Hulp met Weskus toer.

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Hi,

Wil graag met mense van die weskus area inverbinding kom i.v.m roete beplanning.

Vanaf Upington, Namakwa echo trail, Alexandre baai. Port Nolloth, Springbok.
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Andre du preez »

Middag Stephan ek kan vir jou het van Honingklip Baai tot onder , maar was nog nie by Alexander Baai op die sand nie. Is mos maar myn area.
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Hallo Andre,

Gedink ek wil so die 15 Des hier uit Petoors wegvlieg. Beplan on Uppington om die Namakwa Echo Trail te doen tot by Alexander Baai, vandaar wil ek graag suid afgaan, seker maar so met die kus dorpies langs. Watse voorstelle kan jy maak, wats mooi behalwe die bokkoms, wat 'n mens moet gaan sien. Moet maar Alexander Baai ook besoek, terwyl ek in die omgewing is. Weet mos, been there, done that, koop sommer 'n t-shirt.

Sou oorspronklik in Namibia ingegaan het, maar het besluit om eerder suid te beweeg.
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by pietpetoors »

Alles is mooi, dit hang net af hoe jy daarna kyk.

By Alexanderbaai kan jy ingaan, maar dit is 'n myn en die enigste interresante ding wat jy daar kan sien is waar die Oranje Rivier uitmond in die see.

Van Port Nolloth , Kleinsee, Hondeklipbaai, jy ry nie reg teen die see nie, maar naby die see. Die omgewing is mooi maar jou bloed kook so as jy sien hoe die myne ons aarde verkrag vir 'n paar stupid blink klippies dat ek nie graag daar rondry nie.
By die plekke is die see pragtig, op mooi dae het jy nog nooit so mooi blou gesien nie. Hoewel die dorpies nou nie iets vir die oog is, veral Hondeklipbaai, glo ek jy moet dit sien, as jy nie gaan kyk het gaan jy altyd wonder hoe dit gelyk het. Om die dorpie te sien, maak nie saak hoe vuil of lelik, kleur jou prentjie van die omgewing vir jou in.

Daar is 'n paadjie waar jy van Port Nolloth na die noorde hek van die Namaqua Park kan ingeaan, daardie noorde deel van die park is ook baie mooi, nie langs die see. Dan kom jy op die Garies/honneklipbaai pad uit. Jy kan regoor die pad ry, een hek uit, ander he in en aanhou in die park, of jy kan regs draai op die mooi breë grondpad en gaan kyk hoe Honneklipbaai lyk.

As jy Hoinneklipbaai toe was ry weer daai 10km terug en gaan weer in die park in.

Vandaar is dit hemel op aarde. Jy ry baie plekke op 2spoorpaadjies reg langs die see. Jy kamp reg langs die see.
Jy moet bespreek want hulle is baie vol daai tyd van die jaar.

Hier kan jy besluit hoe lank jy wil ry. Jy kan die goortpad vat of jy kan op die 2spoor paadjies bly. Selfs die groot pad is nie groot nie.

Hierdie deel, tot by Strandfontein is baie bedrieglik. Jy bepaal jou spoed op 'n kalender. Jy ry nie baie kilos op 'n dag nie. Ek het van die noorde hek tot Strandfontein al in 2 dae gery, maar dit was 'n gejaag en as ek dit weer doen wil ek dit in 3 of 4 dae doen. Baie mense dink daar is paaie soos jy paaie ken, maar dit is nie heeltemaal so nie, is maar dik sand op plekke en 2 spoor
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Dankie Pieter, sal mooi deur gaan en more verder gesels.
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by george »

