Page 1 of 1

v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Sat May 09, 2015 10:45 pm
by Frederick
As jou voertuig 'n double cab moet wees:
Waarvoor sal jy gaan?
v8 Landcruiser
2015 D4D Hilux
2015 V6 Hilux
Wag vir 2016 Hilux?


En hoekom?

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Sun May 10, 2015 1:42 am
by Thabogrobler
Volgende model.

Jy gaan groot depresiasie he met die huidige model as die nuwe een op die mark is. Plu s die huidige model is veels te duur - dit net vir 'n klompie stickers.

Oor agt maande het jy 'n 'ou' bakkie.

Cruiser ry nie so lekker nie en is swaarder op brandstof. Weet nie of die V8 se ratkas ook moeilikheid gee soos die 4.2 s'n.

Maar ja, die Cruiser sal lekker wees!

Wil jy jou bakkie of die Fortuner vervang?

Wat ek eintlik probeer se: Jou huis se riool gaan jou 'n paar rande kos die jaar - jy gaan nie geld he vir 'n nuwe bakkie nie! :naah:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 6:54 am
by Hangover
As ek n cruizer kan bekostig sal ek niks anders ry nie... Thabo ek het nog nie van een 4.2D gehoor wat se ratkas probleme gee nie. Ek het wel gehoor dat hulle 1HZ gebruik of groot Cummins TD motors oor hy so sterk is...

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 7:57 am
by Johan Kriel
As jy baie rondry maak die hilux meer sin, maar die cruiser gaan baie langer hou. Die ratkas probleme op die 1Hz is soos n huwelik, party hou ander nie, maar meer en deels die ouens wat hom in 5e te swaar laatkry.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 10:09 am
by Frederick
Ek moet se ek het ook nog nooit van n cruiser gehoor wat se ratkas probleme gegee het nie. Na 3 of 400000km dalk syncro's of so maar nie as 'n reel nie.

Ek weet hy is hard en ek weet hy is lomp en hy het nie 'n diensplan nie en die dienste is duur en en en.... maar hoe meer ek vir hom kyk.... met mooi bande, bulbar,jagraampie.... dis 'n nuwe lus wat my pak... dalk moet ek maar mica toe vir 'n staalborsel

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 10:50 am
by Thabogrobler
Nee kerels, gaan draai bietjie op die Cruiser forum - Oom Jan Slabber van Bethlehm bou dan bokse vir die manne met 4.2's dat dit by sy ore uitloop!

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 11:40 am
by Dewald Posthumus
Wag vir 2016 Hilux

Nuwe model, veiliger as Cruiser, beter dag tot dag voertuig, nuutste tegnologie (die ou tegnologie in Hilux Vigo was so ver voor sy tyd, dat dit 11 jaar geneem het om nuwe tegnologie te onwikkel! ha ha)

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 11:48 am
by Stef
Hou van 'n Cruiser...en as geld nie 'n kwessie was nie sou ek hom koop.


Maar in die regte lewe sal ek wag vir die 2016 D4D, maar sal ook die V6 oorweeg uit 'n prys oogpunt. Petrol verbruik vs diens kostes vd D4D oor die lang termyn, veral met die injectors saam...en ek hou nie v auto box'e nie

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 12:10 pm
by Haboob
Wag vir 2016 Hilux

Petrol gaan nog duur raak...

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 6:09 pm
by Johan Kriel
Thabogrobler wrote:Nee kerels, gaan draai bietjie op die Cruiser forum - Oom Jan Slabber van Bethlehm bou dan bokse vir die manne met 4.2's dat dit by sy ore uitloop!

Party ouens sit v8 in saam met daai ratkas sonder issues. Jan self ry die ratkaste stukkend dis hoekom hy weet hoe om hulle reg te maak. :D:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 9:14 pm
by Frederick
Thabogrobler wrote:Nee kerels, gaan draai bietjie op die Cruiser forum - Oom Jan Slabber van Bethlehm bou dan bokse vir die manne met 4.2's dat dit by sy ore uitloop!
Sjoe Thabo, ek gaan bly verskil van jou. Elke man het sy opinie en so aan maar as dit volgens my regtig n cruiser 'probleem' was sou dit baie verder en wyer uitgebasuin geword het veral deur die anti Toyota bendes.
Uit die area waarvan ek kom, waar ek self cruiser gery het met baie boere om my met cruisers... hard ry ja, stadig ja, maar gewis betroubaar en nie ratkas probleme nie. Dieselkar sleep maak enige ratkas klaar maar ons sleep hom juis met die cruiser want hy kan dit baie langer vat as die ander.

Ek vat jou nie aan nie maar my mening verskil beslis van joune

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 11, 2015 10:23 pm
by Thabogrobler
Elke ou is geregtig op sy opinie.

Die ouer skerp neus Cruiser se ratte het nie moeilikheid gehad nie, glo die nuwer neus se modelle.

