Page 1 of 1

...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 3:17 pm
by Hoppy
Cruiser V8 d.jpg

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 3:23 pm
by MOFASA
Tha NEW Land Cruiser...... :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Awsum write up on it..... :thumbup:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 4:03 pm
by ThysdJ
As hulle nou net daai V8 in die Vigo's wil sit, dan sal Toyota SA my hero wees... :twisted: :twisted: :twisted: Maar ai tog, ek soek seker maar wors in 'n hondehok.. :silent: :silent: :silent:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 4:23 pm
by JEEPIE
hy gaan seker in die fj kom
jy weet die fonkong jeep

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 4:59 pm
by EchoMan
Miskien wil ek so bietjie swartgallig wees op hierdie Dinsdagmiddag...

Hoekom is Toyota en Isuzu so knaend besig om hulle nuwe modelle/engins onder bestaande modelle se specs uit te bring?

Die advertensie verwys na 'die nuwe koning van vierwiel-aangedrewe voertuie' - laat Toyota voertuie soos die Amarok (4 silinder met 450Nm), Ranger (5 silinder met 470Nm), en Disco 4 (6 silinder 3 liter met 600 Nm) buite rekening? Ek wonder of hierdie ouens nie in hulle mou lag as hulle na die statistieke kyk nie? Om 'net' 430Nm in hierdie dae uit 'n V8 te draai dink ek is bloot te konserwatief, ongeag alle argumente wat wil beweer dis om 'n langer enginlewe te verseker!

Dalk mis ek iewers iets waaarmee julle my kan reghelp...

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 5:05 pm
by jacques kotze
Ek sal eerder n bietjie minder wringkrag vat bo onbetroubaarheid, regtig man, is 430nm nie genoeg vir n bakkie nie?

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 5:16 pm
by EchoMan
Dit is seer sekerlik genoeg vir 'n bakkie - of dit genoeg is vir 'n V8 is ek nie nie so seker van nie...

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 6:09 pm
by Borntofish
Ek sou dink hulle kon n 6 spoed ratkas aan daardie V8 gekoppel het om die petrol verbruik op die oop pad te help.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 6:22 pm
by jacques kotze
EchoMan wrote:Dit is seer sekerlik genoeg vir 'n bakkie - of dit genoeg is vir 'n V8 is ek nie nie so seker van nie...
Maar ek stem saam, dit is nie goeie verrigting vir n V8 nie, maar nou ja . . dis n Toyota ding...

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 6:45 pm
by george
Wat ek nie kan verstaan nie is dit dieselfde krag as die 1HD-FTE.Wat ek dink meer betroubaar is en jy kan 500 ppm diesel ingooi.So ek dink nie dis veel van 'n upgrade nie

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 7:10 pm
by Hoppy
Hulle het sy "launch" al verskeie kere geskuif en amper afgestel, ek dink hulle het hom erg ge"detune" om betroubaarheid te verseker, hy gaan beslis deur die brandweer en ander instansies met n volle vrag agterop werk en nog iets agterna sleep ook.
Ek is seker, soos met omtrent alle Toyotas, sal die "chips" en ander "go faster" goed op die mark wees, selfs nog voor jy van hulle sien rondry.
Daai enjin het definitief die potensiaal om 200kw plus en 800nm te gooi as jy bietjie krap, maar het jy al so n Cruiser teen hoe spoed gery? Ek het al Chevy V8's ingebou, en ek verseker jou hy is nie veilig op hoe spoed nie, ek sal hom net so los en vir die volgende 25 jaar ry sonder probleme, teen daai tyd is daar nie eers meer amaroks en rangers op die scrapyard oor nie.

Ps; n paar jaar terug was n Ford V6 vinnig, hy moes in alles in en hy het n hele 102kw en 240nm gemaak.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 8:41 pm
by Oupa Stig
Wat op AARDE is "handverstelbare vryloopnawe"? Klink blerrie goed, ek soek ook so 'n naaf.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 8:44 pm
by STAMPIE
Ek ry Donderdag op 'n jagtrip saam met 'n nuwe V8 Dubbelkajuit. Nog nie eens 10 km op die klok nie.
Sien nogal uit.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Tue Aug 20, 2013 10:10 pm
by Thabogrobler
Nee kyk, 150Kw en 430Nm uit 4.5 liter???

Nee wat, ek dink die japs moet bietjie by die Yanks gaan leer hoe om krag uit 'n enjin te toor!

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 8:49 am
by Hoppy
Oupa Stig wrote:Wat op AARDE is "handverstelbare vryloopnawe"?
Dis daai goed in die middel van die voorwiel wat jou vrou in die die dik modder moet loop draai sodat jy minder vas sit, moet ook nie vergeet om haar te se om die kort stokkie bietjie te roer nie. (nie daai een nie, die bakkie s'n).

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 9:10 am
by Oupa Stig
Thanx, Hoppy!
Ongelukkig is daar nie 'n kort stokkie vir my vrou om te roer nie, net 'n lange..

KZTE 4X2!

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 9:25 am
by Pora
Thabogrobler wrote:Nee kyk, 150Kw en 430Nm uit 4.5 liter???

Nee wat, ek dink die japs moet bietjie by die Yanks gaan leer hoe om krag uit 'n enjin te toor!
lol dit is hoe hulle uit die factory uitkom, ek is 100% seker hulle kan meer uitkry

soos ek dit verstaan nerf toyota all hulle motors sodat hulle nie van dag 1 af 99% moet run nie sodat hulle langer moet hou

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 9:41 am
by Hangover
Hoppy wrote:Hulle het sy "launch" al verskeie kere geskuif en amper afgestel, ek dink hulle het hom erg ge"detune" om betroubaarheid te verseker, hy gaan beslis deur die brandweer en ander instansies met n volle vrag agterop werk en nog iets agterna sleep ook.
Ek is seker, soos met omtrent alle Toyotas, sal die "chips" en ander "go faster" goed op die mark wees, selfs nog voor jy van hulle sien rondry.
Daai enjin het definitief die potensiaal om 200kw plus en 800nm te gooi as jy bietjie krap, maar het jy al so n Cruiser teen hoe spoed gery? Ek het al Chevy V8's ingebou, en ek verseker jou hy is nie veilig op hoe spoed nie, ek sal hom net so los en vir die volgende 25 jaar ry sonder probleme, teen daai tyd is daar nie eers meer amaroks en rangers op die scrapyard oor nie.

Ps; n paar jaar terug was n Ford V6 vinnig, hy moes in alles in en hy het n hele 102kw en 240nm gemaak.
Viva @ Hoppy!! Mooi gestel daar!!! Ek droom van so wa ma R500K+ en hy het net n snorkel op is bietjie wild nog vir my...

Sover my kennis strek is die artikel nie helemal reg nie... die ouer cruisers loop op n 4.2L straight 6 en nie 4.3l V6 nie... :surrender:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 9:58 am
by Hoppy
Hangover wrote: die ouer cruisers loop op n 4.2L straight 6 en nie 4.3l V6 nie...
Jy weet mos, die kantoor-tiffiies wat die artikels skryf "Copy & Paste" mos net, hulle weet nie altyd waarvan hulle praat nie.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 10:12 am
by george
Gehoor die motors mag net op 50ppm diesel loop.Gaan maar sukkel in Afrika :silent:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 11:42 am
by Jaans
Ek moet se vir R100 minder koop ek eerder die V6 Petrol cruiser. Die probleem wat ek het met die cruiser bakkies is met die spaarwiel in die bak is dit onprakties vir baie mense. En vir al daardie geld kry jy nie eers n onderhouds plan saam nie. Ek weetnie van die V8 nie maar die 4.2 diesel moet elke 5000km gediens word wat ook nie lekker sin maak nie. Jy kannie eers a behoorlike toer doen nie met 5000km nie. Ek hou van die 70 cruiser konsep maar Toyota het op n paar plekke lekker dom keuses gemaak. Wat ek verstaan kan die V8 net op 50ppm loop wat ook nie sin maak in a cruiser nie.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 1:19 pm
by STAMPIE
Dié Cruisers is blykbaar vir 'n hele tyd getoets met enige diesel, by enige pomp, en geen probleme is ondervind nie.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 2:00 pm
by george
STAMPIE wrote:Dié Cruisers is blykbaar vir 'n hele tyd getoets met enige diesel, by enige pomp, en geen probleme is ondervind nie.
Dis goed om te weet,maar ek het gehoor TSA laat jou iets onderteken waar jy se jy sal net 50ppm ingooi en as hulle vind jy het 500ppm gebruik verval die waarborg

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 2:54 pm
by STAMPIE
George
Ek sal more bietjie hoor of dit so is. Die Cruiser sal vanmiddag klaar wees na die suspensie, bande, ekstra tenke en al die ekstras klaar is.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Wed Aug 21, 2013 10:05 pm
by ThysdJ
george wrote:
STAMPIE wrote:Dié Cruisers is blykbaar vir 'n hele tyd getoets met enige diesel, by enige pomp, en geen probleme is ondervind nie.
Dis goed om te weet,maar ek het gehoor TSA laat jou iets onderteken waar jy se jy sal net 50ppm ingooi en as hulle vind jy het 500ppm gebruik verval die waarborg
Die waarborg is anyway nie veel werd nie... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Thu Aug 22, 2013 12:12 am
by jacques kotze
Toyota is slim, hulle maak n V8 met "min" krag en oor 2 jaar dan "upgrade" hulle die Cruiser maar los dieselfde enjin in maar gee hom net bietjie meer krag. So hulle kan daai enjin inhou vir die volgende 10 "upgrades" dan behoort hulle eers by daai V8 se volle potensiaal te wees.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Thu Aug 22, 2013 6:46 am
by ChrisF
Ry bietjie daar in die Kalahari en verder Noord ....


daai boere het al n paar goed getoets en mens sien omtrent net CRUISERS ......



en soos Hoppy sê, daai waentjie is nie gebou vir spoed nie ... en as mens hom nou eers gekit het vir overlanding is hy nog minder reg vir spoed ..... so nee wat, hou maar daai duitse-dubbel-asma-pompie modelle ..... tensy jy nou n nagemaakte bakkie soek vir winkel toe ry.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Thu Aug 22, 2013 9:20 am
by Hoppy
ThysdJ wrote:Die waarborg is anyway nie veel werd nie...
Die voorwaardes en "Fine print" is gewoonlik baie langer as die waarborg, en alles wat breek is mos "abuse"

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Thu Aug 22, 2013 9:24 am
by ThysdJ
Hoppy wrote:
ThysdJ wrote:Die waarborg is anyway nie veel werd nie...
Die voorwaardes en "Fine print" is gewoonlik baie langer as die waarborg, en alles wat breek is mos "abuse"
Jy's reg, want hy was mos nie eintlik gebou om off-road te gaan nie... oftewel, ons gedagte van off-road verskil hemelsbreed van TSA se gedagte van off-road.. :twisted: :twisted:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Thu Aug 22, 2013 9:34 pm
by ChrisF
ThysdJ wrote:
Hoppy wrote:
ThysdJ wrote:Die waarborg is anyway nie veel werd nie...
Die voorwaardes en "Fine print" is gewoonlik baie langer as die waarborg, en alles wat breek is mos "abuse"
Jy's reg, want hy was mos nie eintlik gebou om off-road te gaan nie... oftewel, ons gedagte van off-road verskil hemelsbreed van TSA se gedagte van off-road.. :twisted: :twisted:

maar die sy-paaidjie by Sandton IS mos "off the road" ....

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Fri Aug 23, 2013 7:05 am
by ThysdJ
ChrisF wrote:maar die sy-paaidjie by Sandton IS mos "off the road" ....
That's pushing it Chris.. :twisted: :twisted: :twisted:

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Sun Aug 25, 2013 9:22 pm
by STAMPIE
Terug van my jagnaweek in Loxton met 'n V8 Cruiser.
Vir party mag die kw. en torque dalk te min wees, maar my ondervinding is dat hierdie Cruiser trek soos 'n trein. Nie blitsig in die eerste twee ratte nie, maar het oorgenoeg torque om lekker te versnel en jou spoed teen opdraendes te hou en selfs in 5e te versnel.
Dit hanteer die grondpaaie uitstekend.
Die kajuit is kleinerig, maar die voorsitplekke gemaklik.
Die uitlaatpyp is verander en wat 'n diep V8 klank teweeg bring. Die probleem is, mens ry agter die klank aan.
Hierdie Cruiser mag maar in my garage staan.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Sun Aug 25, 2013 10:43 pm
by Jaans
Hi Danie

Het julle gekyk wat is die brandstof verbruik? Is die spaarwiel op die bak soos dit uitgekom het?

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Mon Aug 26, 2013 8:58 am
by STAMPIE
Johannes
Ek weet nog nie wat die verbruik was nie, maar soos ek sê, die probleem kan wees omdat mens agter die mooi klank aan ry.
Die spaarwiel bracket is uitgehaal uit die bak en die linker knop van die modderskerm is kleiner gemaak om die 80l yskas te akkommodeer.
Daar kom nou 2 spaarwiel houers op die agterbuffer.
Die kappie is die beste wat ek nog gesien het. Geen stof na meer as 400 km grondpad.

Re: ...sal my Hilux ruil vir een.

Posted: Mon Aug 26, 2013 12:21 pm
by Hoppy
Die twee spaarwiele agterop is n "Cruiser ding", maar dit werk nie so goed soos dit lyk nie, hy ry soos n spring-haas as hy vrag op het.
Wie het die kappie gebou?