Hier is ook 'n route
02 West Coast.gdb
(141.33 KiB) Downloaded 103 times
As jy vir my 'n e-pos stuurkan ek vir jou 'n kaart stuur
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Niel »

pietpetoors wrote:Daar is 'n paadjie waar jy van Port Nolloth na die noorde hek van die Namaqua Park kan ingeaan
Jy kan ook die Shipwreck en Sandveld 4x4 roetes ry langs die see af
sien hier: http://www.diamondroute.co.za/sites_namaqualand.htm" onclick="window.open(this.href);return false;
Daarna is dit die Rooikat roete (http://www.wegry.co.za/bestemmings/wesk ... t-ekoroete" onclick="window.open(this.href);return false;) in die Park en was voorheen die weskus echo roete genoem.
sien hier
viewtopic.php?f=57&t=15412&p=170275&hil ... ho#p170275" onclick="window.open(this.href);return false;
viewtopic.php?f=25&t=19524&p=219421&hil ... ho#p219421" onclick="window.open(this.href);return false;
viewtopic.php?f=4&t=11629&p=129424&hili ... 5C#p129424" onclick="window.open(this.href);return false;
viewtopic.php?f=138&t=14719&p=163041&hi ... 5C#p163041" onclick="window.open(this.href);return false;

Port Nolloth, het n karavaan park maar ek hoor nie goeie ding van die plek nie.

Hoop dit help
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Dankie manne, ek lees deur al die goed dan praat ek verder met julle.
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Nog 'n vraag, as mens die stage 2 van die namakwa echo roete doen, moet mens die "road to hell" af of is daar 'n alternatiewe pad.
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Kanseleer my vorige vraag :eh: Het antwoord op tracks4africa gekry.
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Niel »

Daai is n goei evraag want ek beplan self n trippie vir Dec 12 - ek dink PietPetoors sal dalk kan help
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Niel »

Laat weet asb - sien vorige post :thumbup:
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Niel, die kaart wys dat dit in stage 1 val en is heeltemal 'n tuk pad op sy eie ( jy ry daar in en ry weer dieselfde pad uit, die pad gaan nerens volgens die kaart nie). Hopelik ontmoet ons mekaar langs die rivier. Ek ry die 15 de
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by pietpetoors »

Port Nolloth, het n karavaan park maar ek hoor nie goeie ding van die plek nie.
Ek weet nie van Desember nie, maar osn kamp gewoonlik by Mcdougalls baai se kampplek en dit is baie nice en skoon.
Maar Mcdougalls is ook die Noordkaap se Margate so al wat 'n student en skolier is, is daar en dus kan Desembers dalk nie so rustig wees soos buite seisoen nie.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Niel »

Pieter, dis dieselfde plek. Ek was so 2 jaar terug daar en die plek het nie so netjies gelyk soos die vorige keer nie. Die onderhoud het ook agteruitgegaan maar ongelukkig het my kontak daar weggetrek so ek kannie bevestig nie maar as jy meer onlangs daar was vat ek jou woord.

Hopelik sal ek self weer daar wees as ons die trippie aanpak tussen Kersfees en Nuwe jaar.
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Niel gaan jy stage 2 ook doen ?
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Andre du preez »

Stephan ek sal se begin julle Weskus trip vanaf Hondeklipbaai af onder toe. Julle sal oorgenoeg kan kamp en 4x4 ry teen die kus af. Ek was nou so 4maande terug daar. Groetrivier Park lyk al baie beter vanaf hulle begin optree het teen die mense. Ou Piet wat na die park omsien probeer hard om die plek skoon te hou. Ek sal kyk om foto's op te laai wanneer ek tyd kry.Ander kant Groenrivier Waterval se kant toe is dit maar elke man vir hom self. In vakansie tyd sal ek nie gaan nie net waar jy kyk staan daar voertuie. Probeer maar in die stil tye gaan. Julle kan oor by Waterval wegdraai en kom hello se op Kotzerus. Ons het Winkel oom Henk se winkel daar is van alles Petrol 15.5per/L.
User avatar
stephanvaneeden
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 416
Joined: Mon Nov 21, 2011 2:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2012 Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Stephan

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by stephanvaneeden »

Andre dankie man, smaak jy weet waarvan jy praat. Gaan bietjie uitkyk. Ek en 'n pel gesels net so uur terug oor die Hondebaai ding. Wat ek gaan maak is om die roete uit te werk, dan sal ek raad vra. Op die stadium trek ek nog hier by die einde van stage 2 van die echo roete.
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: Hulp met Weskus toer.

Post by Andre du preez »

Alles reg , julle manne sal moet gou maak soos ek verstaan is daai grond verkoop. Ek dink een van die dae gaan ons sukkel om daar deur te ry.
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”