Page 1 of 1

Botswana

Posted: Mon Aug 20, 2012 5:24 pm
by Damaruri
Wat is die reels vir vleis in Botswana
Ek weet hul sê geen vleis, maar mens kan mos nie net pap eet nie :eh: :lol:

Re: Botswana

Posted: Mon Aug 20, 2012 5:36 pm
by STAMPIE
Daan
Toe ons laas daar was, was die reël ook, geen vleis. Selfs die vleis wat ons in die noorde van Botswana gekoop het, mag ons nie suid geneem het nie. Heelwat veearts heinings waar hulle yskaste deursoek het.
Hulle het egter nie verder as die yskaste gesoek nie, so wegsteek was later maklik.
Weet nie presies wat die reëls nou is nie.

Re: Botswana

Posted: Mon Aug 20, 2012 5:51 pm
by Damaruri
STAMPIE wrote:Daan
Toe ons laas daar was, was die reël ook, geen vleis. Selfs die vleis wat ons in die noorde van Botswana gekoop het, mag ons nie suid geneem het nie. Heelwat veearts heinings waar hulle yskaste deursoek het.
Hulle het egter nie verder as die yskaste gesoek nie, so wegsteek was later maklik.
Weet nie presies wat die reëls nou is nie.
Dankie
Het ook maar so gemaak maar dit is moeilik

Re: Botswana

Posted: Mon Aug 20, 2012 8:38 pm
by louis fourie
Ek verstaan die vleis, maar:

1) Moet 'n mens die geel driehoek binne die blou agtergrond sticker op jou voertuig plak vir Botswana wanneer jy sleep?
2) Wat van my VHS. Moet ek lisensie kry - gaan nie eintlik die radio gebruik nie. Hoe kan ek hom diaktiveer sonder om hom uit te haal? of Hoe kry ek 'n lisensie en wat gaan dit kos?

Re: Botswana

Posted: Mon Aug 20, 2012 10:01 pm
by OOOOMS
louis fourie wrote:Ek verstaan die vleis, maar:

1) Moet 'n mens die geel driehoek binne die blou agtergrond sticker op jou voertuig plak vir Botswana wanneer jy sleep? Ja beslis, ek het sommer my eie klein een selg gemaak :thumbup:
2) Wat van my VHS. Moet ek lisensie kry - gaan nie eintlik die radio gebruik nie. Hoe kan ek hom diaktiveer sonder om hom uit te haal? of Hoe kry ek 'n lisensie en wat gaan dit kos?
Haal die fuse uit asook die aerial

Re: Botswana

Posted: Mon Sep 10, 2012 7:51 am
by louis fourie
Volgende vraag:

Waar moet die geel driehoeke op jou kar/karavaan geplag word, i.e. regs/links voor/agter?

Re: Botswana

Posted: Mon Sep 10, 2012 8:28 am
by TheToy
Ons was nou Jun/Jul daar in Botswana.
Voordie tyd het ons baie gelees en gehoor van al die reels. Meskien baie oordryf.
Was vanaf die suide en het anti kloks gerys na die noorde en weer suidwaarts na Maun toe waarna die Suidelike Kahalahari gedoen.

Daar is baie veearts hekke asook, ons het baie abnormale polisie stops gehad.
One het yskaste gehad, vleis weg gesteek. Niks verder as die yskas gesoek nie.

Pak wel AL jou skoene sodat jy hulle kan dip by die veearts hekke.
Moet nie OOP melk in kartone vat nie, drink dit by jou slaap/oorstaan plekke leeg.
Party is stroppie oor Tamaties ens. As dit verpak is soos jy dit nou net gekoop het, geen probleem nie.
Bestuurslesensie naby.
Wees vriendelik. Gee hulle so bietjie sweets :thumbup:

Ons was 2 voetuie en altwee het radios gehad. Was nie eenkeer gevra of was daarna gekyk nie.

As ek my nie miskits nie, is die driehoek waarna jy verwys vir as jy tryler sleep, Al wat jy wel moet he is die ZA sticker vir Botswana en as jy Zim toe gaan is die “rooi en wit” reflektor stickers nodig.

Geniet die trip! Mense is baie vriendelik en hulpvaardig. Vleis is baie lekker en nie so duur nie! Choppies amper in elke groot dorp. Of SPAR. Petrol in meeste van die dorpe betaalbaar met VISA krediet kaart. Tot op so klein dorpie soos Ratka, aan die ooste van Sentraal Kahalahari.

Re: Botswana

Posted: Mon Sep 10, 2012 1:42 pm
by GI Jane
Stem saam. Was nooit oor radio's gevra, in Namibia, Bots of Zimbabwe. Net afgesit as ek by polisie stoppe gekom. Vleis is baie lekker in Bots en Namibia, so dis nie nodig om dit saam te vat nie. In bots is daar n probleem met groente en vrugte wat op n boom groei, maar net in seker stoppe, hulle se 'fruit fly probleem', ander plekker nooit gevra nie... By grens poste en polisie stoppe wees net baie vriendelik en geen probleem orals opgetel nie... So n paar keer vir iets, geskenk ens gevra, met weier om dit te gee, wil nee bribery vorder nie...