Page 1 of 1

Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 8:43 am
by stephanvaneeden
Hi mense,

Wil graag uitvind wat jul manne/maninne dink van Snowmaster se produkte. Is opsoek na 'n 74 lt vrieskas/yskas kombinasie, met dubbel deur. Die goedkoopste Luna wat ek kon kry, prys R 12 000.00. Sien toe die naweek by Huntex die Snowmaster 70 lt vir R6500.00.
Hoe vergelyk die Snowmaster met die Luna ? :?:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 8:47 am
by OOOOMS
Stephan, ek het al 5 jaar my 95L Snowmaster en baie gelukkig met hom, nie 'n dag se probleem nie :thumbup:

Hy is permanent in my lorrie en werk 100%, goeie waarde vir geld imo :wink2:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 8:52 am
by stephanvaneeden
Weet nie wat sy normale prys gewoonlik is nie, maar die ou was bereid om my tot einde Mei tyd te gee. Klink na nie 'n te slegte deal nie. Kry nog die cover ook saam. Blykbaar wil hulle die goed bietjie beter bemark.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:00 am
by OOOOMS
stephanvaneeden wrote:Weet nie wat sy normale prys gewoonlik is nie, maar die ou was bereid om my tot einde Mei tyd te gee. Klink na nie 'n te slegte deal nie. Kry nog die cover ook saam. Blykbaar wil hulle die goed bietjie beter bemark.
Hulle hettie pyne nie, goeie koop :thumbup:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:01 am
by stephanvaneeden
Ek vat jou woord. Gaan maar die een koop.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:03 am
by OOOOMS
stephanvaneeden wrote:Ek vat jou woord. Gaan maar die een koop.
Kry maar ander se opinies ook, maar vir daai prys :thumbup:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:25 am
by Niel
Het nie self n SM nie maar ek hoor hulle naverkoopdiens is baie goed

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:30 am
by stephanvaneeden
Dankie Mark, Neil

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 10:12 am
by Shimano
Stephan,
Kyk ook na die artikel in die Weg tydskrif omtrent ys/fries kaste. Hulle is almal goed party beter as ander maar nog steeds goed.

:thumbup:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 4:55 pm
by Bulletjie-3
Stephan praat met Shaun by SnoMaster self en hulle naverkope diens is baie goed.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 5:23 pm
by Johan Kriel
Het n 60l , het dit al 4 terug gevat omdat dit afskakel sodra die volts 14.2 bereik (ctek 250 s charger op die aux battery), die plaaslike outjie kry dit nie reg nie, steeds onder waarborg. So ek wag in spanning wat nou gaan gebeur.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 6:03 pm
by Hou da nou da
Ek het self n dubbel deur ys/vriekas model en is baie gelukkig met hom nog niks probleme nie. My gevoel jy kan hom maar koop. :thumbup:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 9:00 pm
by Bulletjie-3
Hi Johan e-mail SnoMaster in Jhb.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 10:03 pm
by FJCruiser-ZN
I don't think any freezer that runs with a danfoss compressor can be all that bad. I went for the National Luna because of their after sales service. The key to good refrigeration is insulation and a good seal.
T

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon Apr 23, 2012 10:25 pm
by Jaco Versfeld
I stand to be corrected, but I do not think the Snowmaster fridges use a Danfoss compressor. I know the Campmaster fridges do, though.
Legend35-ZN wrote:I don't think any freezer that runs with a danfoss compressor can be all that bad. I went for the National Luna because of their after sales service. The key to good refrigeration is insulation and a good seal.
T

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 12:38 am
by Niel
jaco have a look here - seems they do run Danfoss

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 7:10 am
by Family_Dog
As far as I know they run a Chinese variant of the Danfoss - or used to. But their back-up service has been rated as excellent!


-F_D

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 7:40 am
by OOOOMS
Niel wrote:jaco have a look here - seems they do run Danfoss
Where.... :cooldude:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:08 am
by Johan Kriel
Bulletjie-3 wrote:Hi Johan e-mail SnoMaster in Jhb.

Done that also, if no joy this week I will take to someone to just fit a diode that will drop the volts to just below 14v , and get a more informed fridge mechanic in future.

As ek weer moet koop dink ek dit sal n Campmaster wees, goeie prys, danfoss kompressor and lyk my beter krag verbruik. Daai 66watt chinese kompressor is maar swaar op die battery.

.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:34 am
by stephanvaneeden
Snowmaster gebruik wel die Danfross, 55 watt kompressor. Die kompressor het ook 'n 3 jaar waarborg net soos die ander make. Ek is opsoek na 'n 70 lt dubbeldeur so die beskikbaarheid was slegs, Luna en Snowmaster. Het op 'n stadium na Campmaster gekyk, maar was nie baie tevrede nie, aangesien die wat daar by Makro was nie van goeie kwaliteit was nie ( deure wat skeuf sit ). Moenie verkeerd verstaan nie, ek het niks teen Campmaster nie. Ek het 'n Campmaster 220v, ongeveer 40 lt vrieskassie, wat al deur rowwe hengel trips was, met geen probleme nie. Vries gelooflik vinnig. Dis eintlik waar die probleem begin het. Die een kan glad nie as 'n yskas geklas word nie.

Wat ek gehoor het is Snowmaster se diens baie goed, almal wat probleme ondervind het is in 'n kort tydperk uitgesort.

Vir die prys van die Luna kan ek 2 Snowmasters koop.

Ek het alles opgelees oor die yskaste en na my mening val Snowmaster in dieselfde klas as die top verkopers.( het alles in wat in die ander make is ) Wat ek wel nie baie goed bestudeer het nie was Snowmaster se isolasie. Het vandag 'n afspraak by Shane om meer daaroor uit te vind.

Moet sĂȘ, ek sien my kla met die Snowmaster toer.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:50 am
by Bazzer
Stephan, my SnowMaster het al seker so 15000km saam gery in 5 jaar, agter in die bakkie of in die trailer, oor rowwe paaie, altyd aan, en ek het nog nie 'n dag se moeilikheid met hom gehad nie. Ek sal hulle aanbeveel.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 9:23 am
by george
Volgens die Weg artikel kry jy die Snowmaster met die Chinese kompressor en sommiges met die Danfoss :wth:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 10:35 am
by OOOOMS
george wrote:Volgens die Weg artikel kry jy die Snowmaster met die Chinese kompressor en sommiges met die Danfoss :wth:
Hulle kom almal van China af china self die NL yskaste :o:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 12:31 pm
by Niel
OOOOMS wrote:Niel wrote:
jaco have a look here - seems they do run Danfoss

Where....
:oops:
http://www.snomaster.co.za/fridges-freezers.php" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 12:37 pm
by OOOOMS
Niel wrote:
OOOOMS wrote:Niel wrote:
jaco have a look here - seems they do run Danfoss

Where....
:oops:
http://www.snomaster.co.za/fridges-freezers.php" onclick="window.open(this.href);return false;
Fanks :thumbup:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 2:23 pm
by stephanvaneeden
Het die Snowmaster gekoop. Johan, Warren reken jy kan hom skakel as jy nie reeds het nie. Die probleem was glo met die termostaat. Waneer die volts bo 12v gaan, verstaan die yskas hy moet oorgaan op 220v, as dit dan nie gekoppel is op 220v, sit hy af. Die termostaat word blykbaar net vervang met die nuwer een.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 2:51 pm
by Johan Kriel
Dankie, dis wat Warren vir my ook gese het, en hy het een gestuur maar die plaaslike outjie se dit werk nie. :confused:

Ek modify die %$##%^ ding nou en kry klaar. :evil:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 8:31 pm
by Bulletjie-3
Stephan watter grootte het jy toe gekoop en watter prys ?
Johan ek moet more met Warren praat - sal jou geval met hom opvat.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Tue Apr 24, 2012 9:56 pm
by Johan Kriel
Thanks

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Thu Apr 26, 2012 9:59 pm
by Johan Kriel
n 16F80M diode op die + kant van die 12v kabel gesit en nou loop die yskas. :clap:

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Fri Apr 27, 2012 1:09 pm
by mafufunyana
Ry nou al amper 4 jaar met snomasters het een van die nuwe 40lt expedition series. Uiters goed! Het heel aan die begin probleme gehad met die eerste 40lt, Shaun het ons oor die foon gehelp om die controller te bypass sodat ons vleis darem gevries kan bly. En toe die yskas reggemaak na die tyd alles op sy koste. Die insulasie op die SM is goed en geen probleme met die kompressor. Dit is we'll waar dat die komp 'n chinese kopie is. Maar wie maak beter kopies as hulle. Pm my gerus as iemand belangstel aan SM yskaste.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Fri Apr 27, 2012 4:59 pm
by MORNE
stephanvaneeden wrote:Hi mense,

Wil graag uitvind wat jul manne/maninne dink van Snowmaster se produkte. Is opsoek na 'n 74 lt vrieskas/yskas kombinasie, met dubbel deur. Die goedkoopste Luna wat ek kon kry, prys R 12 000.00. Sien toe die naweek by Huntex die Snowmaster 70 lt vir R6500.00.
Hoe vergelyk die Snowmaster met die Luna ? :?:
Stefan koop vir jou nie nuutste Weg Ry , daar doen hulle n vergelyking met al die yskaste op die mark.

Re: Wats die gevoel oor Snowmaster

Posted: Mon May 14, 2012 5:16 pm
by theunis
Hi Stephan

Ek besit al die laaste 6 jaar of so n NL 40 Lt, Het Desember nog n 40lt SM gekoop en altwee op n 3000 KM trippie KZN toe gevat, Altwee het goed gewerk die NL en die SM was permanent agter in die kappie met temp tussen 30 en 35 grade. Ek het nie n extra battery nie en het nooit n probleem gehad om te start in die oggende nie. Die isolasie volgens my is baie goed en die krag verbruik op my 40 lt SM is baie min. Weet nie wat jou groot yskas gaan doen met die krag nie sal maar moet wag en sien. Dink jy het n goeie yskas gekoop geniet hom :clap: