Page 1 of 1

Toolbox en kompresor

Posted: Sun Feb 01, 2015 7:36 pm
by rood
Ek het gister my kompresor permanent voor in die engen gemonteer en vandag n toolbox / utility box gebou om goed in toe te sluit.

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Sun Feb 01, 2015 8:16 pm
by Oupa Stig
Nice!
Net vinnig: sit ordentlike slotte op daai boks - daardie slotjies is nie sterk genoeg nie, breek hom met 'n skroewedraaier oop.

Waterdig? (reën)

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Mon Feb 02, 2015 7:31 am
by Masekind
Baie nice

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Mon Feb 02, 2015 7:50 am
by dd6
Netjies gedoen! Sit ronde slotte op.

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Mon Feb 02, 2015 10:57 am
by rood
Het die box geseel met silicon aan die binnekant en buitekant waar die plaat ingeskuif is en dan vaa ge poprivit, gespray met stonechip. Sal nog ordentlike slotte op sit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:09 pm
by Froll
Looking good. :thumbup: :thumbup:

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Tue Feb 03, 2015 9:41 pm
by corne.koekemoer.39
Net n vinnige vraag. Is dit gesond vir die compressor om voor in die engine bay te wees. Ek dink maar aan stof en water en modder. Baie dankie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Tue Feb 03, 2015 9:53 pm
by rood
Ek het n cover laat maak wat oor gaantrek.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Thu Mar 12, 2015 10:42 am
by Ebersohn
Dis nou net waar ek die 2de battery ingesit het, waar nou heen met die ARB Kompressor????

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Thu Mar 12, 2015 6:56 pm
by Mud Dog
Persoonlik hou ek nie van 'n 'ingeboude' kompressor .... dis baie meer 'versatile' los agter die sit bank, bvb as 'n mater 'n band moet pomp maar het nie sy eie kompressor nie en staan op 'n plek waar jy nie met jou voertuig kan bykom nie, dra jy dit net oor na hom toe en koppel aan sy battery.

Die ander ding wat my pla (behalwe stof / water / modder wat klaar genoem is), is daai goed hou nie daarvan om warm te word nie. Waar hy nou is, is hy klaar lekker warm voordat jy begin pomp het.

Maar dis net my mening ......
;-)

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Fri Mar 13, 2015 8:03 am
by Bliksempie
Het self al twee kompressors verloor a.g.v die enjin hitte. Die ARB is spesiaal ontwerp om die enjin hitte te kan hanteer, en juis die rede hoekom ek nog spaar vir een.

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Fri Mar 13, 2015 8:51 am
by Mud Dog
Robbie22 wrote:Het self al twee kompressors verloor a.g.v die enjin hitte. Die ARB is spesiaal ontwerp om die enjin hitte te kan hanteer, en juis die rede hoekom ek nog spaar vir een.
+1 :thumbup:

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Fri Mar 13, 2015 9:00 am
by pietdevs
As julle wil hê julle kompressors moet lank hou - strip hulle, verwyder al die ou olie en ghries en smeer hulle met sintetiese olie en ghries. Dit maak die verskil tussen 'n kompressor wat hou en een wat oorverhit. Dis net die swak smeermiddels wat hulle gebruik in die kompressors wat hulle laat uitbrand. The less the friction the further you go....

Re: Toolbox en kompresor

Posted: Fri Mar 13, 2015 10:44 am
by Pumba
Mud Dog wrote:
Robbie22 wrote:Het self al twee kompressors verloor a.g.v die enjin hitte. Die ARB is spesiaal ontwerp om die enjin hitte te kan hanteer, en juis die rede hoekom ek nog spaar vir een.
+1 :thumbup:
+1

Het die ARB in my Cruiser gehad, werk fantasties :!: :!: :!: