Page 1 of 1

Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Tue Jul 16, 2013 9:41 pm
by Renierwolf
Wil so n bietjie hoor wat dink julle slim manne van die nuwe Rav4? Vroulief se d/cab is klaar betaal en sy kyk nou uit vir n nuwe voertuig. Is daar iemand wat een het en watse model sal julle aanbeveel?

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 7:48 am
by Dewald Posthumus
Hi Renier,

Vroulief ry een van die nuwes. Dit is n awesome kar met meer as genoeg plek vir ons twee seuns (7 & 5 jaar oud). Selfs al bestuur ek (2.03m lank) is daar meer as genoeg spasie agter my sitplek vir die 7 jarige. Nou dat ek dit se kom ek agter dat my Pa sowel as skoonma ook al agter my gesit het terwyl ek bestuur, gelukkig was dit op verskillende ritte!

Sy het die intreevlak model (2.0 liter petrol weergawe), maar dit voel nie soos n intreevlak model nie, al die "bells en whistles" is daar, vanaf die touch screen radio tot stuurwiel beheer vir radio, telefoon ens. Dit is dan ook n baie veilige voertuig met lugsakke amper oral waar jy kan dink om een in te sit. Verder as dit kan albei seuns se BMX fitse in die kattebak pas as hulle by Oupa wil gaan fietsry.

So, oor die algemeen is dit volgens myns insiens n fantastiese voertuig, veral vir die prys wat jy betaal - al die luukshede met die Toyota naam, wat meer wil jy he?

Die enigste negatiewe ding wat ek wel kan se is die petrolverbruik, dit is gelys as 7.7liter/100km oftewel 12.8km/liter, maar is meer in die lyn van 10km/liter. Die voertuig het nou eers 5000 km op, dit kan seker nog verbeter, maar is redelik konstant sover.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 7:54 am
by Tal
mmmmmmmmmaybe.....

(vir die van julle wat al die tv add gesien het)

:lmao: :yahoo: :tease:

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 12:26 pm
by Thabogrobler
Dit is heel moontlike 'n fantastiese voertuig, maar op looks wen hy waaragtig nie!

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 2:04 pm
by Renierwolf
Thanks. Gaan vandag n toetsrit vat om te besluit. Daar is n R120 000 prys verskil tussen die 2.2diesel en die 2.0 petrol. Nou gaan sy soveel spaar met diesel in 5 jaar as sy nie eers 2000km n maand ry nie.... Dan maak die petrol meer sin.
Vroulief oorweeg dit nou om haar dubblecab te wil vekoop. (Neeeee)

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 2:14 pm
by JEEPIE
my ma het sopas 1 gekoop
wag om te sien
sal laat weet

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 5:16 pm
by Jaans
Ek het die 2.5 model in amerika gery vir twee weke. Weetnie hoe verskil hulle sin van ons sin nie. Ry baie lekker met baie spasie. Die enigste plek wat ek dink Toyota moes verbeter het is die grondvry hoogte dit is maar 160mm as kan reg onthou. Die agterste suspensie het op sekere plekke gevoel of daar geen suspensie was nie maar die is a AVIS kar en wie weet wat die mense voor my met die kar gemaak het. die kar se rekenaar het gese die brandstof verbruik was 26mpg (11km/l) wat seker nie sleg is vir n 2.5 nie.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 6:23 pm
by Renierwolf
Reg nou kom ons groot vraag en wat stel julle voor?
1. Behou die 2007 d/c 3.0d4d en koop n 2.0 petrol Gx rav4?
2. Verkoop die 2007 d/c en koop n 3.0d4d Fortuner?
Ons het die Rav4 en Fortuner gery, was bietjie afgesit met die Rav4 se grondvry hoogte. Dit was ook eerste keer dat ons die nuwe Fortuner gery het. ( eerste keer gery net toe hul bekend gestel was en was nie toe baie beindruk nie) nou inteendeel was ek baie tevrede.
Wat sou julle manne doen? Of koop ek n staalborsel en krap waar dit jeuk? Hehe

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 17, 2013 8:41 pm
by Thabogrobler
Mmmmm....hang af van jou behoeftes?

Gesin, tipe trips, daily driver, wat is vir jou belangrik?

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Jul 18, 2013 7:58 am
by Dewald Posthumus
Dit is baie belangrik dat jy weet die Rav is op die meeste n grondpadkar, nie veel meer off road as dit nie, daarvoor het ek n Hilux.

As n daily "soccer mom" driver is dit great, maar nie as jy n staalborsel jeuk het om in die bos te gaan ry nie, koop dan liewer die Fortuner.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Jul 18, 2013 8:14 am
by jacques kotze
Ek dink die RAV sal dalk nie so hoog op die "steel lysie" wees soos die Fortuner nie. Anders as dit sal ek die Fortuner vat.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Jul 18, 2013 8:24 am
by Frederick
As jou d/c nie miljoene km's op het nie en jy wil nie van 4x2 na 4x4 toe oorgaan nie sal ek beslis se hou jou d/c.
DC het die meeste spasie van al daai voertuie. plus,hy is klaar betaal. jy gaan neukerig raak as jy nie alles inkry in die rav of fortuner wat jy ingekry het in jou d/c nie.
Ek het n d/c by die kantoor en dis verbasend hoeveel meer ek in hom kry as in my Fortuner(moet egter geen fout maak nie, dit is n meer as fantastiese voertuig).
Moet egter se dat as 4x4 nie n issue is nie die nuwe 2.5 auto fortuner is haastig soos ek nie vir jou kan beskryf nie. my 3.0 xstra cab moet uithaal en wys om by te bly.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Fri Jul 19, 2013 9:00 am
by Renierwolf
Ons gaan die d/c hou. Sy het ons nog net goeie km gegee. 175000 daarvan. Vol diens record by toyota en nog net n waterpomp vervang. As ons in die 4x4 wereld ingaan sal ons maar my xtracab 4x4 vat. Ek dink vroulief sal die Rav4 baie geniet.
Nou kom die kleur keuse!!!!! Ek is nog altyd n voorstaander op wit. Maar ander kleure lyk baie mooi in die Rav4.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Fri Jul 19, 2013 9:52 am
by Dewald Posthumus
Is daar enige ander kleur as wit? Wit bly maar die beste kleur...

Vroulief het die Pearl White, is nogal mooi en sover geen ooglopende krapmerke op nie, anders as haar vorige Charcoal kleur Verso, na 130000km het dit gelyk of iemand daai kar met n staalborsel bygedam het!

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Jul 24, 2013 10:39 pm
by Renierwolf
Bietjie terugvoering. Vroulief het vandag gehoor haar silver RAV sal aug hier wees. Jippyyyy

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Sep 04, 2013 1:15 pm
by Renierwolf
Image Link Broken
Image Link Broken
Image Link Broken
Gelukkig het sy gewag en gekry wat sy wou he.
Pearl white in die 2.2 d AWD



:rofl:
Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Sep 04, 2013 1:55 pm
by Hilux 1
MOOI, is dit ook n 7 seater?

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Sep 04, 2013 3:53 pm
by mcw
:think: :think: koop die Rav ,ge vir my die Hiluc :beg: :beg:

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Wed Sep 04, 2013 9:57 pm
by Renierwolf
Hahaha. Ons bloed in die huis het altyd hilux gevloei.... Nou is dit vol bloed toyota..... Haar d/cab gaan nou bietjie rus en mooi na gekyk word. Hy het ons goeie km gegee en vroulief is te geheg aan haar bakkie.
Ek moet bieg en se dat daai 2.2 d maar lekker ry. Hy het my verbaas in die barberton pass en op na witrivier toe. Ry gemaklik en voel veilig.



:rofl:
Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Sep 05, 2013 7:48 am
by Dewald Posthumus
Renierwolf wrote:Hahaha. Ons bloed in die huis het altyd hilux gevloei.... Nou is dit vol bloed toyota..... Haar d/cab gaan nou bietjie rus en mooi na gekyk word. Hy het ons goeie km gegee en vroulief is te geheg aan haar bakkie.
Ek moet bieg en se dat daai 2.2 d maar lekker ry. Hy het my verbaas in die barberton pass en op na witrivier toe. Ry gemaklik en voel veilig.



:rofl:
Sent from my iPhone using Tapatalk
Rav4 het 5 ster Euro NCAP rating gekry vir veiligheid, so hy voel nie net veilig nie, hy IS veilig!

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Sep 05, 2013 9:48 am
by JEEPIE
ek moet se , ek is ook beindruk met hom
meer as genoeg spasie binne
trek lekker ook
geniet hom

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Sep 05, 2013 2:51 pm
by andrevt
_MG_7802 (Small).JPG
_MG_7802 (Small).JPG (59.85 KiB) Viewed 8882 times
_MG_7804 (Small).JPG
_MG_7804 (Small).JPG (65.33 KiB) Viewed 8882 times
my vrou het hare so 4 maande terug gekry ....leke mooi nog nie ver met hom gery nie ry maar meer met die trokkies

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Sep 05, 2013 8:21 pm
by warthog
Renierwolf wrote:Image Link Broken
Gelukkig het sy gewag en gekry wat sy wou he.
Pearl white in die 2.2 d AWD



:rofl:
Sent from my iPhone using Tapatalk

Hallo NTT Toyota, Barberton... :boss:

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Sun Jan 26, 2014 7:43 pm
by Renierwolf
En daar kom die Rav ook tot n einde.....
Ons het maar n groot hap gevat en laat ons betroubare hilux van 7 jaar in die familie gaan....
Die RAV4 is ook oppad..... Darem bly hule in die familie....
Nou wag ek net die week vir die PRADO.
Toyota sal altyd in ons erf staan.Image



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Mon Jan 26, 2015 10:35 am
by Hilux01
Mnre

ek sien heelwat van die kommentaar is 1jr en ouer
SWAMBO is nou in die mark vir n RAV4 GX 2.0 julle kommentaar asb
Sy vat die manual ek is nog nie oorgehaal vir CVT nie

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Apr 29, 2021 3:48 pm
by Frosty
Ek sit in Dakar Senegal ek ry n 2018 2.8 4x4 Hilux in SA drie jaar out met net 15K Km op, ek ry ook n RAV 4 2019 AWD hier is Senegal en ek moet se ek het n 3Lt Furtuner 2012 model gehaat en dit was by verre die beste gewees, die Bakkie in underpowerd, swaarder op sous en ry nie so lekker soor die Fortuner nie. Die RAV 4 ry nie te sleg nie ook maar hard maar beter as die bakkie, en in die sand en modder is hy baie dieselfde as die bakkie ook net under powered, Natuurlik sou a low range and bietjie meer clearence baie gehelp het maar vir a AWD doen hy regtig nie sleg nie, om die waarheid te se die manne hier met die Cruzers sukkel in die sand meer as ek met die RAV.

Ek wil nie die bakie ruil vir n RAV nie maar sal hom defenitief ruil vir a Fortuner as ek iets moet ruil. Die RAV doen uitstekend en hy is heeltemal goet genoeg vir in die woestyn hier by ons.

Re: Nuwe Rav4, wat se die manne.

Posted: Thu Apr 29, 2021 4:01 pm
by Frosty
Hier is so n paar fotos net om te wys ek doen dit regtig. Band druk help ook baie.
RAV#.jpg
RAV#.jpg (15.38 KiB) Viewed 3700 times