Page 1 of 1

They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 4:56 pm
by george
This moron is even allowed to breed. :frustrated: :punch:
phpBB [video]

View Original

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:03 pm
by CasKru
Jis dit maak my boos... wens daai Ellie het sy @#$@$ gestrip en daai Dustbin op sy dak neer gesit.

Sulke mense moet in 'n klein kammertjie toe gesluit word en die sluitel moet weg gegooi word.

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:05 pm
by george
CasKru wrote:Jis dit maak my boos... wens daai Ellie het sy @#$@$ gestrip en daai Dustbin op sy dak neer gesit.

Sulke mense moet in 'n klein kammertjie toe gesluit word en die sluitel moet weg gegooi word.
Wat my die hel in maak is volgende keer is dit jy en jou familie en nou is Ta nie meer lus vir speel nie en dop jou kar om.

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:14 pm
by Ali3n
Ek se net mooi niks nie... dit is n flippen skande dat sulke mense toegelaat word in ons wildtuine. Hulle moet hom opspoor en hom verban... dom drol.... :evil: :evil: :evil:

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:22 pm
by Oupa Stig
Sy registrasie nr wys mos mooi. Krimineel. Hy sal nie so neus to neus gaan met my kz nie :twisted:
Hopenlik lok die video die regte mense se aandag en gee hulle hom hel!

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:23 pm
by CasKru
george wrote:
CasKru wrote:Jis dit maak my boos... wens daai Ellie het sy @#$@$ gestrip en daai Dustbin op sy dak neer gesit.

Sulke mense moet in 'n klein kammertjie toe gesluit word en die sluitel moet weg gegooi word.
Wat my die #hel in maak is volgende keer is dit jy en jou familie en nou is Ta nie meer lus vir speel nie en dop jou kar om.
Presies... ek het die link vir die ouens by Jacaranda gestuur en hopelik name en shame hulle hom so bietjie

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 5:56 pm
by War-Medic
Ek wens dai grootvoet het sy trok opgef... En dan moes sy versekering hom n put gedruk het. Belaglik.


Sent from my iPad using Tapatalk HD

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 6:07 pm
by ChrisF
this was debated in length on the other forum .....


At first it looks stupid etc etc .....



After reading some of the replies on the other forum I discussed this with a registered guide with about 20 years experience.


Few things to bear in mind :

1) we dont know how this started, so already difficult to apportion "blame" ....

2) step ONE is always to try your best to NOT end in a situation where an ellie is this close to you (but many of us have seen how quick this can happen in places like Kruger)

3) my friend has seen a variety of reactions from tourists when confronted by elllies .... mostly a FAST reverse. The problem here is that the young ellies sees this as playing and then expect other cars to play in a similar manner

4) best is to just "stand your ground" and let the ellie get bored and walk off (though not always practical nor possible)

5) with no other way out this video actually shows the correct way of dealing with an ellie - YES, it was also a big surprize to me !!

6) NOTE !!!! This will NOT work a bull in must, nor with a difficult cow !!! They may well turn over the vehicle !!!


Point 6 being the crux - we as occasional tourists just do not have the experience to know when to "stand" when to "reverse" or when to "face of" with an ellie ..... so back to point 2 - AVOID these situations as far as possible !!

Re: They walk among us.......

Posted: Wed May 29, 2013 6:54 pm
by george
Chris I am no expert by any means.But what I understand is you have to give an ellie their space.Do not stand your ground under any circumstances.Even if they want to play.Keep backing up.If there is cars behind you tell them to keep backing up.If you stand your ground you are challenging the ellie.If he is in a playful mood he will mock charge you but if he is serious he will let you be if you allow enough distance.In my trip I did I was charge about 4 times.2 times on foot and every time I just backed up until the ellie feels comfortable and then you just enjoy the scene. Unfortunately this ellie now has realised that white little trucks do not back down so who knows what will happen next to a white little truck if the ellie dont want to play.

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 8:26 am
by Hilux 1
kan mens dit nie aan stuur vir die owerhede nie.

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 10:07 am
by ChrisF
Hilux 1 wrote:kan mens dit nie aan stuur vir die owerhede nie.
Klaar aangestuur. SANS Parke is bewus hiervan. Nie seker of hulle al die ou gekontak het nie.


MAAR, sonder die konteks van HOE die ou so naby aan die olifant beland het sal hulle niks doen nie.

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 10:46 am
by george
MAAR, sonder die konteks van HOE die ou so naby aan die olifant beland het sal hulle niks doen nie.
Chris ek het toe die ander thread gekry en ek hoor wat die manne se daar.'n Mens moet skere die hele storie in perspektief kry.

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 11:14 am
by ChrisF
Sonder perspektief sal ek nie die ou stenig nie ....


MAAR, MENS ek wil NIE agter daai stuur sit nie !! As daai bulletjie sy "skroefdraad" strip gaan iemand SEER kry !

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 11:54 am
by Scorpion
Was 'n paar jaar terug op 'n offisiele gamedrive in KNP. Dit was laatmiddag, ons het stadig gery en na leeus gesoek. Die volgende oomblik toe storm daar 'n befoeterde ou bul in die pad in so 100m voor ons. Hy gewaar die voertuig, draai summier in ons rigting en storm bedonnerd op ons af. :shock2: Al die toeriste is paniekbevange, maar die wildbewaarder staan sy grond! Hy ref die motor en laat die kar vorentoe bokspring... Tjoef, daar stop die olifant in sy spore!

Staredown... Die ou bul is nie seker wat om hiervan te maak nie, maar wil ook nie rittereer nie. Die wildbewaarder se net ons moet stil bly, want skree maak hulle verboureerd en dan sal hy weer storm. Daar sit ons tjoepstil, maar vreesbevange vir seker 15min. Die wildbewaarder begin toe baie stadig reverse en daar storm die bul ons weer dadelik. 1ste rat, ref die enfin, bokspring. Tjoef, daar stop ou grote weer in sy spore! Die storie herhaal homself nog 'n keer, voor die wildbewaarder maar besluit om nou die bul te mock charge. Selfde gedoen as die ou in die video en 10 min later toe stap die eers baie kwaai bul rustig die bos in en los ons uit. :blackeye:

Na tyd vertel die bewaarder ons dat olifante baie vinniger kan hardloop as wat enige voertuig kan reverse. As jy plek en tyd het, doen dit. Maar 100m was te min vir ons om weg te kom, so hy het geen keuse gehad nie. Hulle word geleer:

1.) Rittereer as jy tyd en plek het, maar dis eintlik die gevaarlikste opsie want hulle gaan jou storm as hulle bedonnerd is of lus vir speel. Jy moet tyd en plek he om te kan omdraai.
2.) Staan jou grond, en as dit nie werk nie...
3.) Mock charge terug

Ek persoonlik dink nog steeds die ou was bietjie braaf om die olifant so te charge en heeltyd so naby aan hom gebly. Ek sou hom gelos het toe die Ellie die eerste keer gerittereer het, want hy sou heelwaarskynlik daar die bosse in verdwyn het. Maar ek vel geen oordeel nie, want ek was nie daar nie. :blushing:

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 5:12 pm
by george
Die ding is jy moet Olifante goed ken om jou man te staan.Olifante hou van hulle spasie en as jy te naby kom gaan hulle jou storm om jou uit hulle spasie te dryf.Ek was ook op ;n wild rit waar die bewaarder baie vinnige in trurat gegaan het.Hy het een kyk gegee en gese vandag lol hy nie met die een nie.Dit bly maar moeilik met wilde diere.

Re: They walk among us.......

Posted: Thu May 30, 2013 6:03 pm
by ChrisF
george wrote:Die ding is jy moet Olifante goed ken om jou man te staan.Olifante hou van hulle spasie en as jy te naby kom gaan hulle jou storm om jou uit hulle spasie te dryf.Ek was ook op ;n wild rit waar die bewaarder baie vinnige in trurat gegaan het.Hy het een kyk gegee en gese vandag lol hy nie met die een nie.Dit bly maar moeilik met wilde diere.
En DIT is belangrike ding - die GIDSE weet wanneer om te "charge" en wanneer om te "reverse" ...... die gewone toeris het nie clue hoe om die diere te "lees" nie !


So ons moet maar ons bes doen om nie in die situasie te kom nie.

Re: They walk among us.......

Posted: Fri May 31, 2013 7:15 am
by ThysdJ
Dis 'n hardbody datsun daai.. hy is olifantbestand... :twisted: :twisted: :twisted: