The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Dis reg so Val, grap net.
Vat jou tyd, en dink daaroor - ek reken jy sal sekerlik die eerste vrou wees wat daar ingaan. :thumbup:

Lehan eks bly jys amptelik in, Jan Adriaan is lekker sterk en sal maklik klippe kan rondrol en koevoet stamp! :twisted:

Bevestig:
- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)

- Viljee - pending.......

MAX 6 VOERTUIE
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Kaspaas wrote:Dis reg so Val, grap net.

:lmao: iemand moet n recovery voertuig saamvat.
ImageImage
Image

ToyX4 wrote:

:naah:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Ek vat eerder n bobbejaan wyfie en bly net daar!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Hoppy »

Dis dan dieselfde naweek as die Canola 4x4 Challenge, klink na my tipe trippie.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2099
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Crooza VX 80 EFI
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by zepplin »

Kaspaas wrote:
Bevestig:
- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)

- Viljee - pending.......
- Zepplin - pending............Will know in the next 10 days. Waiting for confirmation on a contract pending over those dates.

MAX 6 VOERTUIE
Crooza VX 80 efi - fully locked.
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

Jislaaik Cobus!!!! maar jy het my vinning afgeskryf!!!!..... :tease: :tease: :tease: Ek terg net... Dit klink soos n baie interessante trippie.. :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Image
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Hoppy »

Dis dan dieselfde naweek as die Canola 4x4 Challenge, klink na my tipe trippie.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Hoppy wrote:Dis dan dieselfde naweek as die Canola 4x4 Challenge, klink na my tipe trippie.
canola = cholesterol
Kom eerder saam ons!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Johannes van die See wrote:
Hoppy wrote:Dis dan dieselfde naweek as die Canola 4x4 Challenge, klink na my tipe trippie.
canola = cholesterol
Kom eerder saam ons!
Goeie idee om 'n Hilux Mac saam te neem.... :thumbup:
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

Allan waar is die Canola 4x4 challenge, is dit in die omgewing van die Hell Pad?

As Allan met Monsterlux ry dan het julle nie net n mac nie, maar ook die beste recovery voertuig ooit... Dan ry ek defnitief saam.....
Image
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Hoppy »

in Swellendam, in town, luckilly not at Kambati.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Here is a Trip Report of 4 Isuzu's that went up and down in one day?? :shock2:
We will have to take in account this was in 2008, so the wheather and spinning tires would have a worsening effect on the pass.

4 Januarie 2008
Ons vertrek om 10:30 uit Springbok om die Hel Pas aan tevat, met vier pragtige Wit Isuzu Bakkies en moontlik ook die eerste vier Suzi’s wat dit al gedoen het. (verseker nie die laastes wat dit sal doen nie) Ek het nog nerens ooit gelees dat daar ander Suzi’s was nie.

Ons volg die N7 vanaf Springbok in die rigting van Steinkopf en om 12:00 draai ons van die teerpad af weg om n ander stukkie natuurskoon te leer ken. Sandry is nou vir eers verby, ons gaan nou n ander tipe land in. Klippe en klippe orals waar jy kyk, bossies wat nie eers ‘n meter hoog word nie, en so ver as wat die oog kan sien is daar geen boom in sig nie. Hierdie is verseker nie n plek vir sussies nie, hierdie is n harde en ongenaagte wereld. Die bevolking is ook baie yl gesaai, nie n mens in sig nie. Ons ry en besigtig alles en bestudeer n kaktis-agtige plant met blomme soos Shrek se ore, verseker nie n Shrek-Blom nie, hy moet n naam he maar nie een van ons weet wat nie.

By die huis sal ek Internet raadpleeg, om die blom plant se naam te kry. Hulle blomme is “dusty” pienk van kleur.

Ons ry met die stof paadjie aan en volg die GPS waypoint vir die Hel Pas, ons ry deur klip vlaktes, droe rivierlope en wat nog deur. Ek besef met eens, dat n mens baie naby aan jou Skepper kom in hierdie harde en dorre wereld. (Hennie het dit ook beaam op die Radio). Die mense van die omgewing het die minimum besittings en hulle is baie gelukkig en het ook n baie rustiger lewe as ons in die stad. Daar word fotos geneem, van die omgewing en baie geklets oor die radio.

Om 12:30 hak ons, ons huise af (Echo en Imagine), en vat die Hel Pas aan. Daar word n groep foto geneem by die begin van die Pas. Met n paar briekblokkies wat op die klip le en woorde wat se “Turn Back” is dit nou net die medisyne wat hierdie manne nodig het om aan te gaan, hoe erg kan dit nou eintlik wees. Ons sal die volgende 4 km uitvind hoe erg dit nou eintlik is, en die adrenalien in my are begin nou kook. Ek het so uitgesien na hierdie deel van ons trippie en ek gaan elke oomblik hiervan geniet.

Die pad is baie nou, as jy in is, is jy in, daar is geen omdraai plek nie. Een van my gedagtes was, “Ek hoop net nie daar is iemand anders wat dalk al deur is, en nou oppad terug is nie”. Die pad bestaan ook uit baie los groot klippe, so jy moet ook nie te hard rem nie, want jy sal gly en dan beland jy onder in die afgrond. Johan ry voor, ons net agter hom, met Hennie en Willem(Trekker) wat agter ons ry. Daar word eers gewag dat die een voertuig deur is voordat die volgende een kan kom. Ons navigators het n baie belangrike takie hier, ons is nou die oe van die bestuurders, en hulle plaas nou hulle vertroue en lewe in ons hande. Hier is nie plek vir foute nie. Ek moet se, ek het myself n paar keer self verbaas, veral as ek terug kyk en dan besef waar het ek daardie bakkie deur gebring, en dit sonder n skrapie of duikie. Hierdie paadjie val party plekke tot met n meter, en dit maak dit n baie interesante pad.

Ons was almal teen 15:30 onder by die rivier, van ons het gaan afkoel in die rivier, die ander van ons het van ons skoene ontslae geraak en die voetertjies maar in die water gehad, dit het ook gehelp. Ons moes oor n hele paar rivier klippe geloop het om by die rivier uit te kom. Johan, Marlene, Hennie en Willem was in die water in, ek het dit n hele paar keer oorweeg, maar het nie regtig kans gesien om met n nat jean terug te gaan nie.

Ons het so n rukkie daar vertoef en om 16:00 neem ons gou n groep foto onder by die Oranje rivier en kies nou koers terug, hierdie een kan dalk baie interessant wees, want ons moet nou terug teen die smal steil paadjie met sy baie los klippe. Die tyd begin ook nou teen ons draai, dit word gouer donker in die klowe as op die ander plekke, net vir die eenvoudigste rede, dat die son nie meer by ons gaan uitkom nie, want ons is nou aan die skadu kant van die berg.

Interesant, baie interesant was dit wel so het ons gou uitgevind, net daar waar die pad met n meter val, of te wel nou op, moet ons n meter klim, weereens word daar gou pad gebou en Johan gaan met die tweede probeerslag pragtig oor, dit is nou ons beurt en die pad word gou weer herstel, aangesien hierdie klippe los is en maklik deur die wiele uit die spoor gehaal word. Hennie is die volgende een wat moet deur, en oeps daar gebeur dit…… Hennie se bakkie gly van die klip af en nou le hy bo op n groot klip met sy onderstel. Die bakkie staan baie sleg en n verkeerde besluit kan die bakkie die afgrond in stuur, die laaste ding wat ons wil he, en dit is om n bakkie en n baie goeie maatjie te verloor. Daar word planne gemaak. Chris trek terug en Hennie se bakkie word aan ons bakkie geanker, een bakkie gaan nie die ding doen nie, ons bring nou Johan se bakkie ook, en anker hom aan Chris se bakkie. Johan “ploeg” hom so n bietjie in die klippe in, om meer stewiger te wees. Hennie se bakkie hang nou aan twee bakkies, en hy is nou meer stabiel. Hennie se bakkie moet nou op n manier hier uit, uitsleep gaan nie deug nie, want Hennie se bakkie kan nie vorentoe nie, hy le met sy onderstel op hierdie groot klip. Wow, wat gaan ons nou doen….

Die persoon wat ek op die tydstip baie jammer gekry het was vir Hennie, die maatjie van ons was baie senuweeagtig, sy glimlag het verdwyn. Ek moet eerlik wees, ek het ook so n bietjie bang gevoel, maar ek moes sterk wees vir ons dames wat hierdie sitsuasie baie erger ervaar as ek, hulle is immers my maatjies. Daar is intussen n blikkie bier en n lekker sjokolade in Johan se bakkie ondek, dit is gebruik vir versterking vir die wat moet toekyk hoe hierdie ‘recovery” plaasvind. Henrico, 13 maande oud het die sjokolade baie geniet, dankie Oom Johan.

Gou was daar twee “High Lift Jacks”, een aan weerskante van die bakkie. Die bakkie word gelig en dan oorgegooi, hulle het hierdie proses so n paar keer herhaal en sommer gou was die bakkie weer in die spoor. Chris het vir Hennie so n trekkie gegee en toe was hy ook sommer op en oor die klip. Groot was die vreugde, weet nou nie op wie se gesig was dit die beste te lees nie, was dit Hennie wat agter die stuurwiel was die heeltyd, of Ilonka se gesig nie, onthou sy moes dit die heeltyd aanskou? Dit is nou Trekker se beurt! Ag nee man ……, die bakkie met se voor locker laat alles so maklik lyk. Hy doen dit sonder enige moeite. “Well done” Willem! (Chris dink jy sal die Helpas moet op in trurat!)

Ons het so uur en half vas gesit en dit word nou gou baie sterk skemer, ons het verder gery sonder eninge probleme en so teen 19:00 was ons weer terug waar die Hel Pas begin het. Ons skryf met Tip-Ex wat ons by Ilonka geleen het op die Klip en in die Klipdrift bottel haal ek n papier uit en voeg ook ons name daar by. Almal was so opgewonde ons het skoon vergeet om ‘n “after” groepfoto te neem. Ons sal moet terug.

Wat n gevoel, dit is iets wat ek nie kan beskryf nie. Ons het dit suksesvol voltooi en geen voertuig het ernstig seergekry nie (Hennie se bakkie het so effe “evedence” oorgehou.

BAIE, MAAR BAIE BELANGRIK, die pad is nie gemaak vir sleepwaens nie, hak maar bo af, los hom daar en ry sonder hom deur, die kans dat jy hom gaan verloor of breek is amper 100%. Hierdie pas is defnitief ook ‘n “NO GO ZONE” vir 4x2 bakkies!

Ons was weer so teen 19:30 bo by die waentjies en ons het hulle weer gehak. Ons was nou opsoek na die “naaste” kamp om ons dag halt te roep.

Daar word besluit op Kamgab. Hierdie is blykbaar n oulike plekkie met gras en baie naby aan die water. Hennie kan sy lyne hier nat maak, en n lekker vissie of ses vang. Ons sien op die GPS dat dit nie te ver is, vanwaar ons vanmiddag was nie, die rit behoort nie te moelik te wees nie, het ons gemeen.
Ons ry nou in die donker na ons bestemming en mis die heel mooiste gedeelte, ons mis al die Halfmens plante, hieroor is ek baie hartseer. Daar was van die groep wat nog nooit ‘n halfmens gesien het nie. Ons sal moet terug.

Ons draai links af, van die “hoofpad” op n baie interessante pad in die nag. Ons ry in n droerivierloop, oor klippe (weereens), hier en daar is daar water maar niks te erenstig nie. (net poeletjies) Ek is so bly ons het die pad gedoen in die nag, want die berge gee n wonderlike efek in die nag, wanneer die voertuie se ligte teen die berge skyn. Dit is prentjie mooi en ek kon my verkyk het na dit. Ons kon nie fotots hiervan neem nie, dit was nou al baie donker. Ek dink al kon ons dit afgeneem het, sou n mens nie die regte effek kon weergee as wat jy moet die blote oog kan sien nie.

Om 23:00 kom ons by ons bestemming aan, kamp word opgeslaan, kinders kry gou kos en gaan slaap. Die wat nog nie gaan slaap het nie, kuier nog n bietjie. Chris en Hennie besluit om tot so 03:00 met ene Kaptein & Namakwa Branna te gesels.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Nog 'n TP van 'n Jannie Kubu.

Toe ek oorspronklik die beplanning vir ons trip gedoen het, het Gerrit dadelik gesê hy kom net saam as ons die Road to Hell ook ry. Die artikel in die Wegry het my maar versigtig laat instem want ek wil nie kar breek en huiswaarts keer so vroeg in die vakansie met so baie plekke oor om te sien nie. Verder het die bietjie inligting wat beskikbaar is jou duidelik laat verstaan dat hierdie ‘regte’ 4x4s se domain is en slegs Patrols, Land Cruisers en Land Rovers hier dit sal maak. Ek lees egter op die IOC se forum dat ‘n paar Isuzu manne hier uit is en kry moed dat die Colt dit sal maak.

Ons besluit dat Gerrit voor sal vat aangesien hy ‘n voorste ARB Locker ook in sy Colt het. Ek sal tweede ry met my Colt en Pierre vat agter met sy Defender sonder enige moffieknoppies. Louis is nie ‘n ervare 4x4 bestuurder nie en besluit om liewer die Nissan buite gevaar te los so hulle ry saam in die ander voertuie.

Ons haak die waentjies af by die eerste rowwe klofie wat ons moet deur aangesien ek nie seker is waar die regte Helpas begin nie en ons nie te ver wil vorder met die waens en dan nie kan afhaak of omdraai nie. Net voor die eintlike begin van die Road to Hell kyk jy terug in die pragtige kloof waarlangs ons tot hier gery het.

Uiteindelik bereik ons die begin van die Helpas. Boeta die pad lyk styl hier af en dis net los klippe en rots waar jy kyk. Die klip hier onder dui die die begin aan. Ek weet nie wie sy skoene hier gelos het nie maar jy pak nie die pas sonder handskoene, skoene en ‘n spaar onderbroek aan nie.

Ons begin die afdraende die Hel in versigtig in Laestrek 1ste rat en difflock aan wat hopelik sal help op die los klippe.

Die voertuie loop teen ‘n slakkepas en ek maak seker ek behou beheer want as jy dit hier verloor rol jy teen die steilte hier af en stop nie gou nie. Regs lê kranse en links ‘n afgrond van omtrent 20-30m. Die bande sukkel soms om traksie op die los klip te kry en die paadjie is plek-plek baie nou. Ons kom by die berugte rotstrap van so meter hoog uit en benader dit versigtig. Jy kan sien waar vorige ouens se wiele gate uitgetol het en ek begin besef dat ons hier in is vir ‘n ding. Vandag gaan ons werk want hier is nie ompaaie of ‘escape’ roetes nie. Daar’s net een pad terug en dit lyk vreesaanjaend.

Soos ek dit verstaan het is die af redelik maklik en neem so uur om te voltooi. Ons moes egter alreeds met die afry begin klippe pak en mekaar aanwysings gee. Om ‘n band hier te sny kan moeilikheid veroorsaak want die hellings is steil en die klippe skerp. Dit neem ons so uur en 15 min om tot onder by die rivier te vorder. Ek, Pierre en Gerrit kyk mekaar met groot oë aan en ek begin my herwinningstoerusting so pak dat ek dit maklik kan bykom want ek weet ons gaan dit vandag nodig kry.

Ons neem ‘n kort breuk en bespreek strategie en neem iets vir ons droë kele en die senuwees. Ons stop net so ‘n kort rukkie aangesien die tog opwaarts lank kan neem as ons sukkel en daar nog 70km na Vioolsdrif toe gery moet word vanmiddag.

Gerrit vat voor met sy dubbel ewenaarslotte. Links is die kranse regop en skerp punte steek uit terwyl daar regs ‘n steil afdraende na die kloof se bodem wegval.

By die steil rotstrap kom Gerrit mooi op en sy voorste ewenaarslot help hom om maklik oor te trek met minimum wieltol. Die navigator doen ook nie sleg nie.

