Page 1 of 1

pakplek in sfa dc

Posted: Wed Jan 22, 2014 8:25 pm
by hansman
Naand al die 4x4 manne
Ek het iewers gelees van n persoon wat sy agter sitplek van dc sfa so verander het dat hy pak plek onder die sit het.Die persoon reken dat die verandering(sitplek is nou hoer) die sitplek bied meer gerief
As iemand raad het sal dit waardeer word. Baie dankie
Hansman&Vaaltyn

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Wed Jan 22, 2014 8:43 pm
by 4x4BEES
Ek sal ook wil weet van daai mod

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Fri Jan 24, 2014 10:07 am
by Mud Dog
Behoort regtig nie te moeilik te wees nie, maar as jy die sit bank lig is daar net een ding moet jy onthou .... kop stampplek. Jy weet mos hoe hop 'n SFA en as daar 'n volwassene agter sit gaan hy / sy beslis hul kop stamp met elke slaggat / speedbump of op enige ongelyke pad / stofpad nie eers te praat van off-road nie.

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Fri Jan 24, 2014 10:17 am
by hansman
Andy
Baie dankie dink ook net aan pakplek vergeet van die ouens wat agter sit se koppe.
k sal van Niel se sake agter sitplek gebruik maak
Hansman&Vaaltyn :laugh2: :laugh2:

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Fri Jan 24, 2014 1:18 pm
by 4x4BEES
Die enigste een wat agter in my SFA sit is my vrou, en sy is maar 1,5m lank. so kop ruimte behoort nie 'n probleem te wees nie.

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Sat Jan 25, 2014 3:28 pm
by Mud Dog
4x4BEES wrote:Die enigste een wat agter in my SFA sit is my vrou, en sy is maar 1,5m lank. so kop ruimte behoort nie 'n probleem te wees nie.
Totdat jy eendag vriende uitnooi om saam met julle 'n uitstappie te geniet. :D:

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Sun Jan 26, 2014 10:00 am
by george
Jy sal beslis kort mensies agter moet he.Wat ek wel al gelees het is dat 'n mens 'n gat onder in die bak sny en dan 'n boks insit.Jy versink hom aan die kant waar die petrol tenk nie sit nie.Erens op die nissan forum het 'n ou sy batterye daar gesit

Re: pakplek in sfa dc

Posted: Sun Jan 26, 2014 4:04 pm
by 4x4BEES
Dit sal die perfekte rede wees vir my vriende om ook 'n 4x4 te kry.
Dan kan die forum nog lede by kry :lmao: :lmao: