Page 1 of 1

exhaust sensors

Posted: Mon Aug 24, 2015 7:04 pm
by mason
Goeie naand hier is my eerste post en ek hoop iemand kan my help .ek ry 4l v6 hilux 2007 my brandstof gebruuk was so 7.3km/l op 140km/h en wil dit verbeter het nou k&n filter gekoop en n free flow op gesit en nou kry ek n mooi 4.5km/l op die selfde spoed.het hom laat diens vandag en dyno by bosch en hul se my sensors op exhaust het weg gebrand oor di free flow ??????kan hul net skoon gemaak word of moet ek nuwes koop of is dit oit die waarheid dat dit kan gebeur.ek hoor graag van die slimmer mense

Re: exhaust sensors

Posted: Mon Aug 24, 2015 9:00 pm
by 4x4BEES
Welkom hier by ons Mason.

Die slim manne sal seker netnou hier kom antwoord.

Re: exhaust sensors

Posted: Mon Aug 24, 2015 9:36 pm
by mason
Baie dankie

Re: exhaust sensors

Posted: Tue Aug 25, 2015 9:16 am
by Haboob
Welcome Mason, I think that you killed the goose that layed the golden egg...
7.3 km/l at 140 km/h is probably unheard of & you want to better that ?
I can understand this with a 1000cc turbo etc but not with a 4L V6

"en hul se my sensors op exhaust het weg gebrand oor di free flow"

I think that if the free flow was the cause of the sensors burning away then it will keep happening, even if you replace the sensors...
You do not say what the milage is on the vehicle, or how long after the free fow was fitted, the sensors burned off.
This could all be applicable in the diagnosis to get you the amswers you are looking for...
I have not heard of anyone getting 7.3 km/l at these speeds, so I hope that you can get your truck back to this.
Good luck...

Re: exhaust sensors

Posted: Tue Aug 25, 2015 11:53 am
by Dirka
Hallo Mason! Welkom by die forum.
Hier's so ietsie om jou in die regte rigting te stuur. As ek van die wa af is kan van die ander manne dalk reghelp.

Die O2 sensors wat wegbrand met 'n Free Flow exhaust? Sjoe!..Ek weet darem nie jong..
Die O2's word gebou om uiterste temperature te kan hanteer.
'n Foutiewe sensor veroorsaak dat 'n 'open loop' cct ontstaan en die ECS/u gaan 'fixed rich' soos vir 'cold startup'.
Die beste manier om seker te maak die O2's werk reg, is om hulle te inspekteer en te toets..of te laat
toets. Dis maklik genoeg om dit self te doen. Jy benodig 'n Multimeter, een wat kan afskaal na mV en ohm.
Die 1 GR-FE gebruik Heated O2 met 2/4 wire x 4.

Hier is Toyota se manier:


Image

Image

Skoonmaak v/d sensors is nie altyd suksesvol nie. Vuiligheid word meestal veroorsaak deur 'carbon'.
Dis hard en is nie sommer oplosbaar in vloeibare middels nie. Ek ken die 1GR-FE nog nie baie goed nie, maar die
fisiese sensor is omhul deur 'n metaal silinder met gate vir die sensor tip/ bulp. Jy kan 'n ligte staal
borsel probeer, en 'n air gun. Maak net seker die gaatjies is oop. Ek is maar versigtig vir die staal
borsel. Hier's 'n beter skoonmaak en toets metode wat al voorheen vir my gewerk het:

https://www.youtube.com/watch?v=BfJ_Jwf_Sa4

Indien jy enigsins v d sensors kry wat foutief is..sterkte! Ek verstaan hulle is nogals duur. Sal graag wil
hoor wat kos hulle? Die part no vir die agterstes is 89465-0K130. Nog nie baie seker of die 'upstream' en
'downstream' O2 sensors dieselfde is nie.

Sterkte. Hoop dit help.

Re: exhaust sensors

Posted: Tue Aug 25, 2015 7:52 pm
by mason
@haboob my bakkie staan nou op 215 000km ek ry so tussen 7000 en 15000km n maand en hou record op my brandstof gebruik ek was tevrede met die brandstof gebruik maar het gehoor as ek hom uni tjip dan kan hy my 8 na 9km/l gee gewaarborg as nie haal hul hom yt en gee my geld terug maar dis beter as ek freeflow en k&n filter eers doen dan die uni chip en dis waar als begin het slegter gaan ek het die dag na die freeflow op is van bloemfonten na de aar gery en terug en toe vat ek hom vir dyno en dit was hul antwoord

@Dirka ek gan dit probeer .het vandag van bloemfontein na postmansburg gery en nou het sy liggie aangekom en die bakkie loop nou baie sleg soo daar het verseker n sensor gegaan.soos hul se by toyota vir al 4 sensors R9000 as daar n after market beskikbaar is so R4000.het nou met n vriend gepraat hy bestel parte van oorsee vir baie gudkoper soo hoop hy gan my kan help

Baie dankie vir jul help sover

Re: exhaust sensors

Posted: Wed Aug 26, 2015 3:07 am
by Dirka
R9000? !! :shock2: :shock2: :shock2: Eina man!! :dash:

Re: exhaust sensors

Posted: Wed Aug 26, 2015 9:38 am
by Haboob
Re: exhaust sensors
Report this post Quote Unread postby mason ยป Tue Aug 25, 2015 7:52 pm

@haboob my bakkie staan nou op 215 000km ek ry so tussen 7000 en 15000km n maand en hou record op my brandstof gebruik ek was tevrede met die brandstof gebruik maar het gehoor as ek hom uni tjip dan kan hy my 8 na 9km/l gee gewaarborg as nie haal hul hom yt en gee my geld terug maar dis beter as ek freeflow en k&n filter eers doen dan die uni chip en dis waar als begin het slegter gaan ek het die dag na die freeflow op is van bloemfonten na de aar gery en terug en toe vat ek hom vir dyno en dit was hul antwoord


Mason, Ek hoor wat jy se, maar ek het nog nooit tevore gehoor van daai tipe brandstof gebruik. Jy ry 'n groot voertuig en jy ry hom hard. Meeste mense moet omtrent 100 km/u ry om daai brandstof gebruik te kry...
Ek ry 'n diesel 3.0 D-4D en sukkel om 9km/l te kry teen 110 km/u - veral hier in die Oos-Kaap met al die berge. Ek moet byvoeg dat ek is altyd swaargelaai en het groot windweerstand met die Kamper wat permenent op is...
Hoop jy kry jou voertuig gou reg want jy sit nou met hartseer probleme sowel as die kostes wat daarmee gaan...