeie hoofde uitgedeel word. As iemand belangstel om aan die projek deel te neem skakel asb. vir Dicker by 022 7722620 of by holdevb@mweb.co.za

Re: Beach Clean-up : West Coast

Posted: Tue Sep 08, 2015 12:02 pm
by pietpetoors
Ag nee, dit is die naweek wat ek in Montagu is.

Dicker kan enigiemand opdaag of moet hulle eers bespreek?

Ek gaan vir George en Johan vra om al die instap kliƫnte te laat weet in die Langebaan winkel, ek is seker baie ouens sal belangstel.

Re: Beach Clean-up : West Coast

Posted: Tue Sep 22, 2015 11:00 pm
by Dickervb
Dankie Pieter, jammer maar ek is maar min in die web-bladsye.
Dit sal gaaf wees, enigeiemand kan daar wees, moet verkieslik net vir my laat weet sodat ons 'n idee het hoeveel mense daar sal wees. Op die oomblik lyk dit nie of daar baie sal wees nie.
groete
Dicker

Re: Beach Clean-up : West Coast

Posted: Wed Sep 23, 2015 8:58 am
by pietpetoors
Dicker ek het dit gou op al ons dorpe se faceboek bladsye ook gepost, hopp jy kry nou meer belangstelling.