Iets met van die bearings in die ratkas wat sealed unit is en dus geen olie kry nie.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Tue May 12, 2015 12:12 am
by Frederick
Ek kan nie meer op cruiser forum ingaan nie. Weet jy dalk hoekom?

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Tue May 12, 2015 12:25 am
by Frederick
Ek sal graag wil weet van die bearing probleem. Kan n mens se besluit radikaal beinvloed

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Tue May 12, 2015 6:08 pm
by Johan Kriel
Jan Slabber maak n modifikasie om die bearings te olie of so iets. Is nie seker presies hoe hy dit doen nie. Die skerp neus het ook ratkas probleme opgetel meestal as jy die 5e gebruik om te sleep of te lae spoed ry. Ek kan nie dink hoekom dit sal anders wees op die nuwer model nie. Jan Slabber is in Bethlehem. Hy is n ervare mechanic en het n besigheid daar. Hy sal hoe presies kan vertel. Jy kan hom dalk ook hier kry http://www.rebelcruiserforum.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;

Die petrol en v8 diesel modelle het n ander ratkas.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Wed May 13, 2015 12:08 am
by Hoppy
n Hilux kan nooit n Cruiser wees nie en n Cruiser ook nie n Hilux nie. Die een is n kar en die ander n trok, eintlik moet jy een van elk he.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Wed May 13, 2015 12:45 am
by ROOFER
Hoppy wrote:n Hilux kan nooit n Cruiser wees nie en n Cruiser ook nie n Hilux nie. Die een is n kar en die ander n trok, eintlik moet jy een van elk he.
Dis wat n ou nodig het en jou eie Petrol stasie :cooldude: .Ek stem met Hoppy :!: :!:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Wed May 13, 2015 6:19 am
by Toerboer
Hoppy wrote:n Hilux kan nooit n Cruiser wees nie en n Cruiser ook nie n Hilux nie. Die een is n kar en die ander n trok, eintlik moet jy een van elk he.
Stem met Hoppy.Ek is verskriklik mal oor n cruiser,maar ja ,soos n paar keer genoem,gee diens plan,ry hard ens ens maar dit bly n cruiser en ek soen een....

Ek ry n 2010 Hilux 3.0D4D 4x4 en sleep n dubbel wiel sleepwa en dra gemiddeld 2-3 ton minstens 3dae uit die 5dae.Ek het hom van 54000km af en hy het nou 243000km en sleep soos n bom.Ek het die ry gerief,spoed,krag en die diens plan gehad tot 90k km,ek diens hom self nou en ek was nog nooit beperk van waar ek wil ry nie.Ek het wel n Race chip in en dit werk mooi.Vrou se my bakkie trek soos n Subaru :thumbup: .

Ons het 2014 vir my vrou n nuwe 30D4D 4x4 gekoop en is besig om hom te kit vir overlanding ens.Ek het ook gedink om te wag vir die 2016 Hilux ,maar dis te lank en nou stel hulle weer dit uit en soos enige nuwe model is daar maar issues,so gee die nuwe model so jaar om sy voete te vind.Dan is die prys die volgende verrassing $$,Dink hy kan nogal duur wees.So dis hoe ek maar by my bealuit uit gekom het.My 2010 moet vervang word op n stadium en dan hoort die nuwe een reg en uit gesort wees.

Sien die V8 Cruisers is al diep in die 600k,dis baie geld vir n bakkie.

Jou sak en behoeftes aan jou besluit beinvloed.

Sterkte ,dis n moeilike een :thumbup:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Wed May 13, 2015 7:25 am
by Hangover
Frederick wrote:Ek kan nie meer op cruiser forum ingaan nie. Weet jy dalk hoekom?
Die klomp daar het te "cool" geraak vir die algemene publiek en die forum gesluit vir sleg registreerde betalende lede...

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Thu May 14, 2015 7:34 pm
by Johan Kriel
Ek het toevallig met ons landcruiser expert hier gepraat. Sy eie bakkie se ratkas het ook gebreek, maar hy het die bakkie 2e hands gekoop. Hy self ry swaar vragte en tou ook baie. Hy se dit kom van te lae spoed ry in 5e, tou in 5e en versnel in 5e van te lae spoed af. Onder 110 k/u ry jy nie in 5e nie, is sy antwoord, geen modifikasie nie!
Die torque op die 5e rat is net te groot dan, hy maak n versterking op die ratkas as jy dit wil he. As ek hom reg verstaan kom dit maar daarby dat daar vervorming plaas vind en agv daarvan gee die ratkas in, meestal op die 5e rat.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Thu May 14, 2015 9:48 pm
by Frederick
Johan Kriel wrote:Ek het toevallig met ons landcruiser expert hier gepraat. Sy eie bakkie se ratkas het ook gebreek, maar hy het die bakkie 2e hands gekoop. Hy self ry swaar vragte en tou ook baie. Hy se dit kom van te lae spoed ry in 5e, tou in 5e en versnel in 5e van te lae spoed af. Onder 110 k/u ry jy nie in 5e nie, is sy antwoord, geen modifikasie nie!
Die torque op die 5e rat is net te groot dan, hy maak n versterking op die ratkas as jy dit wil he. As ek hom reg verstaan kom dit maar daarby dat daar vervorming plaas vind en agv daarvan gee die ratkas in, meestal op die 5e rat.

Maar dis maar op enige bakkie so. Jy sleep nie swaar in 5de nie, dis tog algemeen?
As jy wil sien hoe vining jy daai 5de rat kan breek, hak 'n 2000l diesel karretjie elke dag in plant tyd en sleep hom in 5de
Tjoef tjaf broekies af, bring jou tjekboek!

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Fri May 15, 2015 7:58 am
by MOFASA
V8 CRUISER........... ITS THE BOSS of Toyota..... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Fri May 15, 2015 8:52 am
by GI Jane
MOFASA wrote:V8 CRUISER........... ITS THE BOSS of Toyota..... :thumbup: :thumbup: :thumbup:
I would MOSTLY agree, but then you need to be able to afford the maintenance and fuel costs....

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Sat May 16, 2015 9:08 am
by Johan Kriel
Ek is ook besig om te kyk na die v8 , ondere andere om te tou mee. Die grootste issue met die V8 dit kos R4000 per injecter vervanging. Ek het met die filter manne gaan gepraat. Hulle het baie ondervinding van commomrial engines. Water is die grootste sondebok, vry en water in suspensie. n Watertrap alleen is nie goed genoeg nie, jy moet die water wat insuspensie is ook vang. Die onsuiwerhede wat deur die OEM filter gaan is nie die eintlike rede nie. OEM filters keer nie water nie. Die water trap vang wel vry water op , maar filtreur nie water in suspensie nie. Maar as jy wil kan jy ook n +-5 um UDF filter na die OEM filter sit, of vervang die OEM filter. Dan vang jy meer onsuiwerhede. Die OEM filters is ook 10 um.

Racor maak filters wat water block. (445R reeks is die goeie roep) Jy sit n waterblock 10 um filter voor die OEM filter en n jou injecters behoort amper tot in lengte van dae te hou. Hulle het toetse op die myne gedoen, injecter vervanging daar het amper gestop. Hulle verkoop ook n alarmpie saam met die filter, maar dit het n glasie, so jy kan sien as die water opbou.

Racor maak filters vir vliegtuie en daar soek jy beslis nie water in die branstof nie.

En injecters failure het niks te doen met die swael ppm inhoud van diesel nie. Dit blok net jou KAT of maak dat die olie se smeer krag vinniger verloor word, en die groenes se jy neuk die natuur op.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Sun May 17, 2015 11:23 am
by Frederick
Het nou nog nie aan al daai dinge eers gedink nie. Ek het nog nie gehoor van injector probleme op die v8 nie. Maar ek is nie meer op cruiser forum nie so dit is dalk hoekom.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Sun May 17, 2015 6:49 pm
by Johan Kriel
Ek dink nie dis n probleem nie, is net duur om te vervang. Maar sluit aan by rebelcruiserforum, is die alternatief.

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 18, 2015 12:09 am
by Frederick
Aangesluit

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 18, 2015 1:38 am
by Agteros
Wat van die V6 DC Cruiser? Ek dink dis die antwoord.

Ek het ook aangesluit by die Rebel Cruiser Forum. Al 180 lede daar :thumbup:

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Mon May 18, 2015 10:06 am
by Frederick
Agteros wrote:Wat van die V6 DC Cruiser? Ek dink dis die antwoord.

Ek het ook aangesluit by die Rebel Cruiser Forum. Al 180 lede daar :thumbup:
Die enigste problem met daai v6 4.0 cruiser is.......dit is nie n v8 nie....

Re: v8 Land Cruiser vs Hilux

Posted: Tue May 26, 2015 12:02 pm
by Andre de Jager
Ek sal definitief wag vir die nuwe Hilux 2016. Die 2.8 diesel auto 6 spoed. Brandstofgebruik en herverkoopwaarde by die nuwe model is net soveel beter.

Die nuwe Hilux is lekker ruim agter. Baie beter tegnologie wat veiligheid aanbetref. Veel beter ritgehalte en die premie van die ou prys na die nuwe model is nie so groot gewoonlik nie.

Daar gaan beslis 'n waglys wees. Maar ek glo die Hilux sal al hier teen einde Oktober beskikbaar wees. Hulle launch altyd reg voor die Desember maand vakansieverkope.

Ek is 'n baie groot Cruiser ondersteuner, maar die V8 Pickup se allerdaagse rygerief is beslis nie gerieflik nie.