Page 1 of 1

Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Thu May 07, 2015 6:05 pm
by jacques kotze
Dag maats,

My '11 3,0 D4d met 160 000km's gaan die laaste week in Limp mode, meeste van die tyd sover op ons grondpad wat mooi is sonder erge sinkplate. 2 Keer al op die teerpad. Hy het nie n chip in nie, als is standaard, geen modifikasies aan die electronics of enjin nie.

Vandag het hy geloop sonder enige probleme, was die anderdag Klerksdorp toe om werk te gaan doen vir Family Dog sonder enige probleme. Maar dan weer een dag dan doen hy dit 3 keer in n uur se tyd.

Enige idee ?

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Thu May 07, 2015 7:14 pm
by ChrisF
cruise control ?

Met my Hilux moes ek die cruise control uitprop uit die stelsel ... ry om die blok .... koppel stelsel weer in en dit was reg vir 10 000km. Toe weer uitgeprop en om die blok gery, nou al 30 000km verder en geen verdere issues nie

Hoop maar jou probleem is so eenvoudig en goedkoop .....



klink meer na injectors of druk van die pomp wat nie meer op spec is nie ....

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Fri May 08, 2015 6:47 am
by Mars
Probeer eers die eenvoudige goed. Wanneer is die bakkie laas gediens? Het hulle die Diesel filter se "housing" behoorlik vasgedraai? Daan al die elektroniese koppelings na en kyk of almal vas is en of 'n draad nie dalk deurgeskaaf het nie. Kyk of jy die bakkie kan laat scan vir fout kodes.

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Fri May 08, 2015 7:51 am
by Hangover
Check of die MAF sensor net bo die air filter nie dalk vuil is nie.. Daai bliksempie het my al ini bollie gedrop...

2 skroefies en bietjie carb cleaner werk gewoonlik...

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Fri May 08, 2015 9:25 am
by jacques kotze
MY cruise control werk nie, het eenkeer n sleepwa gesleep toe brand die liggie op die dashboard maar hy kan nie af nie, van toe af is hy dood en kan glad nie meer aan kom nie. Hy moet nou weer gaan vir n diens,sal lat hulle kyk, hopelik is dit nie ernstig nie.

Dis nou weer 2 dae wat hy sonder probleme ry. . . .

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Fri May 08, 2015 10:08 am
by dalkill
2008 dteq apparently suffer from this problem as well.
It was design issue with the Sucktion Control Valve, that was not to happy with our poorer quality of diesel. Isuzu fixed issue with later releases.

Don't know if hilux got that megaftetjie too... but maybe worth a look into it.

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Fri May 08, 2015 7:35 pm
by rood
Jacques, kyk die pluggie by die crancsensor, het ook daardie probleem gehad, die knippe op die cranksensor plugie het afgebreuk, toyota het toe sulke rooi rubber silicon goed aan die eenkant gesit en ingedruk, nooit weer daai problee, ondervind nie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Sat May 09, 2015 8:57 am
by Thabogrobler
Kan ook iets eenvoudig soos die diesel filter wees

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Mon May 11, 2015 6:46 am
by Mars
As die diesel filter nie lekker is nie behoort die diesel filter liggie aan te gaan. Ek sou hom in elk geval vervang net om te sien hoe hy lyk en omdat dit een veranderlike is wat mens kan uitskakel in die proses om die probleem te kry.

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Mon Nov 23, 2015 12:26 pm
by Mars
Jacques
Kon jy die probleem uitgesorteer kry?

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Mon Nov 23, 2015 4:17 pm
by jacques kotze
Mars wrote:Jacques
Kon jy die probleem uitgesorteer kry?
Na Toyota hom gediens het het dit nog nie weer gebeur nie, daar was fout met die cruise control en die is ook vervang met die diens, weet nie of dit iets daarmee te doen gehad het nie. 20 000km later en nog nie een keer uitgesny nie...

Re: Hilux gaan in "Limp mode"

Posted: Tue Nov 24, 2015 10:48 am
by Mars
Bly om dit te hoor.