Page 1 of 1

Boer

Posted: Thu Feb 05, 2015 1:10 pm
by bduk
BOERE
'n Mens kry boere wat nie tipiese boere is nie. Veral jou tjekboekboere. Dit is die dokters, prokureurs, ingenieurs, eiendomsagente en 'n arsenaal onbeskaafde, ryk gomtorre wat hul geld in die stad as "pênelbieters" of aandelemakelaars gemaak het. Hulle is nie ware boere nie.

So 'n halfwas boer se grond is klaar betaal, sy krippe lek nie, sy lyndrade hou jou waaragtig beeste en renosters binne en sy hekke hang nie. Sy vierwielvoertuig het 'n CD-speler in, is altyd blink en skoon, het nuwe bande en trek 'n nuwe waentjie. Sy seuns neem dramalesse en weet niks van 'n kettie of dikmelk af nie.

Onder die ware boere is daar ook dié meneer wat juis probeer anders wees. Hy dra denimlangbroeke en gholfkêpse, borsel tande voor ontbyt, gebruik sy eie handdoek en spuit goed onder sy arms. Vir so 'n boer moet jy versigtig wees. Hy het waarskynlik nog nooit 'n Joseph Rodgers-mes gesien nie. Hy drink Pinotage by ete, braai vis pleks van tjops en maak die motor se deur vir sy vrou oop. Hy is 'n "sissie"
.
n Regte boer dra 'n hoed. Ou boere dra 'n ou hoed met 'n wye rand wat na jare se sweet ruik. Nuwe boere dra 'n nuwe hoed wat heel onvanpas soos 'n vars miskoek op sy kop lyk.

n Boer rook 'n kortsteelpyp wat hy met 'n hoenderveer skoonmaak. 'n Boer drink brandewyn met brakwater of Coke. En hy drink hom stérk, vier vingers sterk, sonder ys.

n Boer se vrou kan kassies tamaties pak, 'n koolstoof brandmaak, truie brei, pap wiele omruil, 'n rinkhals agter die yskas doodslaan, duwweltjies uit voete haal en babatjies vang.

n Boer verneuk niemand nie, behalwe die keiser. 'n Boer betaal nie belasting nie, net BTW, wat hy terugeis.

n Boer het 'n dubbelloop-haelgeweer, 'n ou Lee-Metford, 'n nuwe 30-06 en 'n .22-geweer. Hulle lê bo-op die hangkas, want hy het nie 'n geweerkluis nie.

n Boer het nie 'n tyddeel nie, maar baie tyd. Hy slaap smiddags tussen een en twee. 'n Boer het net een pak klere wat hy kerk en troues toe aantrek. Die pak is te klein. 'n Boer gaan kerk toe, maar stem nie saam met die Sinode se besluite nie. 'n Boer praat nie lngels nie, buiten 'n klompie in die Kolonie en Natal. Maar hy kan 'n swart taal praat. Wanneer 'n werker die hek laat ooplê en die beeste in die lande kom, praat hy verskeie tale gelyk. En BAIE vinnig.

n Boer het deesdae 'n sakrekenaar, veral by die vendusie. Maar hy sukkel steeds om uit te werk hoeveel water sy boorgate het, veral as hy sy plaas wil verkoop aan iemand wat wil weet hoeveel water daar is, want hy wil bankrotbossies met die geleerde naam van tamaties plant.

n Boer glo nie in gesinsbeplanning nie. Min kinders los hy vir die lngelse, vir mense wat nie 'n groot werf het nie, en diegene wat vir hul vleis moet betaal.

n Boer se seuns kry 'n beurs vir die skoolkoshuis en speel rugby, nie krieket nie. Na skool gaan hulle universiteit toe. Daarna kan hulle nooit weer boorgatpype optrek nie en word vaal ouditeurtjies in grys pakke en blinkleerskoene wat hul pa wil leer boer as hulle vakansies met hul sagte handjies kom kuier.
Niemand skiet deesdae meer verniet op 'n boer se plaas nie - net die bankbestuurder.

n Boer weet meer van die politiek, die ekonomie, die jongste kriekettelling in Indië, aandelepryse, vroue-operasies, die goudprys, stakings en koekresepte as enigiemand anders, want hy luister heeldag draadloos in die Isuzu,Ford of Toyota.

n Boer glo nie aan nuwe bande vir sy bakkie nie. Hulle moet glad wees anders ry hulle nie lekker in die sand nie.

n Boer huil nie, behalwe as die eerste stoetbulkalf van die seisoen aankom of as sy dogter op die skool se sportbyeenkoms eerste kom.
n Boer kry nie seer nie en gebruik nie pleisters nie. Hy dra net sy hele lewe lank verbande: twee verbande op elk van sy drie plase.

n Boer skei nie, hy gaan net dood. Ryk boere gaan arm dood en arm boere gaan ryk dood. 'n Boer se testament lyk anders as ander mense s'n: sy vrou en dogters erf niks grond nie. Die oudste seun erf alles en verloor weer alles omdat hy dinge op die plaas probeer wat sy pa altyd geweet het nie sal werk nie.

Re: Boer

Posted: Thu Feb 05, 2015 1:31 pm
by 4x4BEES
:laugh2: :laugh2: :laugh2: :laugh2:

Re: Boer

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:17 pm
by Froll
:lol: :lol:

Re: Boer

Posted: Thu Feb 05, 2015 9:32 pm
by Hoppy
dis nie snaaks nie, dis waar

Re: Boer

Posted: Thu Feb 05, 2015 11:40 pm
by Baasvark
Is jy 'n boer?

Re: Boer

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:56 am
by Bugzy
Barry, jy moet 'n boer wees want jy klink baie slim :lol: :lol:

Re: Boer

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:01 am
by bduk
Nee kerels

Ek is nie 'n boer nie dis net my haarstyl wat dit so laat lyk.

Re: Boer

Posted: Fri Feb 06, 2015 11:02 am
by bduk
Ek het ook nie 10 mil rand om een mil te maak met boerdery nie, hulle se mos hoe maak jy 'n miljoen met boerdery? Jy begin met 10 mil.

Re: Boer

Posted: Fri Feb 06, 2015 4:13 pm
by Thabogrobler
Daai storie is al so bietjie aangepas met die tyd...

Re: Boer

Posted: Fri Feb 06, 2015 8:11 pm
by Andries
Al wat ek weet dit is ons boere wat die land aan die gang hou.

Re: Boer

Posted: Sun Feb 08, 2015 1:53 pm
by warthog
Ek hoor daar is 3 maniere om geld te verloor:


Dobbel is die vinnigste....



Prostitute is die lekkerste, en ....



Boer is die sekerste.

Re: Boer

Posted: Sun Feb 08, 2015 9:10 pm
by chopper
Eisj :?: :wth: :D:
'n Ou varsity prof se geliefkoosde uirdrukking was "dis so lekker maar dis so verkeerd!" en hy het dit met so 'n Moorreesburg brei gese :D: - dit is so tipies van 'n ware boer se liefde vir die grond en dit wat hy elke dag doen :?: