Page 1 of 1

Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 9:49 am
by Hi-Hilux
Het nou gisteraand finaal besluit my Hilux moet gespray word, matte black!

Hoeveel verf moet ek koop om die d/c te spray?

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 11:02 am
by Family_Dog
:thumbdown:

Nee Trevor, die huidige kleur is baie mooier, en ook nie so warn in die Somer nie!!


-F_D

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 11:26 am
by swartvark
Family_Dog wrote::thumbdown:

Nee Trevor, die huidige kleur is baie mooier, en ook nie so warn in die Somer nie!!


-F_D
Ek stem saam met FD.

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 12:18 pm
by Hi-Hilux
:(

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 1:19 pm
by Black Sam
GO FOR IT :celebrate:

Black is beautiful op n Hilux :thumbup:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 3:02 pm
by Mud Dog
Trevor, ses liter behoort genoeg te wees, MAAR - ek sou bietjie weer daaroor dink as ek jy was. Daar by julle waar dit klaar so warm kan raak gaan daai bakkie soos 'n oond binnekant wees. Bo en behalwe dat dit ontsettend ongerieflik sou wees sal die dash, stuurwiel en enige ander plastiek of rubber parte met verloop van 'n kort tyd onder die hitte ly, bros word of selfs kraak / skuur.

Nee wat, daar by julle is 'n ligte kleur wat hitte weerkaats meer van toepassing. Oorweeg dit bietjie verder. ;-)

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 6:01 pm
by Hoppy
3 Lt swart basecoat en 3 liter matt clearcoat

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 7:23 pm
by The Legend
Blou pou-Grys pou-Swart pou.Klink dit reg?

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 8:08 pm
by Hi-Hilux
Nou weet ek ook nie meer nie! Wil dit sooooooooooooo graag doen maar as ek net dink aan die hitte, en vandag was klaar warm genoeg. Dink dit wat ek wil doen sal seker met die huidige leur ook werk maar sal net nie dieselfde WOW effek hĂȘ nie.

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 9:04 pm
by NathanX4
Myne seel so sleg, daar is alewig 'n wind wat deur waai. Eerlik was hy nog nooit so warm soos enige van my ligte kleur karre nie.
Stof wys wel baie vinniger op die swart.
Weet nie of daar 'n groot verskil tussen matt en stonechip is nie?

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sat Sep 13, 2014 10:34 pm
by Hi-Hilux
Ai nathan, nou kom maak jy my kop weer deurmekaar :roll:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Sun Sep 14, 2014 2:23 pm
by IndianaJones7746
Na my mening het 'n SVA Hilux, nog met sy oorspronklike "Action Option" strepe, baie "WOW" faktor.

Re: Hoeveel verf?

Posted: Mon Sep 15, 2014 7:07 am
by Hangover
Interior van n swart kar is maar 5-6 grade warmer as pearl white kar en 3-4 warmer as n silver kar... So ek se go for it!!

Re: Hoeveel verf?

Posted: Tue Sep 23, 2014 12:43 pm
by swartvark
Ek verkoop karre....I my lewe het al 100de kere by kliente gehoor..........."nooit weeer 'n swart kar op my driveway nie!!"

Maar ek steur my nie aan dit nie. Dis hoe my Driveway lyk.
20140922_183841.jpg
20140922_183841.jpg (132.57 KiB) Viewed 3169 times
MAAAARRRR....my bakkie was v@kt@p tu ek hom gekoop het........jou bakkie lyk vir my amper te netjies om te verander.

Re: Hoeveel verf?

Posted: Tue Sep 23, 2014 1:33 pm
by Dewald Posthumus
As jy regtig wil verf, verf die bakkie daai Cruiser Desert Sand kleur. Dit sal baie meer van pas wees, vir die bakkie en vir jou omgewing - jy sal automaties 'gecamo' wees :mrgreen:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Tue Sep 23, 2014 2:30 pm
by Hi-Hilux
Ek sukkel nog om te besluit....dis nie maklik nie, maar soos ek myself ken gaan ek net een oggend vastrap en begin skuur...

Re: Hoeveel verf?

Posted: Tue Sep 23, 2014 3:39 pm
by swartvark
Hi-Hilux wrote:Ek sukkel nog om te besluit....dis nie maklik nie, maar soos ek myself ken gaan ek net een oggend vastrap en begin skuur...

Beeeeen there done THAT! :lol:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Wed Sep 24, 2014 4:20 pm
by Black Sam
Meer as gelukkig met myne :thumbup:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 3:24 pm
by ThysdJ
Maak hom swart!! Moenie worry oor die warmte nie, jy ken mos van warm kry daar in die noorde... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 3:46 pm
by Thunder02
Matt olive green, I would :twisted:
Matt green.jpg
Matt green.jpg (48.05 KiB) Viewed 3090 times

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 4:09 pm
by Family_Dog
Cruiser Beige, 4E9!
Bulldog at ESP.jpg
Bulldog at ESP.jpg (45.35 KiB) Viewed 3087 times

-F_D

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 5:16 pm
by ChrisF
EEN keer n "gun-metal-grey" kar gehad ... NOOIT WEER NIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


ander kar maak jy die venster oop en sodra die lug deurtrek is dit verby, met daai donker kleur HANG daai hitte in die kar !!!!!!

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 5:18 pm
by Borntofish
Wys krap merke ook nie maklikker op swart nie?

Re: Hoeveel verf?

Posted: Thu Sep 25, 2014 5:35 pm
by ThysdJ
As jy 'n SFA Hilux ry, is jy nie te veel geworry oor gemak nie... punt.. :twisted: :twisted: En ook nie oor krapmerke nie... :twisted: :twisted:

Re: Hoeveel verf?

Posted: Fri Sep 26, 2014 5:26 pm
by swartvark
ThysdJ wrote:As jy 'n SFA Hilux ry, is jy nie te veel geworry oor gemak nie... punt.. :twisted: :twisted: En ook nie oor krapmerke nie... :twisted: :twisted:

AMEN.

Re: Hoeveel verf?

Posted: Fri Sep 26, 2014 5:28 pm
by swartvark
Thunder02 wrote:Matt olive green, I would :twisted:
Matt green.jpg

Ek oorweeg al lank om Swartvark daai kleure te maak.............maar GROENVARK klink bietjie........ AF. :tease: