Page 1 of 1

Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 8:31 am
by NathanX4
Ek dink nou om een te koop vir my vrou. Wat is jul opienie op die goed. Ek ken niemand met een nie. Is dit 'n lekker karritjie of 'n mors van geld?
Wat sal jul dink, vir 'n vrou?

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 8:34 am
by NathanX4
Asook wat is goeie modele om na te kyk?

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 8:36 am
by CasKru
EK dink dit is 'n baie lekker karretjie maar eish... daai prys

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 8:41 am
by NathanX4
Wat van die ouer modele. Die eerstes is vir my nogals mooi maar weet nie of dit te oud is nie en watse foute hul het nie. Ek kyk na 'n 2005 model wat vir 'n goeie prys gaan

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 10:33 am
by Rukia
My buurman het die 2x4 rondom 2005 model, hy is baie gelukkig met hom! ek het ook al gery met hom dit is 'n lieflike voertuig en ook baie lig op brandstof, as jy 4x4 gaan sal hy seker bietjie swaarder wees op brandstof, ek glo nie jy kan 'n fout maak nie, dit is after all 'n Toyota!!

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 10:45 am
by ThysdJ
My ouers toer met hulle 2011 Auto RAV4 die hele land vol. Hulle is baie gelukkig, en hy ry gemaklik vir hulle. Ek het hom self ook al gery en het hom in die testament bestel.. :twisted: :twisted:

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Fri Oct 12, 2012 10:55 am
by 4x4Maniac
Ek het so n paar jaar terug die Korranaberge gedoen, en daar was 'n klein groen Rav4... Hy het letterlik al die opstacles gedoen, ek was heel impressed gewees om die minste te se, al het hy nie 'n lowrange gearbox nie.

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Sat Oct 13, 2012 12:02 pm
by Hoppy
Ek sal een koop, maar vir sy prys sal my vrou eerder n Jimny kry, hy is SFA en het low range.

Re: Rav4 koop of nie koop

Posted: Sat Oct 13, 2012 12:56 pm
by pietpetoors
Ek sal een koop, maar vir sy prys sal my vrou eerder n Jimny kry, hy is SFA en het low range.
Stem 100% saam Hoppy.

Dink dit hang af van jou begroting en wat jy met hom wil doen.
Dink die RAV gaan gemakliker ry en is groter. As hy hoofsaaklik vir vroulief is en jy gaan hom nie gereeld teen duine wil opjaag nie, sal die RAV lekker wees, maar as jy so nou en dan wil bos toe gaan ook sal ek vir die Jimny gaan. Hang alles af van jou begroting en gebruik.

Albei voertuie is betroubaar en albei het goeie herverkoopwaarde.