Page 1 of 1

Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:32 pm
by Warrior
Raait - hierdie is n hele nuwe speelveld vir my en ek weet basies tussen F-all en zero van die verskillende gewere.
Was al op n jagtrip of twee maar het nou die geleentheid om meer betrokke te raak en is so opgewonde soos n laaitie in n speelgoedwinkel ! :thumbup:

Na redelike navorsing en raad , dink ek aan n 308.
Hiers n vriend van my wat CZ verkoop , so ek neig na n CZ 308.
Magtie maar die goed het duur geword - dans daar nog die sak, Scope , lesse ens ens ens.
Dan is daar die BRUNO wat heelwat goedkoper is en weer die Remington wat weer heelwat duurder is en en en.... !! :slap:



My geweer moet soos my Hilux wees: n "allrounder" (van jaag op die highway, shopping doen tot vragdra en 4x4 ry :celebrate: )


Enige ander voorstelle ?

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:36 pm
by Rianc
Jy is op die regte pad!

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 1:46 pm
by Agteros
Die CZ is basies 'n nuwe "Brno". Die naam het net verander. Jy sal nie 'n fout maak met 'n CZ nie - ook nie met 'n Remington nie.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 2:15 pm
by Hoppy
Mail vir George op die Forum, sy biltong is baie lekker en goedkoop, Blue bottle hier in Brackenfell het ook n special op brandewyn en jou vrou gaan elkgeval kwaad wees vir jou.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 2:21 pm
by JamesC
Gewere is my besigheid en my lewe. As jy nog nie die opleiding gedoen het nie, ek kan jou help vir R900 vir al drie modules (handwapen,geweer en haelgeweer).

Ek self is 'n fan van die 308 en het baie oeswerk met die kaliber in tanzania gedoen - sien http://www.wingshooting.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;

Persoonlik hou ek nie baie van CZ nie maar jy moet maar self huiswerk doen en 'n happy medium tussen pryse kry...

Sterkte en geniet dit.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 2:23 pm
by Rianc
Mamma mia! Ek het nou net deur 'n jag tydskrif geblaai! Die kostes van die wapens is mal! Ek het in 1986 'n K98 308 Musgrave gekoop saam met 'n Bushnell? teleskoop vir R1800. Fantastiese geweer gewees, het hom aan my vriend met sy jagplaas egter verkoop. Die 98 Mauser aksie is lekker, maar vir 'n gemiddelde prys van R20k plus koop ek nie weer 'n jag geweer nie! Baie mooi natuurlik! Ek bestel deesdae en of al jare lank wild van my kollegas wat jag, ek betaal net vir die bok, nie vir die verblyf en brandstof nie, en werk my baie goedkoper uit. Ek is wel twee weekliks in die bos, so mis nie die jag nie, sien baie meer diere sonder 'n geweer as met hom. Ek is nie teen jag nie, verstaan my reg asb, dit het net te duur geraak.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 3:55 pm
by vanthev8man
ek het in die nuwe magnum gesien dat musgrawe weer vervaardig word!

musgrave was nog altyd goeie waarde vir geld,dieselfde kan gese word van die 98 mauser aksie en dan gaan jy sommer vir n leipolt scope-ook uitstekend en nie uitsonderlik duur nie!

ek het so n kombinasie en het al baie duur geweer/scope kombinasies pak gegee en ek reken myself as n gemiddelde skut!


...of is dit dalk die drywer en nie die voertuig nie? :lol: ;-)

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Aug 16, 2013 5:48 pm
by Warrior
Mmmmm interessante stof tot nadenke !!! dankie julle.

Net baie telleurgesteld met Allan se terugvoer !!! :whip:
Moet nou nie negatief raak omdat my vrou laaskeer kwaad vir my was na n 4x4 "beplannings" sessie nie ! (en dit by jou huis !!! :twisted: )

Nee wat , al kos daai biltong en droe wors n bietjie meer - dis die begin van toekomstige avonture !
En die beste is, my Hilux kan saamgaan :celebrate:

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sat Aug 17, 2013 8:01 am
by Agteros
Warrior wrote:Mmmmm interessante stof tot nadenke !!! dankie julle.

Net baie telleurgesteld met Allan se terugvoer !!! :whip:
Moet nou nie negatief raak omdat my vrou laaskeer kwaad vir my was na n 4x4 "beplannings" sessie nie ! (en dit by jou huis !!! :twisted: )

Nee wat , al kos daai biltong en droe wors n bietjie meer - dis die begin van toekomstige avonture !
En die beste is, my Hilux kan saamgaan :celebrate:
Dis hy Eben :thumbup: Jy gaan dit baie geniet. Vra maar die vrae - ons sal prober antwoord. Daar is basies nie "swak" gewere nie - dit gaan maar wat jou sak pas en wat met jou hart praat.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sat Aug 17, 2013 12:17 pm
by Rianc
Stem Martin, het al my twee vriende se Sauers op die skietbaan uitgehaal met my Musgrave. Soos hulle oppad soontoe beskryf het as 'n "cheapie". Die rit terug huis toe was maar baie stil. Musgrave met die K98 aksie is 'n lekker geweer! Kan net nog nie glo die goed het so duur geraak nie? My keuse was destyds gebasseer op die feit dat ek 'n kas R1 (7.62) patrone gehad het (wettig op daai stadium).

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sun Aug 18, 2013 2:11 pm
by vanthev8man
rian,

dieselfde hier!
ek het lief geraak vir die caliber in oom magnus se skool destyds-die .308 gekoop in 1984 met die idee om daai suplus r1m1 weg te skiet!
min het ek geweet hoe verskriklik bont daai goed skiet-dis n wonder ons het ooit enige swapo gedood! :lol:
ek herlaai al my eie .308 vanaf 2004 en waarborg jou ek skiet meer(baie meer)akkuraat met my patrone as met enige "winkel" ammo!

eben,

.308 is regtig n baie lekker "gemiddelde" kaliber-ek het tot op datum al my wild met die musgavie geskiet-dis nou vanaf haas tot eland!
het nou maar eers .375 gekoop en wonder nog party dae hoekom?! :-o

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sun Aug 18, 2013 2:36 pm
by KOBUSL
Hoppy wrote:Mail vir George op die Forum, sy biltong is baie lekker en goedkoop, Blue bottle hier in Brackenfell het ook n special op brandewyn en jou vrou gaan elkgeval kwaad wees vir jou.

Toemaar Allan, hy sal leer. :lol: :lol:

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sun Aug 18, 2013 4:33 pm
by ChrisF
Eben daar is nou n splinternuwe vuurwapen winkel in Cape Gate - wel oorkant die Cape Gate sentrum, so entjie verby Builders.


VRYDAG eers hul polisie klaring gekry, so hul voorraad kom die week af .....


dis n francise van een van Johannesburg se bekende wapen winkels.



Vra vir LEN BURGER (my swaer)

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Sun Aug 18, 2013 5:44 pm
by Rianc
Martin, stem saam met die bond skote! My geweer ook bietjie seer gemaak. Maar ek het genoeg Swapo's vermink met die R1! Sit die okie op RRRRRR en sien hoe die doeke se inhoud spat!

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Mon Aug 19, 2013 7:56 am
by vanthev8man
chris,

wie is die franchise?-solank dit net nie nog n safari&outdoor is nie,want ek gril elke keer as ek my geld vir willem en sy klomp arrogante verkoopsmanne moet gee! :evil:

ek moet nog voor vrydag n scope koop en monteer-kan ek n kontak no kry asb! :beg:

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Mon Aug 19, 2013 8:07 am
by Hangover
vanthev8man wrote:chris,

wie is die franchise?-solank dit net nie nog n safari&outdoor is nie,want ek gril elke keer as ek my geld vir willem en sy klomp arrogante verkoopsmanne moet gee! :evil:

ek moet nog voor vrydag n scope koop en monteer-kan ek n kontak no kry asb! :beg:
+1 :deadhorse:

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Mon Aug 19, 2013 9:25 pm
by Modder Tekkies
Eben

Ek persoonlik hou nie van die 308 nie, maar daar is baie boere en jagters wat my seker nou sal stenig oor daai uitlating.

Soek jy een geweer vir 'n goeie "all-rounder" of wil jy begin met iets en later iets anders by kry? As jy een geweer soek wat als kan doen sal ek eeder sĂȘ jy moet kyk na iets soos 'n 300 Win Mag, dan kan jy Eland en ander groot wild ook skiet met hom.

Jy is welkom om endag saam te kom Durbanville of Kraaifontein skietbaan toe en dan kan jy sommer na hele paar verskillende kalibers kyk en dalk sommer skiet met van hulle ook. Meeste manne daar hou van praat oor hulle roere en sal nie omgee om jou een of twee skote te laat skiet as hulle net daar vir pret is nie.

Maak eers jou besluit vas op kaliber voor jy begin kyk vir watter maak jy wil koop. 'n Vriend van my skiet die manne stil by Kaapjag kompetisies met 'n HOWA wat onder die R10 000 gekos het. Daar is ook baie goeie tweede handes vuurwapens in die mark vir goeie pryse.

As daai gogga eers gebyt het :lmao:

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Tue Aug 20, 2013 2:05 pm
by ChrisF
vanthev8man wrote:chris,

wie is die franchise?-solank dit net nie nog n safari&outdoor is nie,want ek gril elke keer as ek my geld vir willem en sy klomp arrogante verkoopsmanne moet gee! :evil:

ek moet nog voor vrydag n scope koop en monteer-kan ek n kontak no kry asb! :beg:
Hello Willem

021 981 8180

Praat met LEN BURGER.

Dis n JJ Wapens Ermelo franchise.

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Oct 18, 2013 2:44 pm
by vanthev8man
chris,

dankie,ek het met len gepraat-gaan sondag by hom kuier met my .375!

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Oct 18, 2013 5:08 pm
by ChrisF
Daars MOOI speelgoed daar by hulle .... :)

Re: Jaggeweer raad asb.

Posted: Fri Oct 18, 2013 7:46 pm
by Baasvark
Hi Eben,

Jy sal nie verkeerd gaan met 'n CZ of .308 nie!

CZ is 'n werksesel. Hy is nie gemaak om mooi te lyk nie maar hy kry die job sonder moeite gedoen (nes 'n SFA 'Lux). Jy kan baie meer betaal vir 'n duurder wapen maar die biltong proe dieselfde.....

Die .308 is 'n baie goeie kaliber. Omdat hy 'n korter, vetter dop het verbrand hy kruit meer doeltreffend. Sy ammunisie is nie te duur nie (belangrik as jy baie gaan skiet!!!) en hy kan doen wat nodig is. Jy mag dalk later oorweeg om self te herlaai en dit is 'n baie toegwende keuse. Hy skop ook nie regtig nie.
Ek self het nie 'n .308 nie maar wel 'n .243, 7 x 64 en .375. Maar my jagmaats het amper almal .308's en trek tot selfs elande plat met hulle.

Goeie keuse! :thumbup: