Page 1 of 1

lekker 4x4 naweek

Posted: Sun Jun 28, 2015 12:01 pm
by mosteran
ons namakwaland 4x4 groep beplan n lekker naweek en nooi graag nog mense.
program is soos volg:
8aug ry ons bergkraal teen R150 pv
9aug ry ons the dunes teen R200 pv
elke ou reel self sy verblyf ens.
ons het n huis op bergkraal plaas klaar bespreek maar daar is nog kampplek beskikbaar.
maandag 10aug is n vakansiedag en almal kan dan terugkeur huis toe.
laasjaar was ons so 15 voertuie en het net bergkraal gedoen.
dis rerig baie lekker en hoop ons kry nog belangstelling.

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Sun Jun 28, 2015 3:35 pm
by Raino001
Hallo Andre,

Sorry dat ek stupid klink waar is the Dunes , ek kry details oor bergkraal , maar nie the dunes nie.

Groete Raino

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Sun Jun 28, 2015 7:44 pm
by mosteran
hi raino
dis so 10km buite lambersbaai

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Jun 29, 2015 4:56 pm
by Riaan99
:thumbup:

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Jun 29, 2015 9:06 pm
by pietpetoors
Ait tog, ek is daai tyd in die Kalahari, anders het ek kom saamry :?

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Tue Jun 30, 2015 10:43 pm
by X-Dors
mosteran wrote:ons namakwaland 4x4 groep beplan n lekker naweek en nooi graag nog mense.
program is soos volg:
8aug ry ons bergkraal teen R150 pv
9aug ry ons the dunes teen R200 pv
elke ou reel self sy verblyf ens.
ons het n huis op bergkraal plaas klaar bespreek maar daar is nog kampplek beskikbaar.
maandag 10aug is n vakansiedag en almal kan dan terugkeur huis toe.
laasjaar was ons so 15 voertuie en het net bergkraal gedoen.
dis rerig baie lekker en hoop ons kry nog belangstelling.
As niks voorval nie is ek , X-Dors en Altyd Dors ook daar , dit sal lekker wees .

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Jul 27, 2015 10:15 am
by mosteran
Uit Springbok is ons al 6 voertuie en klink my vredendal maak reg vir ons.
Nie seker hoeveel local ouens daar gaan wees nie maar klink daars redelik belangstelling.

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Jul 27, 2015 9:55 pm
by Huismoeles
Is the dunes n route of is dit soos atlantis duine net oop duine??
Wil jul dalk kom join vir die dag

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Tue Jul 28, 2015 7:55 am
by mosteran
Hi Dirk, ek was self nog nie daar nie.
Het net n booking gemaak vir ons klomp vir 9 Aug.
Dis op n plaas en sover ek weet word jy begelei deur die veskillende duine

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Sun Aug 02, 2015 8:04 pm
by Tenk
Andre ek bly die langnaweek op Dwarskersbos, ek sal graag julle wil join die 9de by The Dunes. Dirk jy moet n plan maak ek het gehoor die grootste duin in Atlantis is die kleinste duin daar. :yahoo: :yahoo: :yahoo:

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Aug 03, 2015 8:17 am
by mosteran
So kruip die naweek al hoe nader. :yahoo:
Het met Oom Frikkie gepraat en volgens hom is daar al so 20 voertuie bespreek vir Bergkraal, nog nie seker hoeveel The Dunes gaan oplewer nie.
Elke oggend kom ons so 9uur bymekaar by die volgende punte.
Bergkraal saterdag 8 Aug 31* 45' 3.08" S 18* 32' 35.02" E
The Dunes Sondag 9 Aug 32* 06' 12.7" S 18* 23' 57.93" E
Frikkie bergkraal 083 630 6370
The Dunes 027 432 1244
Pierre jys meer as Welkom............
Bergkraal.pdf
(140.4 KiB) Downloaded 146 times
The Dunes.pdf
(135.96 KiB) Downloaded 150 times

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Aug 03, 2015 8:52 am
by Huismoeles
Pierre ek is naweek in port Owen ( velddif)

Maar ek het n klomp mense daar saam my

So ek werk nog aan die vrou om te gaan

Maar sal like om te gaan

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Aug 03, 2015 9:05 am
by 4x4BEES
Dirk, se jou vrou dat jy net gou-gou petrol gaan ingooi :lmao: :lmao:

Re: lekker 4x4 naweek

Posted: Mon Aug 03, 2015 9:29 am
by Tenk
Ok lekker Dirk so jy is naby my, ek het met die oom gepraat dit lyk my die besprekings is vol, maar het myne en joune sommer geboek, so as jy wil gaan dan is jou plek kla bespreek. Maak maar soos Kevin se gaan koop gou melk die oggend jy behoort so teen 5uur die aand terug te wees :lmao: :lmao: :lmao: