Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014
Posted: Mon Sep 15, 2014 2:05 pm
NUUSBRIEF 3: 2014
Gegroet Liewe Leser, Vrinne …..
2014 lê op sy rug... Die winkels begin al vere regskud vir Kersfees en die winste wat daarmee gaan. Ons was geseënd in elkeen van die Uitreike wat plaasgevind het deur die jaar. Nuusbrief 2 het daaroor berig.
[Indien u nie Nuusbrief 2 ontvang het, nie, kontak ons gerus by info@outreach2africa.co.zavir ‘n e-pos kopie daarvan].
Hoewel naby end van die jaar: “Nog is dat het einde niet” daar lê nog Uitreike voor en alleen kán ek dit nie uitvoer nie.
RICHTERSVELDT: 3 - 12 Oktober 2014
Die eerskomende Uitreik na die Richtersveldt-gemeenskappe is bedoel om ‘n Gesinsuitreik vir die Gemeentes te wees. Dit is ook die ideale platform om Kinderhuiskinders die geleentheid te gee om dié deel van ons land te sien EN om betrokke te raak by en ‘n liefde/hart vir Uitreik te kweek. Om dit te laat gebeur het ons u elkeen se deelname nodig. Deur saam te bid, dalk ‘n kind of meer te borg, of andersins bydraes te maak. Al het die brandstofprys nou effe geval is dit steeds bykans 3000 Km per voertuig vir die heen en weer.
Ons is geseënd met ‘n jeuggroep wat wil deelneem aan hierdie uitreik. Agt (8) Teologie- en ander studente van TUKS; ten minste vier (4) kinders uit ons plaaslike Kinderhuis en jeuglede van naburige gemeentes. Maar soos dit nou maar is, Studente trek altyd noustrop. Die Kinderhuiskinders het dit beslis ook nie breed nie en ek as pensioenaris moet ook my rieme dun sny. Daarom dan kom ons met hierdie versoek vir bystand, asseblief. Bystand met die noodsaaklike fondse om die kinders nie teleur te stel nie asook die geleentheid om die Here te dien, van hulle te ontneem nie.
Ook het ons volwassenes nodig om saam te gaan om ‘n ogie oor die kinders te hou, maar ook om deel te neem aan die Uitreike na die afgeleë veeposte en besoeke aan Bejaardes. En natuurlik, ons benodig die vervoer om die span daar te kry, en terug. Die idiaal is bussies [kombi] en stasiewa, dit is nie nodig vir 4x4 voertuie nie, hoewel die uitreike na Veeposte ‘n hoë voertuig sal verg.
Die Jeugleier wat met ons hande vat vir hierdie uitreik is Ian Stanton, ‘n 4de jaar Teologie-student en Jeugwerker van Waverley Oos Gemeente. Hy sit ook nie stil nie .. hy pos die volgende boodskap op FaceBook:
Ian Stanton skryf:
KAN EK GOU ASB JUL AANDIG KRY...Goeie môre aan almal... Ek is betrokke by die reël van `n amazing uitreik na die Richtersveld om ‘n hele dorp naamlik Sanddrift te gaan bedien met *** se Woord. Dit behels ‘n vakansieprogram, met kids games en nog vet pret lekker aktiwiteite wat ons gebruik om hierdie jeug te nader en net bietjie meer van *** se Koninkryk vir hulle te wys en gee.
Die groep jongmense wat saam op hierdie uitreik gaan om die kids daar te bedien is almal vanuit die Moot, Danville, kinderhuise en studente en sal finansieel self nie ten volle kan bydrae tot die uitreik nie, DAAROM kom vra ek dat as ‘n 120 mense elk ‘n R100 kan gee dan sal ek genoeg geld hê om ‘n span van 8 mense saam te kan neem. Hierdie gelde dek letterlik dan alles vir die uitreik.
Indien jul meer wil weer inbox my asseblief of as jy graag wil bydra dan kan jul my ook inbox en ek sal al die detail gee. Dankie so lank vir almal wat ‘n bydrae wil maak, al is dit net om te bid vir die uitreik. Dankie en Blessings, IAN.
Ons weet baie mense sukkel self om kop bo water te hou in hierdie tye, maar daar is mense wat nog minder as ons het. En nog erger, hulle ken nie die Redder en Gewer van alle goeie gawe nie...
Ons hulpversoek dus:
Bid saam asseblief, en elke bydrae sal oneindig waardeer word, want daarsonder kan ons die uitreik nie uitvoer nie. In die Richtersveldt dorpies, veral Sanddrift, is groot afvalligheid onder die jeug. Ons kan nie hierdie grootse Opdrag van Onse H e r e ignorer nie. Die Kinders van die Richtersveldt dorpies het die Boodskap nodig. Baie nodig.
Bank besonderhede vir bydraes is:
Rekening Naam: OutreachAfrica. Bank: Standard Bank. Tak: Castle Walk: Takkode: 014645. Rekeningnommer: 415214742; Tipe rekening: Spaar en sal u ASSEBLIEF die kennisgewing laat stuur na: Outreach2Africa@Gmail.com. Vir enige navrae kan u my gerus skakel by: 011 395 2051 of per sel: 082 699 3055 en 082 463 3114.
KERSBOOM VIR WESIES: 29 November 2014 [AIDS Orphans Xmas Tree]
Daar in die middel van nêrens, op Rietfontein, tussen Ellisras en Groblerbrug is ‘n Weeshuis vir Vigs Wesies wat bitter min steun of andersins aandag kry. Ons wil hande vat met 4x4-Groepe en Koedoesrand Gemeente om vir hierdie weeshuis ‘n “Kersboomfunksie” te gaan aanbied. Daar is 120 Vigs Wesies in Rietfonteinkinderhuis, ouderdomme wissel van 4 tot 16. Ons sal hulle graag wil bederf met ‘n geleentheid wat hulle altyd sal bybly. Die aand sluit ons af met die *****-film vir Kinders.
Ons vra vrywilligers om saam te kom en deel te hê aan hierdie spesiale dag. Verblyf sal gereël word vir Vrydag en Saterdag aand/nag en sal u niks kos, nie. Ons kan groepe vorm en saam ry. Geskenkies, soos veral kinderskoene / tekkies en bord-speletjies sal baie verwelkom word.
BIBLES 4 CHRISTMAS / BYBELS vier KERSFEES: 13 – 21 Desember 2014
Week na week kry ons die noodroep van die Sendlinge in Botswana .. hulle het nie genoeg BYBELS om die gelowiges in hulle bedieninge te voorsien, nie.
En dit hinder my …… Ken jy dalk iemand wat ‘n Bybel of 10 kan bydra? Ek sal dit vir hulle wat nie het nie neem. Help my net met die brandstof en genoeg Bybels, dan ry ek met graagte – Seronga, Shakawe, Sepupa, Xade, Xanagas – waar ookal daar BybelNood is. ‘n Tswana Bybel kos R60 by Bybelgenootskap. Ons beoog om 13 - 21 Desember 2014 Botswana toe te gaan en ons bid vir 1,000 Tswana Bybels om te gaan aflewer. [As 500 persone elk net twee Bybels bydra dan is die sleepwa vol en kan ons gaan.].
MAAR dis nie al .. dis moeilike terrein. Alleen gaan is nie die antwoord nie. Ons nodig JOU met jou 4x4 om saam te kom. Die ervaring en landskappe is om altyd te onthou en die vrede van gee, kan woorde nie regtig omskryf nie.
Vir elkeen van julle wil ek BAIE DANKIE sê vir joulle "dink aan" en saam bid.
Alleen KAN ek nie .. wil jy nie ook hande vat met O2A en gereeld saam kom op Uitreike, Gereeld saam bid en 'n ietsie bydra wat dit moontlik maak vir ons om wel te kan gaan .
Ons dien n magtige H E R E .. kom vat hande asseblief.
As jy ons Beriggies en Nuusbriewe wil ontvang, gooi n e-possie na "info@outreach2africa.co.za" asseblief. Maak die "Subject" net "Nuusbrief asseblief".