Whisky wrote:Ek is nuut op hierdie forum, nou net aangeteken
Welkom op die forum Ben.
Whisky wrote:Watter tipe rubber en dikte is daar tussen die kappie en die voertuig se bak?
Ek het verskye probeer maar almal het op een of ander plek water deur gelaat – toe gaan ek maar na Beeckman canopies en vra hulle vir hulp. Hulle se hulle gebruik n rubber base produk wat nooit hard word nie – so ek het ongelukkig nie n naam nie - sal later n foto opsit.
Whisky wrote:Wat is julle opinie om die duk harde spons te gebruik om die kombuisgery in te verpak?
Dit is n nice idée maar ek persoonlik dink dat dit te veel werk is maar is seker doen baar.
Whisky wrote:Het julle die hegmiddels wat deur die kappie vervaardigers gebruik word om die kappie aan die voertuig te heg gebruik en is daar ekstra van die hegtings nodig siende die kappie swaarder is as die gewone veselglas?
Die hegting aan die bak self het ek die bestaande 2 gate voor langs die kant gebruik en agter het ek 2 8mm rivnut ingesit – so 4 x 8mm boude (stainless) hou die kappie op sy plek en vas. Ek het my hele kappie geplak (panele) met Sika 221 (wat nie alu vreet nie). Ek weet Pieter het pop rivets gebruik vir sommige van die panele. Ek sal in die toekoms weer plak as ek weer n soortgelyke projek doen. Sal foto’s opsit.
Whisky wrote:Die skaniere is met boute wat deur die square tubbing gaan vas gesit. Trek die bout nie die tubbing 'n duik in nie. Weet nie hoe om dit mooi te verduidelik nie maar julle weet wat ek bedoel. Hoe verhoed 'n mens dit?
My skaniere is slegs op die buite wand gepoprivet (“blind” poprivets) ek tot op het met omtrent so 6000km grondpad agter die rug het ek nog geen probleme nie. Pieter het wel syne vas geskroef. Jy kan seker n stukkie alu flatbar vat on die trek area te verstewig om die duike te verhoed.
Laat gerus weet as jy nog inligting soek - ons help graag.
Jammer vir die laat reply maar ek is nog met vakansie.