Page 1 of 1

Voor wiel spacers ?

Posted: Thu May 17, 2012 9:40 am
by Bees
Hallo Manne

Ek het so paar maande terug my "nuwe" Lux gekry, maar ek het baie gou besef sy neus is ver te laag, veral nadat ons die Babylonstoren 4x4 roete gaan ry het.
My bakkie het gedurig teen die klippe gestamp, gelukkig het ek die bakkie gekoop met 'n ekstra dik sump en belly plate, so ek het darem nie in daai opsig skade gekry nie, maar op die stadium wil ek nie graag weer 'n klip roete aanvat voordat ek nie, veral die neus. van my bakkie gelig het nie.

So ver ek verneem het Toyota spacers wat hulle kan insit wat die neus so bietjie kan lig.

So wat ek graag sal wil weet is, waar ek sulke tipe spacers kan kry en of dit 'n helse werk is om dit self in te sit. En kan so iets op die agter kant van die bakkie ook gedoen word.
Ek moet net ook bylas ek is nie rerig so 'n goeie werktuigkundige nie, maar is darem ook nie heeltemal onnosel nie. :wth:

Dankie
Hoop julle kan my help :beg:

En O-ja, ek is hier innie Kaap in, so as julle van iets hier rond weet sal dit gaaf wees. :cooldude:

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Thu May 17, 2012 9:55 am
by OOOOMS
Ian, 'n 20mm spacer sal jou so 38mm lift voor gee oppi neus!

Agter, nee (spacers)....daar is 'n paar opsies....

Ekstra loadblade / extended shackles, extended shackles het my 30mm lift agter gegee
Sien:
http://www.4x4direct.co.za/shop/index.p ... cts_id=222" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Thu May 17, 2012 10:29 am
by Rieks
This is your best option

http://www.wroffroad.co.za/level-it.php" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Thu May 17, 2012 7:53 pm
by pietpetoors
Which spacers are the best, I see some guys sell a spacer which is only a plate with holes in and others are these contraptions which looks like a pipe with flanges welded to the ends.

Do they fit the same way?
What is the difference?

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 7:02 am
by ThysdJ
Hoppy fitted 20mm spacers to my Broodblik. He had them made up out of nylon/teflon/roll-on lon or something, but they work fine. Just remember to have the wheel alignment done afterwards.. :twisted: :twisted: And to reset your headlights!! :shock: :shock:

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 9:11 am
by BenRich
Hallo Bees,

Ek dink nie daar is enige iets fout met spacers nie, net nie meer as 20mm nie en laat dit insit by iemand wat weet wat hulle doen (4x4 Fitment Centre)

Anders ervaar jy dalk dieselfde as ek, sien thread

viewtopic.php?f=94&t=24791" onclick="window.open(this.href);return false;

Bennie

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 9:26 am
by pietpetoors
net nie meer as 20mm nie
Ek sien WR Offroad lys die spacers as:
20mm vir 2005 en 2006 model en
30mm vir die 2007 onwards

Weet enigiemand hoekom daar 'n verskil is?

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 9:39 am
by BenRich
Ek sien WR Offroad lys die spacers as:
20mm vir 2005 en 2006 model en
30mm vir die 2007 onwards

Weet enigiemand hoekom daar 'n verskil is?


Wens ek het geweet, LASport sal spacers insit maar niks meer as 20mm nie, niemand beveel meer as 20 mm aan nie, tog is WROffroad 30mm?

Ek het met n persoon by Mikem gepraat en hulle het n baie goeie verduideliking hoekom hulle nie spacers installeer nie...ongelukkig is my aandag maklik afleibaar so ek kan nie alles onthou nie. Maar het sin gemaak

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 10:12 am
by Bees
Jis Ja

Dankie vir al die info, ek het al so bietjie rond gebel en dit klink my as ek dit laat doen gaan dit my so R1500 kos. :problem:

Ek sal seker maar die belegging moet maak een of ander tyd. :think:

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 10:18 am
by Rieks
I've gone through the exercise with Darrell from Mikem suspensions, to fit front spacers to my sagging nose. The most important for Darrell was in fact where the spacer sits. WR Offroad are the only guys (that I know of that make a spacer that is installed on top of you shock housing. And not in between the shock and the housing. If the spacer is between the shock and the housing it interferes with your articulation. With WR Offroad Spacers, you don't loose you ride comfortably and the shock can still do its work.

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 10:24 am
by Rieks
Bees - as ek goeie raad kan gee. Moet nie jou geld en tyd mors met die spacers nie. Sit vir jou n ordentlike suspensie in, van die begin af. Jy gaan jouself baie geld en tyd spaar. Jy sal nooit gelukkig wees net met n spacer nie. Die enigste rede vir my vir die spacer was omdat ek wou n swaar buffer voor op sit.

Daar is baie suspensies op die mark om van te kies. Party baie duur en ander nie so vreeslik (in retrospek). Kyk maar op die forum daar is baie info. Vir my was Mikem die beste opsie - praat met Darrell.

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 11:34 am
by stephanvaneeden
Ian, kom ek gee jou my oppinie. Ek het 30mm spacers by WR laat insit. Die bakkie het mooi gelyk, maar as ek my trailer gahaak het, het die bakkie se gat effens gehang. Praat toe met WR, volgens hulle geen probleem nie, sit toe nog ekstra vere agter in. Probleem opgelos ? Wel die bakkie se gat staan nou weer in die lug, net soos voor die spacers. As ek die trailer hak of swaar laai werk dit baie lakker. My eerlike gevoel is dat hy nie meer so gemaklik ry as voor al die modifikasies nie. In teorie het ek net so oor die R 3700.00 spandeer om te weet waat ek nie moes gedoen het nie. As ek van die begin af na Camil suspension gekyk het, was ek R3700.00 nader as wat ek nou is.
Belê die geld eerder in ander suspension, wat kan stel as jy harder vere agter nodig het.

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Fri May 18, 2012 1:09 pm
by BenRich
Belê die geld eerder in ander suspension, wat kan stel as jy harder vere agter nodig het.

Well spoken Sir! Baie wyse woorde...my bakkie staan perfek level (omtrent 30mm) verskil tussen voor en agter na my suspension upgrade. Maar as ek n vrag laai of sleepwa hak sak die boude omtrent niks, en my rygemak is uitstekend :thumbup:

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 11:55 am
by Bees
Ek het toe laas Vrydag vir my 20mm spacers voor laat insit.

Ek het dit sommer by Supa Quick in Stellenbosch laat doen, ek moet sê die manne het hulle goed van hulle taak gekwyt.
Die bakkie staan nou mooi level, en die bakkie ry ook nog dieselfde.
Die 20mm spacers het ook vir my 'n 30mm lift gegee.

So nou sal ons maar weer een of ander tyd 'n roete moet vat en kyk wat hy maak.

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 12:04 pm
by pietpetoors
en hoeveel het dit toe gekos? Sonder insit?
Was dit daai solide spacers at hulle langer boute insit of daai wat hulle eie studs het?

Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 1:44 pm
by BlumTRD
Ek verkoop spacers vir voor R650 vir n stel . Installed complete R980.
[img]http://img.tapatalk.com/5dba10f5-a06c-2303.jpg[/img]

Sent from my BlackBerry

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 4:06 pm
by Quintin
Jy kan natuurlik ook gaan vir die hight adjusting shocks, dit is n baie veiliger opsie want met die kan jy nie jou limits op die travel oorskry nie so alles hou jy het n beter rit en jy kan die hoogte stel wat jy wil he. Michem verkoop hulle.

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 4:12 pm
by Quintin
Bilstein 5100 Series Height adjustable leveling shocks

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Tue Jun 26, 2012 4:23 pm
by Quintin
Look at this

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Wed Jun 27, 2012 10:08 am
by Quintin
You can read up all about this system here really something worth doing.

http://www.bilsteinUS.com/fileadmin/use ... rticle.pdf" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Voor wiel spacers ?

Posted: Thu Jun 28, 2012 4:04 pm
by Bees
pietpetoors wrote:en hoeveel het dit toe gekos? Sonder insit?
Was dit daai solide spacers at hulle langer boute insit of daai wat hulle eie studs het?
Jis Pieter
Dit het toe so R1400, gekos om te installeer en wheel alignment en al daai goed, ek weet nie wat die spacers op hul eie gekos het nie, kan seker nie te duur wees nie.
Die spacers is ook 'n teflon/nylon tipe, en ja, hulle moes langer boude insit.

Thanks