Page 1 of 1

Jagpryse 2013

Posted: Thu May 23, 2013 4:06 pm
by Rianc
Net ter inligting vie die wat sou belang stel.

Re: Jagpryse 2013

Posted: Thu May 23, 2013 9:48 pm
by Baasvark
Het Jy al daar gejag?

Die meeste reels wat ek NOG gesien het.
Eerste keer wat ek sien jy moet die gids uurliks betaal EN nog 'n fooitjie na die tyd...

Maar, anders lyk dit nie te erg nie.

Dankie :thumbup:

Re: Jagpryse 2013

Posted: Thu May 23, 2013 10:43 pm
by Gideonvanzyl
Die ou het omtrent reels. Klink na 'n Hitler tipe ou. Duur is nie die regte woord nie. R1800 vir 'n steenbok, ek kan in NAM 'n paar springbokke skiet vir daai geld.

Re: Jagpryse 2013

Posted: Thu May 23, 2013 11:00 pm
by Rianc
Hier bo in Limpopo word Steenbok gesien as kroon wild, daarom seker die hoë prys. Ek jag gereeld daar (laas week) en die reëls is maar net vir die ouens wat die veld en natuur wil of kan respekteer nie. Jy jag as jy jag en geniet later by die huis/kamp 'n sappie (nes enige 4x4 drive). Wel ek hoef nie die man te verdedig oor sy reels nie, soos ek gesê het, net ter inligting.

Re: Jagpryse 2013

Posted: Fri May 24, 2013 8:23 am
by JEEPIE
n hand vol sogenoemde jagters het dit moeliker gemaak vir ander wat magtigheid voor oe kan hou
ek was al op n jag waar die drank in a aprte vortuig aangery is.
die nawwek se "jag" was ook maar net n moerse gesuipery , ook die beskanding van die boer se plaas
goeie mors van tyd gewees

Re: Jagpryse 2013

Posted: Fri May 24, 2013 10:08 pm
by Gideonvanzyl
Rianc wrote:Hier bo in Limpopo word Steenbok gesien as kroon wild, daarom seker die hoë prys. Ek jag gereeld daar (laas week) en die reëls is maar net vir die ouens wat die veld en natuur wil of kan respekteer nie. Jy jag as jy jag en geniet later by die huis/kamp 'n sappie (nes enige 4x4 drive). Wel ek hoef nie die man te verdedig oor sy reels nie, soos ek gesê het, net ter inligting.
Ek stem saam Rian, daar moet reels wees. Die ou het net baie. Het jy darem 'n mooi bok of bokke kon skiet?

Drank moet heeltemal verban word saam met jag. Kuier na die tyd as dit dan nou moet.

Re: Jagpryse 2013

Posted: Sat May 25, 2013 7:58 am
by Rianc
Ek het drie mooi rooibokke gekry, die veld is hierdie jaar baie mooi na die vloede van Januarie. R1800 in totaal. Dis hoekom 'n ou nie steenbokkies skiet nie. Dis baie maklik om by die reels te hou, soos ek gesê, as jy 'n jagter is sal jy nie probleme met die reels hê nie, maar as jy wil gaan suip omdat mammie nie saam is nie gaan jy probleme kry. Sover gaan ek die eerste week in Junie terug om my koedoe te gaan optel, wag eers vir die rooibok biltong om bietjie droer te word.
Happy hunting!

Re: Jagpryse 2013

Posted: Mon May 27, 2013 8:37 pm
by Gideonvanzyl
Rianc wrote:Ek het drie mooi rooibokke gekry, die veld is hierdie jaar baie mooi na die vloede van Januarie. R1800 in totaal. Dis hoekom 'n ou nie steenbokkies skiet nie. Dis baie maklik om by die reels te hou, soos ek gesê, as jy 'n jagter is sal jy nie probleme met die reels hê nie, maar as jy wil gaan suip omdat mammie nie saam is nie gaan jy probleme kry. Sover gaan ek die eerste week in Junie terug om my koedoe te gaan optel, wag eers vir die rooibok biltong om bietjie droer te word.
Happy hunting!
Lekker man, geniet daai droe vleisies. Ek self gaan hier na Veldrif se kant toe, op teen die Weskus, by 'n vriend van my jag.