Page 1 of 1

Kragdag

Posted: Thu Jun 25, 2015 8:25 am
by bduk
Vir al die gatengers :

Kragdag is weer more en Saterdag hier naby Cullinan. Daar wys hulle allerande goeters oor alternatiewe krag en hoe om van Eksdom se rug af te klim. (hulle voorsien ongelukkig net nie die geld daarvoor nie)

Hier is 'n skakel soontoe : http://www.kragdag.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;.

Die manne van ander provinsies kan ook maar kom as hulle kan en wil.

Re: Kragdag

Posted: Thu Jun 25, 2015 8:41 am
by ChrisF
Barry gaan jy vir ons baie fotos neem en kom vertel .... groot asseblief ...

Re: Kragdag

Posted: Thu Jun 25, 2015 8:53 am
by Toppie4x4
yip ek gaan ook beslis loer, sal ook fotos neem

Re: Kragdag

Posted: Thu Jun 25, 2015 12:52 pm
by bduk
Kan probeer Chris.

Sal websites bymekaar maak dan kan almal daar ook loer

Re: Kragdag

Posted: Thu Jun 25, 2015 4:38 pm
by pietpetoors
Sou lekker wees om dit te kan bywoon.
Ja, neem samblief kiekies.

Re: Kragdag

Posted: Sat Jun 27, 2015 6:26 pm
by Toppie4x4
Sjoe gelukkig was ons vroeg daar. dit was net baie baie koud..................maar tenspyte van die koue was daar baie mense. Toe ons net so na 11h30 ry het die karre vanaf die N4 gestaan tot by die plaas, n volle 3.2 km van karre. Daar was iets van als en belis baie winskopies en idees vir krag besparing, son panele, gasstowe, gas geysers 120lit (R2999). Sal beslis weer volgende jaar weer gaan en hoop dat die weer sal saam speel.

Re: Kragdag

Posted: Sat Jun 27, 2015 8:18 pm
by Stef
Het iemand pics? Ekt skoon vergeet daarvan!