Dis my beurt en met die eerste probeerslag val my wiel regs voor in ‘n gat en staan ek stil. Gerrit pak ‘n rots in en ek probeer weer maar kom nie reg nie. Die senuwees knaag. Ek stoot stadig terug en met die gly my regtervoorwiel van die rots af. My hart klop in my keel en ek dag die Colt gaan teen die steilte afrol. Gelukkig bly hy staan en lê die bakkie op die bashplate. Ek laat loop die bakkie stadig terug en besluit om eers mooi lyn te kyk voor ek weer probeer.

Klippe word in die gate gepak en met die volgende probeerslag kom ek gemaklik oor. Wat ‘n adrenalien rush

Pierre en Pampoen is volgende maar ons pak eers weer klippe waar nodig om te probeer makliker maak.

Hy storm die rots te stadig en sonder die nodige momentum kom hy nie oor. Pierre sit voet in die hoek en ‘n paar rotse trek deur die lug. Ek sê stadig jy gaan wiele sny. Pampoen staan bietjie skeef en ons hou eers kajuitraad. Pierre stoot ‘n entjie terug en met die nodige momentum kom hy oor.

Dankie tog, dink ek die ergste is oor en nou is ons amper bo. Minwetend dat ons nog meer gaan sukkel trek ons weg. Gerrit verdwyn voor my om ‘n draai en skielik hoor ek sy enjin toere optel. Louis kom beduie dat Gerrit sukkel en ek dink by myself o sh@t!!!. As hy met sy lockers sukkel wat van my met een en Pierre met geen.

‘n Klein rotslys met groot rots links en los klippe veroorsaak dat Gerrit se Colt nie kan vastrap nie. Hy stoot bietjie terug en met momentum kom hy oor en ry tot bo en klaar met die Helpad.

Ek pak klippe in al die gate voor my poging, stap af en kyk mooi na die lyn wat ek gaan vat. Die probleem hier is swak vastrap weens die los klippe. Momentum met so min as moontlik wieltol is al wat gaan werk. Agter die bakkie se stuur, stuur ek ‘n skietgebed op, kies 1ste rat laestrek met ewenaarslot aan en los die koppelaar. Ek weet my Colt het lekker krag op so 2000rpm en ek hou hom daar. Hier gaan ek nie die petrolpedaal los nie. Ek hop-hop bietjie oor die klippe maar behou momentum en kom oor die lysie en uit met die bult tot bo.

Pierre kom volgende maar sy spoed is te laag en hy sukkel sommer gou oor die los klippe. Pampoen grou bietjie in en hy stoot terug. Tweede probeerslag en hy vorder verder tot by die rotslys maar sy momentum is te min en dra hom nie oor nie. Ek kan sien sy senuwees knaag en hy raak ongeduldig. Hy stoot effe terug en sit voet in die hoek maar met die grawe hy Pampoen so diep dat hy nie kan vorentoe of agtertoe nie. Daar is net een oplossing en dit is ‘n herwinning.

‘n Hi-Lift kan hom uit die gate kry maar dan is hy steeds nie oor die rotslys wat ons probleme veroorsaak nie. Gerrit stel voor dat ek bo omdraai en Pierre met die wenas kom uittrek. Dit klink goed sê ek maar dan moet ek die laaste deel van die Helpas agteruit uit en so avontuurlustig voel ek nie vandag nie. Ek kyk Pampoen se situasie deur en besluit dat hy net bietjie hulp nodig het oor die rotslys en dan sal hy bo kom. Ek besluit om die snatch tou (Pofadder) wat ek by Herman(aka Engel) net die week tevore opgetel het te gebruik. Ek sal agteruit teen die afdraende af en Pierre liggies snatch en vandaar sommer aanhou tot bo. So gesê so gedaan en die plan werk wragtie.

Ons voel almal verlig toe ons bo kom en ook ekstaties dat ons die Road to Hell suksesvol voltooi het. Vanaand kan ons lekker ontspan by Aquacade aangesien ons gereël het dat hulle vir ons kos maak. ‘n Lekker warm stort gaan ook baie welkom wees.

Vervolg….(Namakwa Eko Roete Deel 2)
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Ek sal later n trip report opsit van ouens wat dit met bikes gedoen het.
ImageImage
Image
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

My verlof is goed gekeur, dinge lyk goed..........
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

Ek dink ek moet my toon in hierdie swembad gaan druk.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Johannes van die See wrote:My verlof is goed gekeur, dinge lyk goed..........
:thumbup:

Ek sukkel nog om n paar goeie TP's uit die manne van die LCCSA te kry. Maar ek moet n betaalde klub lid wees om hierdie "geheime dokumente" te besigtig!! :tickedoff:

Probeer nou om die skrywers te kry om miskien die TP's vir my te email.
Ek weet nie of hulle bang is dat daar moontlik sensitiewe vassit/breek foto's is nie. :think:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Enrico
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 37
Joined: Wed Feb 23, 2011 10:04 pm
Town: Springbok
Vehicle: Hilux 2.5 d4d 4x4 D/C, TJM Front Bumper, Frontrunner Rear Bumper & Wheel Carriers, LASport Canopy, Leveling Kit, BF Muds
Real Name: Enrico

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Enrico »

Jis eks erg spyt ek kannie saam met julle manne gaan nie. Dis mos net 'n klipgooi van my af. Ongelukkig moet ek 'n groep stappers na Oorlogskloof Natuurreservaat (Nieuwoudtville) toe vat dieselfde naweek. Ek het die pad self al 'n paar keer gery. Die beste raad is om dit stadig te vat. Bou jou pad sodat daar altyd traksie is. As jy spin, stoot bietjie terug en pak klip. Terloops, Oom George Swanson van Springbok het die pad gebou na die myn langs die rivier. Soos ek hoor by ander mense (Oom George is ongelukkig nie meer met ons nie) het hy die pas slegs as noodroete gebruik wanneer die rivier in vloed was. Die oorspronklike roete loop langs die rivier, om die berg, na Kamgab.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Ag nee Enrico, Jy klink soos die perfekte toer leier vir ons.

Los daai stappers man, hulle kan self reg kom!
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

:dance1:
My Voorste Detroit Truetrac Geared Limited Slip Locker en Swaybar Disconnects is bestel vir die trip, moet nog n winch in die hande kry.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)
- Traveler

- Viljee - pending.......
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

O jitte, ek sien uit na die trippie. Maar dieselfde tyd stres ek ook al (en nie omdat ek n Jeep ry nie)
ImageImage
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

ToyX4 wrote:O jitte, ek sien uit na die trippie. Maar dieselfde tyd stres ek ook al (en nie omdat ek n Jeep ry nie)
I beg to differ....you have to prove now......mate :mrgreen:
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Traveler wrote:- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)
- Traveler

- Viljee - pending.......
Lekker Heinrich, ons span is nou amper vol.......
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

Sien seer baie uit na hierdie trippie, al vir BAIE lankal.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

OOOOMS wrote:
ToyX4 wrote:O jitte, ek sien uit na die trippie. Maar dieselfde tyd stres ek ook al (en nie omdat ek n Jeep ry nie)
I beg to differ....you have to prove now......mate :mrgreen:
Ha ha. Jy weet mos, selfs toe ek met Oupa gery het was ek n pissie. Mos bang vir val jong.
Maar ek moet net so paar trails inwerk om die karretjie te leer ken.
ImageImage
Image
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Hier is n paar manne wat die pad met bikes gery het. Die report is nou waar hul net voor die pas is. Ons wag nog vir die res.
http://www.wilddog.za.net/forum/index.p ... icseen#new" onclick="window.open(this.href);return false;

Image
ImageImage
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

ToyX4 wrote:Hier is n paar manne wat die pad met bikes gery het. Die report is nou waar hul net voor die pas is. Ons wag nog vir die res.
http://www.wilddog.za.net/forum/index.p ... icseen#new" onclick="window.open(this.href);return false;

Image
Lyk vir my soos die N1 .... :roll:
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Jip, want dis nog voor die actual pas, ooompie. Fokus. Hoekom gaan jy nogals nie saam nie? Wil jy by d huis wees om jou volgende 18000 posts te tik?
ImageImage
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

ToyX4 wrote:Jip, want dis nog voor die actual pas, ooompie. Fokus. Hoekom gaan jy nogals nie saam nie? Wil jy by d huis wees om jou volgende 18000 posts te tik?
Oh....die scenery :thumbup:

Ja dis baie mooi daar :mrgreen:

Ons gaan Zim, Zim, Zim.....
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Geldige verskoning
ImageImage
Image
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Lekker Heinrich!

Jys is immers ook een van die manne wat van die begin af belang gestel het.
Nog net een plek oop, Viljee jy sal my moet laat weet of jy in is ou maat.

Bevestig:
- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)
- Heinrich (Traveler)

- Viljee - pending.......

MAX 6 VOERTUIE
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ThysdJ »

Klink al hoe lekkerder.... :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Cobus

Ek het weer deur jou planne gelees.

Vir my om van Langebaan af Klein Pelle om te ry vir die afskop van die trip is n helse omdat.
Ek dink nou daaraan om maar iewers langs die Oranje en naby genoeg aan die "Road to Hell" te kamp
tot julle naby genoeg is dat ons mekaar langs die pad kan ontmoet.

As iemand weet van n nice spot wat nie te veel van n rusiko is om alleen te ry nie en redelik naby aan
die "Road to Hell" ingang is laatweet my asb.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

OOOOMS wrote:Daar is 'n 'campsite' hier: S28 56.945 E17 56.129 (Overnight Wild Camping - Geoff Levey) Van die N7 na Viools is dit so 28km en sal so 1.5uur neem m van die hoofpad (N7) tot by die campsite.

Van die campsite (Geoff Levey) is dit 20min se ry tot by die begin van 'Road to Hell'

Weet nie of dit 'n beter opsie is vir die ouens wat van die Kaap af sal kom nie?
Johannes, dalk hier?
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Dankie Mark

Ek het nou weer gedink aan die Kamgab Rivier Mond, weet net nie hoe veilig die pad is om alleen te ry nie?
Dis naby genoeg aan die "Road to Hell" en die pad klink maar soos los sand rivier bedding met klip hier en daar.....

Is dit moontlik om van die Kamgab rivier mond al langs die rivier te ry tot by "Road to Hell" se rivier kamp en dan met die "Road to Hell" se pas weer uit? Dit sal n nice circular trip wees......
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Enrico
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 37
Joined: Wed Feb 23, 2011 10:04 pm
Town: Springbok
Vehicle: Hilux 2.5 d4d 4x4 D/C, TJM Front Bumper, Frontrunner Rear Bumper & Wheel Carriers, LASport Canopy, Leveling Kit, BF Muds
Real Name: Enrico

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Enrico »

Hi Johannes

Ongelukkig bestaan die pad langs die rivier nie meer nie. Oom George het hom altyd instand gehou tydens die myn aktiwiteite, maar die myn besigheid het gestop, laas jaar se vloede het die laaste bietjie van die pad weggevat en Oom George is ook ongelukkig onlangs oorlede. Kamgab sal ideaal wees en dit is regtig baie veilig om alleen dit aan te pak. :dance1: Daar's net een plek in die Oernoeprivier wat altyd wegspoel maar ons het hierdie jaar nog geen donderweer gehad nie.

Geniet dit,
Enrico
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Enrico wrote:Hi Johannes

Hi Enrico

Wow dankie vir die inligting, dan sal ek seker my dinge so reel dat ek eerste Kamgab mond toe ry en daar oornag en dan weer
die res van die groep die volgende dag iewers ontmoet oppad "Road to Hell" se pas toe.
Sien baie uit hierna!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

OK, so die manne met bikes het toe nie die pad aangevat nie. Dink dit was n wyse besluit. n 200kg plus bike is nie n speelding nie
ImageImage
Image
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

ToyX4 wrote:OK, so die manne met bikes het toe nie die pad aangevat nie. Dink dit was n wyse besluit. n 200kg plus bike is nie n speelding nie
Maar n 2000kg plus 4x4 is wel....... :thumbup:
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

ToyX4 wrote:OK, so die manne met bikes het toe nie die pad aangevat nie. Dink dit was n wyse besluit. n 200kg plus bike is nie n speelding nie

Ek sal verseker nie. :wth:
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Legolas »

Middag manne,

Ek het 'n liedjie gekry vir ons Cobus: Chris Rea - Road to hell

http://www.loudtronix.me/listenYT.php?n ... Hv_C6ZQXHo" onclick="window.open(this.href);return false;

:lmao: :lmao:
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

Time to start planning on some special decal?
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

As ons die eerste groep Hilux4x4 manne is wat dit saam doen moet ons sommer n lekker bumper sticker laat
print vir elke ou, wat dink julle..... enige idees?
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
zepplin
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2099
Joined: Fri Jul 27, 2007 1:05 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Crooza VX 80 EFI
Real Name: Steve
Club VHF Licence: HC 127

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by zepplin »

zepplin wrote:
Kaspaas wrote:
Bevestig:
- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)

- Viljee - pending.......
- Zepplin - pending............Will know in the next 10 days. Waiting for confirmation on a contract pending over those dates.

MAX 6 VOERTUIE

Hey = 10 days not up yet!!!!! Put me down as 'pending' please.
Crooza VX 80 efi - fully locked.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Johannes, nog niks is vasgemaak nie t.o.v die oorbly plek nie.
Dit word bepaal deur die manne wat die roete gaan ry.
Sodra ons groepie vas is, besluit ons sodat die meeste van ons pas. :thumbup:
Die bumpersticker klink goed!! :mrgreen:

Bevestig:
- Cobus & Clinton (Kaspaas)
- Lehan & Jan Adriaan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4 (Jeep)
- Heinrich (Traveler)
- Viljee

- Zepplin - pending............(Ons sal vir jou n ekstra plek hou.)

Ons is nou so te sê vol. Maar ek gee nie om om manne op standbye te hou nie.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Kaspaas wrote:Johannes, nog niks is vasgemaak nie t.o.v die oorbly plek nie.
Dit word bepaal deur die manne wat die roete gaan ry.
Sodra ons groepie vas is, besluit ons sodat die meeste van ons pas. :thumbup:
Skerp Cobus, ek hou die post dop, my gat juk klaar vir daai Kamgab rivier mond maar n groeps beweging sal
ook lekker wees. On kyk maar wat die muddelpunt vir almal is en besluit dan.
:thumbup:
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Load in Google Earth and see whats waiting.
Attachments
Road to Hell Overview.kmz
(10.28 KiB) Downloaded 107 times
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Johannes van die See wrote:Load in Google Earth and see whats waiting.
Dis nice. Dit gaan lekker wees, manne!! :yahoo:
ImageImage
Image
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Die baas het gevra ek moet sy naam op sit vir die trip as my co-pilot

Bevestig:
- Cobus (Kaspaas) & Clinton (Legolas)
- Lehan (Kalahari seun) & Jan Adriaan
- Johannes van die See & pietpetoors
- Riaan (Toyx4 Jeep)
- Heinrich (Traveler)
- Viljee

- Zepplin - pending............
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by pietpetoors »

Wou dit al lankaal gaan doen. As ek co-pilot is kan ek vir 'n slag lekker fotos neem.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

pietpetoors wrote:Wou dit al lankaal gaan doen. As ek co-pilot is kan ek vir 'n slag lekker fotos neem.
Nou dit sal uitsonderlik wees. :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Image
Image

Know what you don't know.
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Traveler »

Johannes van die See wrote:Load in Google Earth and see whats waiting.

Jissie, sissie. :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo:
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Great Pieter! :thumbup:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Manne ek het n voorstel.

Mark [0000MS] se foto's van Ramansdrif lyk so lekker, wat van ons ontmoet mekaar daar vir n oornag en ry die volgende dag "Road to Hell" toe.......Net n voorstel.

Grootmelkboom is ook dalk n goeie roep?
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Ramansdrift na RTH = +/- 82km
Kyk na die voorgestelde groen roete.
Attachments
Ramansdrif to RTH.png
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Ja, van RMD tot begin RTH sal so 2.5 / 3uur neem om te ry, Net twee spoor pad / grondpad :thumbup:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Dis reg met my Johan!
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Voorste TrueTrack Geared Limited Slip Locker bestel en sal deur Hoppy gefit word in Junie.
Stap vir stap kom ons nader aan die groot dag.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
Post Reply

Return to “Northern Cape”