Page 1 of 1

Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 4:37 pm
by HennieThabazimbi
Hello almal ek is Hennie ek Bly in Thabazimbi en geniet dit om my bakkie vuil te maak hehehehe as die skoon maak net so lekker was ek ry n 1974 International 1310 4x4 bakkie en geniet hom baie

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 4:44 pm
by ChrisF
Hennie WELKOM

MOOI wa. :)


het so iets nodig hier in die stad ... vir die manne wat nie lekker kan ry nie .... hehehehe ....

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 4:46 pm
by HennieThabazimbi
Dankie Chris dis nou nie n Toyota nie maar hie werk hy baie mooi vir die taxis

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 7:19 pm
by ThysdJ
Hello Hennie en welkom!! :thumbup: :thumbup: Nice trok daai!! :clap: :clap:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 7:43 pm
by TOYODA
Welkom Hennie, :wave: :wave:

Daai is 'n baie mooi wa wat jy het. My vriend het die Dodge D10, wat hul van tyd-tot-tyd op die plaas gebruik. Dit ry soos 'n droom, maar daai bakkie is baie swaarder op sous as my V6 is :shock2: :shock2:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 8:16 pm
by Mud Dog
Welkom Hennie!! Lekker ou wa, daai!! :thumbup: :thumbup:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 8:42 pm
by pietpetoors
Welkom Hennie, watter enjin het hy in?

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Sun Dec 23, 2012 9:17 pm
by Rukia
Daai is nou n regte Chuck Norris bakkie!!! Hallo Hennie, welkom op forum

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 3:44 am
by Vlak vark
Welokom Hennie. Jy moet dit hier geniet. :thumbup:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 6:22 am
by CasKru
Welkom Hennie

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 8:48 am
by HennieThabazimbi
Dankie julle voel amper of julle famielie is hy het n 7.4l V8 oorspronklike enjin met n 4 spoet ratkas
nie baie vinnig nie maar so sterk soos buffel

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 9:03 am
by HennieThabazimbi
Hy is swaar op sous maar nou ja ek het hom nie gekoop om te klaa oor die petrol nie

ek vat dit so ons betaal in elkgeval vir petrol mag dit maar net so wel geniet

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 11:42 am
by Taljaag
Mooi wa.Baie welkom.

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 12:55 pm
by GI Jane
Hi Hennie,
Welkom hier by ons groepie.. seker jy sal dit hier geniet..

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 1:38 pm
by Rooies
Genugtig Hennie 3 van my 2.4's maak maar 7.2lt. Dit is n bees van n enjin.

:thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 2:20 pm
by HennieThabazimbi
Hehehehehe ja nee hy is n bul wil hom net bietjie verander na n power steering toe daai 35'' draai swaar hehehe

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 2:38 pm
by Vlak vark
Hi hennie, ek verbeel my, daai international motor staan ook bekend as n 2 bank motor. Afhangende van krag kan jy een bank uithaal( ek is nie seker of hulle die pistons uithaal of net die valves oopstel sodat die 4 pistons net saam loop nie ) dan is dit n V4 3.6l. Ek is seker daar is manne wat weet wat bietjie lig op die onderwerp kan sit. :thumbup:

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Mon Dec 24, 2012 3:13 pm
by HennieThabazimbi
Ja nee ek is by die regte site as die mense wat hier is meer van jou voetuig as j dan weet j jy is by die regte plek
ek het dit regtig nie geweet nie Nico baie dankie nou weet ek ook iets

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Tue Dec 25, 2012 2:24 am
by TOYODA
Skies, maar ek mag dalk bietjie deurmekaar wees.

Die 7.4l engine was volgens my 'n in-line 6 cylinder - FBC RD 450 ( RD = Red Diamond en 450 is die cubic inches) is vanaf 1940's in hul C-reeks bakkies ingesit.

Die 7.3l was 'n V8 - MV-446 ( 446 cubic inches) en dit is vanaf 1974 in die International D-reeks bakkies ingesit en tot in die 1980's gebruik.

Ek kan nie meer mooi onthou nie, maar ek het iewers gelees dat die V8 engines ook in Ford, Chevy en Dodge bakkies/trokke gebruik was.

Soos ek in 'n vroƫer post geskryf het, my friend het 'n Dodge D100 wat ek wou gekoop het. Dis hoekom ek nog kennis het oor die engines. Die Dodge het 'n Chrysler RB 440 cu V8 engine (7.2l 175kW).

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Tue Dec 25, 2012 6:06 am
by Agteros
Hier is 'n interessante website wat ek raakgeloop het met al die IH bakkies wat vervaardig is. Die laaste bakkies is in 1974 gebou - lyk my jou model was die laaste Hennie. Ons het op die plaas ook 'n IH bakkie gehad van in die 1950's. Klipharde yster gewees.

http://paskapoopark.com/truckcolletion.htm" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Tue Dec 25, 2012 12:31 pm
by HennieThabazimbi
Hugo dankie sal bietjie gaan loer daar

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Tue Dec 25, 2012 6:31 pm
by FJCruiser-ZN
Welcome Hennie.
T

Re: Dagse Manne Ek is n nuwe man hier

Posted: Fri Dec 28, 2012 2:14 am
by JJBotes
Welkom Hennie